Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/06/2008

Blokkunde in perspektief.

Vanoggend vroeg lees ek weer hoe deelnemers mekaar karnuffel en in intellektuele tweegevegte betrokke raak.

Is dit nie fantasties nie?

Hier slyp mens jou vermoë om in diep gesprekke betrokkke te raak en, wanneer 'n senuwee raakgeboor word, om nie op reptieliaanse wyse te vlug nie. Weet u dat elkeen van ons nog 'n diepe oerbrein besit. Dis daardie breinkern wat beheer het oor die reptieliaanse reflekse van vlug, veg of onderwerp.

Die geselsblok leer ons om volwasse te word en beheer te neem oor daardie reflekse. Wanneer iemand dus besluit om die blok te verlaat, manifesteer dit onvolwassenheid en onwilligheid om jou ego ondergeskik te maak aan pragmatiese logika.

Neem nou vir Bertus, Michael, Yf, Henrietta, Mart en my groot gunsteling, Liza-nel. Hulle is ervare blokkers, goed geskool in die blokkuns; baie kan by hulle kom leer.

Die blokkuns is die vermoë om op diep sensitiewe wyse, logies en objektief te redeneer. Om met genoeg deernis die ander party se guns te behou, maar ook met genoeg logika om nie geloofwaardigheid in te boet nie. Dit help mens ook om jou moedertaal ten volle te bemeester en om met woorde te skilder sodat die leser die prentjie kan sien en aanvaar.

johnny

16 comments:

Mart said...

Sjoe! Dankie Johnny. Ek is seker ons mede blokgenote gaan jou post ook baie waardeer. En ja, jy praat die waarheid.

Hoe langer mens aan so 'n forum deelneem, hoe dikker word die nerfies en hoe minder belangrik word die eie ek in die gesprekke.

Wel gedaan!

Henrietta said...

Dankie Johnny, vir hierdie raakvatter van jou ...

Ja, ek dink ons almal se amigdala's (oerbreine) is effe oorwerk hierdie tyd van die jaar . Die swaar voet op die petrolpedaal van die lewe maak dat ons arme breine te veel dopamien opslurp en dit veroorsaak weer stres, dit weer maak ons ongedurig en... en ... en ... – ‘n bose kringloop...

Die Engelse gesegde is mos: "A diplomat is someone who can tell you to go to hell in such a way that you look forward to the journey". So dan slyp ons maar weer die vaardighede!

Vriendin van my wat ook te veel haar sê gesê het, sê haar ou moeder het die raad gegee: "My kind, sit tog 'n WAG voor jou mond".

Wat sy dan elke oggend getrou gedoen het, sê sy. "Maar," sê sy, "dis net one, two three en as ek weer kyk: Weg is die WAG!"

Henry said...

Hallo Oom Johnny-come-lately,

Jy vat behoorlik raak soos wat my vroulike naamgenoot, net bokant my tereg kwytraak.

Baie van ons wat "wegraak", doen dit nie aspris nie en meestal sommer tydelik en dan ook hoofsaaklik omdat ons tydskedule/internettoegang by die werk dit eenvoudig nie toelaat nie.

Ek hoop nie ons word ook as reptiele beskou nie.

Hoop ons kan nog een of ander tyd goed koppe stamp.

Groete,

Henry

Bertus said...

Hi Johnny

Ek voldoen nie regtig aan die blokkuns soos wat jy dit beskryf nie.

Neem nou vir Agnostus, hy gee my 'n kramp. Ek kan nie met deernis aan hom dink nie en ek wil nie regtig sy guns behou nie. My reptiliese refleks teenoor hom is ongelukkig my middelvinger. Maar ek werk daar aan...

Ek persoonlik dink dat ongelowiges op hierdie stadium net dinge deurmekaar krap op ons blog. Ons is werelde uitmekaar. En ek voel ek word beperk in dit wat ek wil skryf juis vanwee hul teenwoordigheid.

Anegesien ons blog ONS geloofgesprek is, en ons doel sekerlik nie evangelies van aard is nie, is ek heel gemaklik daarmee om mekaar warm te broei. Dis lekker om met eendersdenkendes te gesels. Eendersdenkendheid is underrated.

Ek is jammer, maar om die neo-ateiste/agnostikuste se alewige getemery oraloor op die net te moet lees op ons eie blog is amper so lekker as om 'n setpil te moet doseer.

So, terwyl daar wonderlike ongelowige mense daarbuite is, het ek persoonlik nie meer lus vir hulle issues nie. Ek lees veel eerder Michael se skryfgoed. En die feministe, en die fundies, en die ooms, en die hele bleddie spul. SPAAR my net asb. die alwetende, almagtige en super-rasionele ateiste en agnostikuste.

(tensy hulle natuurlik nice is)

;)

Mart said...

Liewe Bertus

Ek het hardop gelag vir jou post. Wat ek die meeste van jou waardeer, is jou brutale en opregte eerlikheid. You call a spade a spade. Ek twyfel nooit oor wat jy eintlik wil sê nie.

Beide die ongelowiges wat hier geskryf het, het die skip reeds verlaat. So diegene wat wil begin broei kan dit nou in alle onbevangendheid en uitgelate doen.

Hehehe!!

Mart

Henry said...

Hallo Bertus,

Laat ek maar eers vir ou Agnos 'n lansie breek hier. Ek het hom al voorheen in lewende lywe ontmoet. Die idee wat ek gekry het, is dat hy effe teruggetrokke is en 'n baie aangename persoonlikheid het. Regtig 'n "nice" ou.

Hy het eerder teruggedeins wanneer mens hom met argumente probeer uitlok het.

Dalk doen die sleutelbord en rekenaarskerm iets aan mens se karakter, ek weet nie.

Ek weer, geniet dit om met mense te gesels wat 'n ander standpunt as ek het, wat my laat dink aan 1 Pet. 3:15 wat sê dat mens enige tyd bereid moet wees om jou geloof te verdedig.

Groete,

Henry

Mart said...

Johnny sê:
"...Wanneer iemand dus besluit om die blok te verlaat, manifesteer dit onvolwassenheid en onwilligheid om jou ego ondergeskik te maak aan pragmatiese logika..."

en Bertus wat sê:
"SPAAR my net asb. die alwetende, almagtige en super-rasionele ateiste en agnostikuste."

Henry verduidelik dit eintlik as hy sê "Dalk doen die sleutelbord en rekenaarskerm iets aan mens se karakter, ek weet nie."

(Terloops Henry, gelukkig het jy ander speelplek ook om jou behoefte aan ongelowiges te bevredig.)

;)

Bertus said...

Hi Henry

Ek vermoed dat ou Agnos 'n heel aangename kerel is, ek gee hom sekerlik net so 'n kramp.

Tussen al die gelowiges hier is daar al klaar genoeg verskillende standpunte om my tevrede te hou.

Gaan goed Agnos!

Mart said...

Ek ken Agnos goed. Hy is 'n hoogs intelligente, nice man. Dis okay dat hy nie hier wil aanhou skryf nie. Different strokes for different folkes...

Liza-Nel said...

Bertus, die teendeel is soms ook waar...maar ek hoop regtig ons het nou klaar gekramp en alles gebaar wat moes uit.

En Johnny as ek jou ooit da moer in maak voel vry om my met 'n plank oor die kop te slaan.

Liza

Mart said...

Van planke gepraat...ek het vir Agnos genooi om hier te skryf. Soos ek reeds gesê het, ken ek hom goed. Ons is vriende.

Dis duidelik dat ek 'n oordeelsfout gemaak het. Hy het dit nie geniet om hier te praat nie en sekeres hier het sy insette nie geniet nie.

Ek wou diversiteit inbring. As iemand kommentaar het, voel vry om my te vertel.

johnny said...

Liza,

jy kan my maar na hartelus probeer da moer in maak. Ek is die gaafste ou wat ek ken...never da moer in.

Geen planke dus vir jou nie.

Moenie jou sorgvrye skeppings op die blok verminder nie. Ek vind dit prikkelend en dit plaas my in 'n goeie stemming.

johnny.

Henry said...

Hallo Mart,
Ja jy's reg, ek kry beide kante van my brood gebotter. So ek geniet die gesprekke weerskante van die spektrum.

Net 'n vragie: Jou foto, hoe kort gelede is díe foto geneem?

Groete,

Henry

Mart said...

Hallo Henry

Jy is welkom om jou brood te eet soos jy wil. Jy weet mos altwee kante van die draad is meer as gelukkig daarmee.

Interessante vraag wat jy oor my foto vra. Die foto is op Annette (van KK) se verjaarsdag geneem in Julie hierdie jaar in die Kaap.

Mag ek vra waarom dit vir jou belangrik is?

Groete
Mart

Henry said...

Hallo Mart,

Ek is geïnteresseerd in die foto, omdat ek wil weet watse verjonginskuur jy gebruik?

Groete,

Henry

Mart said...

Hallo Henry,

Verjongingskuur? Maar ek IS mos jonk?

Genade, van wanneer af word 45 as oud beskou??

Hehe!

;))

(Dankie.)