Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/09/2008

Baie welkom aan Adele Retief. Mag jy heerlik ontspanne by ons skryf.

7 comments:

Mart said...

Adele, ek plak jou post wat jy op die KK draad gemaak het, hier. Okay?

Adele Retief said...

Baie dankie vir die uitnodiging.

Ek is werklik ontnugter, deur die mense daar. Hoeveel n christen gehaat kan word, ten minste het John 15:18, nou vir my n ware betekenis.
Ek dink ek het berading nodig..hehe

Gister toe ek aangesluit het, het ek werklik gedink dat dit n mooi, Christelike blog is met interesante onderwerpe (dit lyk so van die oog af)

Vandag het ek besef, ek was dalk die enigste gelowige daar.


Jammer, ek verwerk net KK.

Ek kan sommer sien dat ek meer tuis hier sal wees.. Sonder pistole en valhelms.

November 9, 2008 12:41 AM

Henrietta said...

Baie welkom Adele! Kan nie wag om van jou plasings te lees nie...

Liza-Nel said...

Hallo Adele,

Ja-nee kyk vertel my iets wat ek nie weet nie...jy kan maar gerus jou noodhulpkissie bêre en die arsenaalsleutel weggooi - jy gaan dit beslis nie hier nodig kry nie.

Maak jouself tuis en laat waai met die poste.

Liza-Nel

Liza-Nel said...

Ek dink die naam Kletskerk is uiters misleidend. Toe ek 2½ jaar gelede daar geland het was KK oorwegend 'n Christelike webtuiste gewees en het nog onder die vaandel van die NGK se Kerkbode geval, maar soos wat die spul ateïste aangeteel het, het dit 'n heel ander karakter ontwikkel.

Ek dink 'n meer gepaste naam sou Kring van die Spotters gewees het.

Henrietta said...

Wat praat jy oor misleiding, Liza? Ek het 'n hele paar jaar gelede al ewe onskuldig my kerk, die NG Kerk, se Kerkbode op die internet begin lees, en toe was die " link" daar bo-aan na die " ou" KK-webwerf.

Was DIT nou 'n lekker plek, propvol dominees en proponente, ook van ander kerke! Lewendige debat, BAIE deelnemers.

In 'n later stadium was dit nogal " www.developchristians" - deur die jare het dit egter "from bad to worse" gegaan en het dit Kletskerk geword - "what a come-down!".

Ja, ek dink hulle behoort hulle te skaam dat hulle hulself " kerk " noem - sover ek weet is dit afgelei van " die wat aan die Here behoort" !

Bertus said...

Welkom Adel

Hoop jy geniet dit hier.

Adele said...

Baie dankie aan julle almal, ek voel baie welkom.

Ek kon nie my 'profile' op kk 'delete' nie, toe verander ek net n paar 'posts'.. en los vir hulle John 3:16.

Ja, hulle bring die slegte in mens uit.

En vir volwassenes, kan hul kies wat hulle wil glo. Dit is hulle keuse, ons kan dit nie verander nie.

Ons kan dalk net vir hulle bid.