Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/16/2008

Anti-Kletskerk op Facebook

Ek voel totaal en al ontsteld toe ek sien KK, het n fan page op Facebook.
Wat my die meeste van KK ontstel, is dat dit n NG gedrewe 'blog' is wat toelaat dat ongelowiges christene verneder, sleg se en die Naam van die Here en Sy Woord minag.

Ek wil graag n Anti-kletskerk page begin op Facebook.

Indien enige iemand dink dit is n slegte idee, uit n christelike oogpunt laat my weet.

As daar mense is wat saam met my stem, sal julle ondervindinge, bewyse van wat al vir julle gese is oor jul geloof,)(watter 'post', dat ek dit kan 'copy en paste' Op KK, en deur wie vir my baie beteken.

As daar n anti-bloubul 'page' op Facebook kan wees, kan ek seker ook my opinie oor KK en die kerk daarby betrokke voorsit.

Enige insae sal waardeer word.

23 comments:

Liza-Nel said...

Hi Adele,

Ek praat nou onder korreksie,maar ek dink die Kerkbode het hom 'n tyd gelede van KK gedistansieer. Maar die moderator van KK, Jean Oosthuizen, doen blykbaar nog verslaggewing oor ditjies en datjies vir hulle...

http://academic.sun.ac.za/journalism/smf07/Blaaie/7.

Michael said...

Hallo Adele,

Ek kan maar net erken dat ek het KK betree, sterk onder die indruk dat hulle die "anti-kerk" is. Dit was dus vir my geen ontnugtering gewees nie. Wat ek op KK gekry het was waarna ek gaan soek het.

My tyd op KK was gespandeer om 'n ondersoek te maak na die anti-God, anti-Bybel, anti-geloof en ander anti-gedrag wat ek op ander plekke al in ons samelewing gevind het. My studie was baie suksesvol en ek moet erken dat ek hulle verlede jaar November se kant al vaarwel toegeroep het. Daar was so 'n hier en daar 'n poging om 'n bydra te maak en nog so 'n bietjie anti-sienings uit te lok.

Ek erken dat my aanslag grens aan anti-sosiale gedrag, maar dit was maar net om die wêreld daar buite beter te verstaan, en verseker net tydelik van aard. Daarom erken ek ruiterlik dat die sosiale omgewing wat KK skep in vele opsigte siek is. Dit is 'n sieker weergawe van ons alledaagse lewe en ek sou enige iemand wat opregte naaste liefde en samesyn daar gaan soek, sterk afraai.

Met dit alles gesê wil ek tog vra dat jy moet jou ontnugtering so 'n bietjie kans gee, voordat jy besluit oor die Facebook ding. Dit is vir my op hierdie stadium nie duidelik wat die Heilige Gees van ons sou verwag nie...wie weet 'n anti-KK Facebook mag wel God se koninkryk laat kom... al is dit net om onskuldige soekers te waarsku wat om op KK te verwag.

Groete,
Michael.
P.S. Liza, was jy nie een van die eerste Christene wat vir my op KK 'n positiewe woordjie gehad het destyds toe ek daar begin het nie?

Bertus said...

Hi Adele,

My advies - jy mors jou tyd. En deur om dit te doen vestig jy net verder aandag op KK.

Die NG Kerk het gelukkig sy bande met KK 'n tyd gelede al gebreek. Oosthuizen van Kletskerk is dieselfde Oosthuizen van die Kerkbode. (dis die oorblywende konneksie)

Adele said...

Ja, ek het sopas gelees dat die NG hul bande met KK verbreek het, die berig is vir my redelik onduidelik.

Weet iemand waar ek dit duideliker kan kry?
Sal daar n probleem wees, as ek dit op die page plaas? Wie vra ek?

Ek aanvaar dat dit waarskynlik tydmors is. Maar wat my pla is, dat goeie christen mense op FB n fan is.. waarskynlik onwetend?!
Dan gaan wedergebore christene daarna toe, en word verwar.

En ek dink presies so n blog soos KK.. waar ongelowiges hul as christene vermom, is wat mense afvalig maak van christendom.

Ongelowiges het nie die vermoe om deur vals christene te sien nie.

Dat hul absoluut geen vrug dra nie.

Maar ek wag nog, en dit sal goed deurdink word.
Ek kan immers nie so n stryd alleen aanpak nie..

Al is dit net n oe oopmaak..op FB.

Bertus said...

Hi Adele

Ek sien dat die Kletskerk skakel weer terug is op die NG Kerk se amptelike webblad. Wonder hoe het dit gebeur?

Lyk my die bande is weer herstel? Dalk kan jy die NG Kerk kontak om uit te vind wat die posisie tans is.

Michael said...

Hallo Adele,

Ek FB nie werklik nie. As jy vir my/ons net jou algemene idee wil gee dan sal ek ook makliker oor die geleentheid kan dink.

Groete,
Michael

Michael said...

Julle weet seker dat daar geld gemaak word uit KK. Dit is 'n algemene blog/discussion forum/social network ding.

Ek moet erken dat ek dit nie vir ons blog in die nabye toekoms sien nie.

Ons gesprek moet maar net aanhou om sy eie karakter te ontwikkel. Die grade van vryheid in God se koninkryk is baie beter gedefinieerd en oor die lang termein help dit om heilsaam te bly.

Groete,
Michael
P.S. Adele, as jou geloof geskud word deur KK dan is jy reg dat baie ander se geloof ook so vertrap word. As ons gesprek nie kan uitlig wat die tipiese KK onreg in 'n "gelykheids-"samelewing is nie, dan moet ons maar weer in die katakombus gaan weg kruip.

Adele said...

Dankie.

Die beste hoe ek jul kan verduidelik, as jul self by FB aansluit.

Daar kan jy immers kies, wie jou vriende is, so niemand kan jou beswadder.

Ek wil n group stig, wat beteken mense wat saam stem kan dan aansluit. By die group.

Ek is dan ook van plan om my vriende te nooi om aan te sluit.

Henry said...

Hallo Adèle,
Ek dink nie KK moet gesien word as 'n blog vir gelowiges nie. Daar is verskillende keure en geure.

Myns insiens, vra KK kritiese vrae waar mens, ook as Christen (of sal ek dan eerder sê: Navolger van Christus) bereid moet wees om dit te kan verdedig waarin ons glo.

Ek herinner my hier sterk en gereeld aan 1 Pet. 3:15. Ons moet altyd bereid wees om dit waarin ons glo, te kan verdedig.

Vandaar ook my bereidwilligheid en dalk eerder 'n passie om steeds op KK deel te neem.

Ek loer darem ook hier so af en toe in vir interessante onderwerpe.

Sterkte,

Henry

Bertus said...

Adele

Jy moet baie versigtig wees met jou identiteit, veral op FB. As jou persoonlike besonderhede saam met jou anti-KK gevoelens bekend gemaak word, kan dit rof gaan met jou. Daar is ouens op KK wat nie sal skroom om jou seer te maak nie.

Bertus said...

Henry

My mening is dat deelnemers soos jy eerder plekke soos KK aan die gang hou, want dis al waaroor dit tog gaan, om Christene by te kom. En daarvoor het jy Christene nodig.

Michael said...

Hallo Henry,

Ek hoop jy sien Bertus se opmerking as positief. Dit lyk vir my na bloot 'n realiteit wat hy uitlig. Jy mag reg wees dat jou gesprek daar moet aangaan, maar pêrels vir die varke bly net wat dit is.

Dan moet ek ook net noem dat Adele se ervaring het glad nie te doen met wat Henry hier noem nie. KK het 'n angel en lok goed bedoelende Christene met die uitsluitlike doel om hulle aan siek humanistiese konsepte van menswees bloot te stel.

Ek stem saam dat ons blog vir nou privaat moet wees, maar ek hoop werklik dat ons gemeenskappie nog steeds sal groei op uitnodiging. As ons na 'n jaar nog steeds nie die KK drêk van ons afgeskud het nie, dan bly ons maar steeds groei... op uitnodiging.

Groete,
Michael
P.S. Ons moet verantwoordelikheid neem vir die wat ons uitnooi.

Adele said...

Vir een of ander rede kry ek die gevoel, nie almal hier is waarlik christelik nie?????

Michael said...

Adele,

Ek wou nog vra. Dink jy nie dat die gemeenskap hier is 'n goeie begin en voorbeeld vir nog sulke gemeenskappe?

Jy moet gerus jou vriende nooi na jou eie FB, maar doen dit met 'n gemoed wat nie KK in gedagte het nie... Leer van ons ervaring. Dit was, is en kan nog baie seer maak.

Ons geloof is heeltemal te kosbaar.

Groete,
Michael

Michael said...

Hallo Adele,

Ek het geleer dat ek vir Bertus die voordeel van die twyfel moet gee. Op die lang termyn werk dit goed uit en leer ons mekaar ken.

Henry, weet ook wat hy in ons gesprek het en ons almal se gees ontmoet gereeld. Jou bydra moet jy nooit as waardeloos sien nie, al kry jy partykeer 'n totaal weersprekende terugvoer... iemand leer altyd iets...(Bertus! het jy gehoor wat Adele sê ;) )

Groete,
Michael

Bertus said...

Hi almal,

My opmerking teenoor Henry is glad nie negatief bedoel nie, alhoewel ek kan sien dat dit so gelees kan word. Henry en enigiemand anders is volgens my welkom om daar deel te neem, my mening is eenvoudig dat KK werklik nie sou kon voortbestaan sonder die handjievol gelowiges wat nog daar deelneem nie. Ek weet dat ek nou oorveralgemeen, maar wat gebeur regtig daar sonder die alewige Christian-bashing? My punt is: ek hou nie daarvan nie, waarom dit nog aanhelp?

Bertus said...

Die probleem met KK vir Christene is na my mening as volg: jy word spoedig afgetrek na 'n vlak waar jy nie wil wees nie. Dis moeilik om nie iemand terug te vloek nie, dis moeilik om nie terug sarkasties te wees nie. Ons is ook maklike teikens, want ons word vir ewig en vir altyd herinner aan ons reelboek, naamlik die Bybel. Reageer jy dus in woede, word jy as 'n hipokriet uitgelag - eintlik is ons permanent in 'n baie moeilike posisie sover dit argumentering aanbetref.

Ons kan nie wen op KK nie, 'wen' menende dat jy 'n lig is vir Christus op daardie forum. Die ander ding is dat daar op KK sekere karakters uithang wat skynbaar niks anders het om te doen as heeldag daar rond te le nie. Hulle is baie bedrewe. Koppel dit saam met Oosthuizen wat uit en uit op 'n selfverklaarde missie is om een of ander humanistiese spiritualiteit te verkondig, en jy het eintlik met 'n baie vreemde situasie te doene.

Maar ek dink nie dat ons te lank en te veel hieroor moet tob nie, KK is in die groter prentjie gesien, nie van groot belang nie.

Henry said...

Hallo Bertus,
Ek hoor wat jy sê en dis waar. Ek neem dit nie negatief nie. Sien dit maar net as 'n manier wat ek myself slyp teen hulle moontlik soms onsinnige argumente. Ek neem al baie lank daar deel, dis hoekom my vel so dik al geword het, want ek besef hulle vloek in wese die Lewende God wat ek en jy en almal hierso aanbid.

Gelukkig weet ek Sy soewereine bestaan is nie afhanklik van hul gevloekery al dan nie.

Ek wonder tog of elkeen (van hulle) nie maar saans as hy/sy stilraak met hom/haarself of die gewetetjie nie tog maar begin gesels nie en wie weet, dalk deur al hulle bravade, skiet hul tog nog so skietgebedjie op vir die kwetsings wat veroorsaak is.

My persoonlike opinie oor daardie spesie is, dat hul waarskynlik eers werklik sal glo wannneer wonderwerke in hul eie lewens begin plaasvind.

Hallo Michael,
Dankie vir die bemoediging. Ek is ook heeltemal gemaklik daarmee dat die blok nou geslote is. Per slot van sake kan ons mos nou in privaatheid gesels.

Hallo Adèle,
Hoe bedoel jy almal hier is nie baie Christelik nie?

Iewers anders, noem ek ons navolgers van Christus. Ek kan daarin slaag om die breë beskrywing vir "Christen" of dan "Christelik" daarvan te skei, want daar is hopeloos te veel mense wat graag daardie etiket dra en myns insiens nie naby daardie konsep kom nie.

Groete,

Henry

Liza-Nel said...

Adel is nog met ons - het vanoggend 'n e-pos van haar gekry dat sy besig is op die oomblik en later weer van haar sal laat hoor.

Retha said...

Henry: "Myns insiens, vra KK kritiese vrae waar mens, ook as Christen (of sal ek dan eerder sê: Navolger van Christus) bereid moet wees om dit te kan verdedig waarin ons glo."

Ek het ook eers dieselfde gevoel. Maar toe sien ek: 'n Attie vra 'n kritiese vraag of maak 'n kritiese kommentaar. (Hy gebruik bv. "Hitler was 'n gelowige" as 'n argument.
Iemand (soms ek) bewys die vraag/ kommentaar ongeldig. (Gee bv. ''n lys geskiedenis-verwysings wat wys Hitler was omtrent so anti-godsdiens as die ergste Kletskerker.) Die draad loop dood, want die gelowige het behoorlik geantwoord. Twee maande later maak daardie selfde ongelowige weer 'n nuwe draad met daardie selfde argument oop! (In die hoop dat daardie selfde gelowige nie weer sal antwoord nie, sodat mense die keer kan dink dis 'n goeie argument?)

Dit help nie mens praat met mense wat nie wil leer nie. (Ek was in 2005-2006 op Kletskerk, en het sedert November 2 jaar terug maar enkele kere met skakels vanaf Afrikaanse Lighuis daar uitgekom.)

Retha said...

O, ek noem 'n forum genaamd Äfrikaanse Lighuis in my vorige pos. Die skakel is hier: http://bibleforums.org/forum/forumdisplay.php?f=124

Adele said...

Na n tyd weg, dat die ergste gevoelens bedaar.. dat ek kan luister..

Waarom sou God wou he ons moet n geveg begin?
As ons enigste vyand nie die mense is nie maar die bose..

Daardie geveg is al 2000jr terug oorwin!!!

As jy vir iemand van God vertel, en hy kies om nie te luister, kan ek niks daaraan doen nie.. dit is hul keuse.

Daar staan immers:'Elke knie sal buig!!

Vir my persoonlik, wil ek eerder konsentreer op God, Sy Liefde, myself meng met mense wat Hom lief het. Ek wil nog meer groei..

Daarom dink ek vir my persoonlik, en vir God se Koningkryk.. is daar geen doel om teen KK te gaan..Wat sal dit bereik??

sharondippenaar said...

Hallo julle
Ek is ook 'n ex-KK lid, alhoewel ek nog daar lees omdat ek werklik goeie vriende daar het, mense wat ten spyte van die feit dat hulle nie dieselfde as ek glo nie tog vriende is. Ek het hierdie gesprek gemis, maar moet erken dat dit my nogal onstel dat ons as kinders van God nou dieselfde doen deur KK af te breek. Ek is weg daar omdat ek 'n forum wou hê waar ek saam met mede christene kan gesels oor kwessies sonder om aangeval te word oor my geloof. Maar nou gaan ek vir hulle opkom. Hulle se duidelik wie en wat hulle is. Deur daar te registreer, kies jy mos om daar te skryf. Dis waar vrye wil inkom. Ek en julle almal het gekies om te gaan, hoekom dan nou die verwysings na KK. Hulle is wat hulle is en niks wat ons doen gaan dit verander nie. Ek stem saam dat die wat ore het sal hoor en ander nie. Ek lees ook nog daar en partymaal kan ek myself nie help nie en dan skryf ek iets, maar weereens dis my keuse. Ek dink net dat ons eerder 'n voorbeeld moet stel van Christenwees. As julle 'n facebook page wil begin hoekom enige verwysing na KK. Wat van Kinders van God of Ons Geloof Gesprek of iets dergliks.