Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/10/2008

Aan "TERLOOPS" op KK

TERLOOPS skryf vanoggend op KK:
"Kyk, ek is geen engeltjie nie. Toe ek die draad begin het, het ek verwag dat dit sterk opinies sal ontlok. Maar dit het baie meer as dit geraak. Dit het 'n fokken vieslike riool geword.
Ek is spyt daaroor dat ek hierdie draad geplaas het en vandag is ek teleurgesteld in Kletskerk, asook my aandeel in die laagtepunt.
Miskien is dit tyd om 'n breek te vat vir bietjie perspektief.
Ons geloofgesprek hoef ook nie te worry dat ek weer daar sal inloer nie. Mart, vandag het ek alle respek vir jou verloor."


TERLOOPS, jy het verlede week die heerlik diep-deurweekte petrolbom in die vuur loop gooi. Jy het PRESIES geweet wat jy doen. Nou skrik jy vir die vlamme?
Ek is weer verskriklik belaster op KK. Hoop jy staan nou 'n entjie terug, kyk daarna en voel tevrede met jou handewerk?

Ter wille van jou en my ander vriende op KK het ek my draad verwyder. Ek het niks meer om te sê nie. Jy is reg. 'n Laagtepunt is bereik.
Jammer dat jy jou respek vir my verloor het.

Groete
Mart

3 comments:

Liza-Nel said...

Al wat ek nog wil vra is, "KK waar is julle sin vir humor dan nou?" Dis mos wat julle moderator aan ons gevra het toe ons nie wou lag oor die vals impersonasie van Yf nie.

Mart said...

As ek die heeltyd wou sit en fight, het ek by KK gebly. Ek wil nie.

Los ons asseblief in vrede? Dis maklik. Ignoreer ons net.

Michael said...

Dit is interessant om te sien hoe integriteit ook relatief kan word, maar wat my die meeste opval is hoe die "meer liberale mense" die kritiese onvermoeë het om te erken as hulle foute gemaak het.

Ek kan dit heeltemal verstaan dat mense wat net hulle eie opinie as verwysing het sal sukkel om te erken as hulle verkeerd is.

Dit is wonderlik om voor God self te staan as ons na geregtigheid soek. Dankie Jesus Christus!

Mart, ek waardeer jou opregte verskoning en ek moet erken dat ek uit die veld geslaan was met hierdie gedoente met KK en TERLOOPS.

Mag ons Vader altyd sorg dat ons gedagtes gereinig word sodat ons lewens voor Hom en voor ander ook heilig kan wees.

Groete,
Michael