Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/27/2008

Wat is "finansiële fascisme""?

Ek dink Bertus het een of ander tyd in hierdie rigting geskryf.
Lees meer hier:

http://cuttingedge.org/newsletters/newsalert.htm

4 comments:

Michael said...

Ek moet net sê, hierdie site se inhoud lyk soos "Conspiracy Theory Professional League"!!! Ek speel nog maar in die "Little League", so ek moet maar net kyk hoe die pro's dit doen.

Die inhoud van hierdie materiaal sal my vir die res van my lewe kan besig hou. Tog moet ek erken dat daar baie insig hieruit geput sal kan word en as verwysing sal dit goed wees om 'n manier te kry om ons oortuigings te toets aan die hand van hierdie inhoud. Net jammer dat dit na 'n feitlike onmoontlikheid lyk. Het hierdie ouens nie hulle eie Wiki nie???

Groete,
Michael

Henrietta said...

Hehehe.. Wiki- nee, soekenjin wel.

Al wat ek naastenby daaraan kan kry, is "economic fascism" en dan bladsye vol oor die ou Italiaanse stelsel.

Die idee van 'n "conspiracy" staan my nogal aan. Dit lyk vir my net te onmoontlik dat die grote Amerika wat oor soveel "breins" beskik, nie hierdie insinking sien kom het nie - tensy hulle dit toegelaat het of self veroorsaak het. Nou al die soveelste storie-agter-die-storie : was daar nie iemand wat gesê het dat "9/11" ook met voorbedagte rade van uit Amerika gepleeg is nie?

Michael said...

Daar het jy dit nou Henrietta,

Dit is presies die vrae wat 'n "Conspiracy Little League" speler tot gevolg kan hê. Geniet die spel, dit kan baie gesond en bevredigend wees, so lank jy dit net nie te ernstig begin opneem nie.

Alle soekende siele moet eintlik saam speel. Soos hulle sê..."As jy nie 'n nuwe hipotese met ontbyt kan skep en teen teetyd verwerp nie, dan is jy nie 'n wetenskaplike nie."

Groete,
Michael

Mart said...

Michael sê: "As jy nie 'n nuwe hipotese met ontbyt kan skep en teen teetyd verwerp nie, dan is jy nie 'n wetenskaplike nie."

Hehe! Ek hou hiervan en gaan dit beslis onthou.

;))