Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/09/2008

They speak Chinese, Portugese, Engleeze and then there is : money-eeze…

Ja, money-eeze… as she is spoken and written…

As taal-juffrou verlees, verluister en verlekker ek my aan hoe mense taal gebruik.

Nou met die ekonomiese krisisse, is hierdie “money-eeze” meer opvallend. Van die dinge wat gesê word, is: Opskrif: “Rand is ietwat gesonder”. En dan volg dit : “Die rand het vandag kop opgelig na die ernstige siekbed van die afgelope tyd…”

‘n Ander sin lui so: "Die Rand se wind is uitgeslaan”. Ander uitdrukkings wat ek al gehoor het, is : “Die rand is op die agtervoet”.. en : “Die koerse het ‘n bollemakiesie gemaak…”.

In my geestesoog “sien” ek hierdie prentjies: hiep, hop, skop, galop!

No comments: