Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/11/2008

The Simple Life

Ek het verlede week 'n DVD gekyk (ek dink dis getiteld "journey home") van 'n Amerikaanse sakeman wat die stadslewe agterlos het en met sy gesin (van 11!!) na die Amish gemeenskap getrek het. Omdat hy geglo het dat die rat race nie juis God se plan was vir sy lewe nie.
- mense, KYK dit, dit is ongelooflik om te sien hoe eenvoudig tog "Godly" daardie familie is!

Nou ek ook so deur die post van Bertus gelees wat handel oor die huwelik, en al kan die ratrace nie as die EEN rede aangegee word vir egskeidings nie, glo ek wel die soeke na MEER MEER MEER maak dat die "safe place" van families binne gedring word. Ma's moet ook broodwinners wees, en ek hoor so gereeld van die afwesige Pa.
Ek bly self in Johannesburg, alhoewel buite op 'n plot (salig so tussen die tarentale en kiewiete) en dis so 'n teenstelling met die RUSTIGE OOSKAAP waar ek eers gewerk het. Almal soek antwoorde NOU en wil NOU 'n kwotasie he, en soms wil ek vra : WHAT"S THE RUSH?? Stres het so 'n negatiewe uitwerking!
Ek dink wel dat ons in die laaste dae is, maar sjoe, ek moet s^e dat ietsie hier in my gees soms SKREE na 'n simple life. Ja, al moet ek tamties en pampoene plant, koeie melk en die skape dous!
Sug, wie het ges^e jy kan my uit die Bos haal, maar jy kan nie die Bos uit my haal nie?
:)
En snaaks, hierdie week was meeste van my gesprekke met mense oor "how do you cope with family and marriage and life in this world?"
Miskien kan ons mekaar bemoedig ook, en die "wyse gryses" hulle raad ook gee oor hoe mens survive.

Ek het hierdie aanhaling gelees vandag:
"Most of us, swimming against the tide of trouble, the world know nothing about. But we need only a bit of encouragement or praise and we'll make the goal! - Robert Collier

4 comments:

Mart said...

Lills, dankie vir hierdie post. Jy raak baie belangrike konsepte aan.

('Skuus dat ek alewig oor navorsing praat, maar dis my "game" om die nuutste navorsing oor verskeie onderwerpe te lees. Dit help ook as mens meer as net 'n persoonlike opinie oor iets wil gee.)

Here goes:
Daar is navorsing gedoen oor wat mense gelukkiger maak: materiële goed, of lewenservarings. Glo dit as jy wil, maar lewenservarings het loshande gewen!

"Experiences make people happier than material goods, says University Of Colorado Prof
ScienceDaily. When it comes to spending money in the pursuit of happiness, the "good life" may be better lived by doing things rather than by having things, according to a University of Colorado at Boulder researcher."

Volgens Van Boven, bring ervarings in jou lewe meer vreugde as geld. Hy sê dat ervarings meer oop is vir herinterpretasie, dat dit 'n betekenisvolle bydrae lewer tot jou eie identiteit en dat dit positief bydra tot jou sosiale verhoudings.

Die dolle gejaag na meer en meer maak mense dus nie regtig gelukkig nie, al dink hulle aanvanklik dat dit so sal wees...

*Van Boven (2003) Journal of Personality and Social Psychology.

Henrietta said...

Iewers in 'n ander posting het Mart geskryf dat kinders hulle eie " coping skills" ontwikkel, en dit is my siening ook.

Persoonlik dink ek dat Christen-kinders/jongmense 'n geweldige voorsprong bo ander het, omdat hulle " tried and tested" vaardighede byderhand het wat oor eeue gebruik en ontwikkel is, aan die mens gegee deur die Skrywer van die Ultimate Handleiding, die Bybel.

Oor die verlange na eenvoudiger dinge - dit hang net af waar die Here mens nodig het! Moses was die seun van 'n eenvoudige Hebreeuse familie, en God het hom gekies om as 'n prins op te groei....
" Bloom where you are planted"

Henrietta said...

Hier is Mart se bydrae waarna ek verwys het: " Kinders het ongelooflike
“resilience” en hulle hop makliker terug na trauma as wat volwassenes doen. ‘n Kind is soos iemand op ‘n trampolien. Vir elke ondertoe beweging, bons hulle terug en selfs hoër as wat hulle begin het, want hulle leer merkwaardig baie uit so ‘n gebeurtenis."

Ek dink net as gelowige ouers moet ons seker maak wat is die " basis" vanwaar die kinders " bons" . Dit is so maklik vir kinders om hul " krag " by verkeerde maats of in drank of dwelms te gaan soek.

Mart said...

Hierdie draad van Lills laat my onwillekeurig dink aan negatiewe emosies.

Negatiewe emosies het ook 'n belangrike rol om te speel. Dit is nodig om ook negatiewe emosies te hê.
*Dit onderbreek voortslepende aktiwiteite,
*dit werk bedreiging teë,
*dit verander mens se aksies en dade,
*of dit maak dat mens jou omgewing verander.

Die idee is dalk dat mens eerder deur beide negatiewe en positiewe emosies moet werk. Om net die negatiewe emosies te verminder, los niks op nie... Ek dink dis belangrik dat ons kinders dit ook so moet verstaan en dat ons nie geïrriteerd moet wees met hulle negatiewe emosies nie.

(Tog verstaan ek Liza se voorbladfoto met die seuntjie op die kar se voorruit so goed)...

:))