Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/10/2008

Nuwe Kommunistiese Era

Ek weet nou nie of die opskrif bietjie misleidend is nie, maar hierdie hele wêreldwye ekonomiese krisis laat my dink dat ons 'n nuwe era van Kommunisme betree. Nou praat ek nie eens van die skuif na links wat die huidige regering met die Polokwane-verkiesing van die nuwe NEC van die ANC beleef het nie.

Wat ek eintlik in gedagte het, is die inmenging deur die Staat, soos nou ook weer gebeur het in die VSA, met die Amerikaanse Senaat wat $700 miljard goedgekeur het, om sogenaamd, die banke en versekeringsmaatskappye te red wat in die moeilikheid geraak het oor die skuldkrisis daar.

Ook in Ysland, hoor ek vandag op die nuus, is die tweede grootste bank in die land, genasionaliseer, ook blykbaar weens die skuldkrisis in daardie land.

Die Europese Unie het ook geld in die mark ingepomp om die wêreldresessie te keer en ek praat onder korreksie, maar die Japanese het klaarblykikingepomp om hul deel by te dra.

Is ons besig om 'n einde aan kapitalisme te sien? Ek persoonlik dink nie so nie. Die vraag is net, tot watter mate regerings bereid is om in te meng in die ekonomie.

Groete,
Henry

9 comments:

Michael said...

Hallo Henry,

Jou gedagte is geldig, maar verseker nie eenvoudig nie. As ek na Bertus se "Darwinisme & Kommunisme" aanhalings moet ek erken dat daar tog iets te sê is vir die ooreenkomste tussen ons samelewing en dit wat ons as kommunisme leer ken het.

Daar is nog baie inligting en analise nodig voor dat ons werklik kan praat van "Nuwe Kommunisme" kan praat.

Lekker onderwerp...

Groete,
Michael

johnny said...

Dagsê Henry,

Dit is baie verleidelik om die afleiding te maak dat daar met grootskaalse staatsinmenging na kommunisme oorgeleun word.

Ek glo egter nie dat dit die geval is nie. Regerings word voor twee onaangename keuses gestel, of om in te meng, of om die volgende vekiesing te verloor omdat hulle nie ingemeng het nie.

Inmenging is daarop gemik om vertroue te skep dat verdere verliese beperk sal word. Dit kos baie geld wat van êrens af moet kom. Die grootte van die bedrag is die mate waartoe die likiediteid van 'n land verminder word. Dit is ook die mate waartoe die waarde van hul geldstelsel verswak word.

Aan die ander kant kon die inploffing van 'n land se ekonomie die land se geldstelsel se bestaan in gevaar bring (soos byv. Zimbabwe), deurdat triljoene uit die ekonomie verdwyn. Dink net wat die gevolge gaan wees as pensioenfondse se bates verwyn en hulle nie in staat is om pensioene uit te betaal nie.

Wat sal gebeur as banke se depositos (namens kliente) tot slegte skuld verklaar word.

Dan kom regerings by die punt waar hulle moet besluit dat die puristiese sienings van hul ekonomiese ideologie genoegsaam gebuig moet word om die situasie te pas en om sodoende vure dood te slaan.

johnny.

Bertus said...

En dan sien ons in sekere Europese lande die opkoms van regse partye, soos nou weer in Oostenryk. Hierdie konserwatiewe groepe staan teenoor linkse en sosiale groepe wat meer 'kommunisties' georienteerd is.

Die Yanks beoefen 'n 'aggresiewe' vryemarkekonomie, nou kom daar dalk net meer ingryping en regulatoriese beheer.

Henry said...

Hallo al die bydraers,

Dis nou alles goed en wel, maar so rukkie gelede, ek verbeel my dis hier rondom 1997, het die Oosterse markte ook in duie gestort.

Tog is daar destyds vir hulle gesê: "Moenie d.m.v. die staat inmeng nie, laat markkragte toe om self die regstelling te doen".

Sou dit nie in vandag se geval ook die regte besluit gewees het, eerder as om in te meng nie.

Per slot van sake is dit nie die Staat se skuld dat mense bo hul vermoeëns probeer lewe nie?

Groete,

Henry

Henrietta said...

Halo Henry! OP 19 September het ek onder die opskrif: " Groter prentjie?" (Hier: http://onsgeloofgesprek.blogspot.com/2008/09/groter-prentjie.html) probeer s^e wat jy nou ook hier ophaal. AS (en let wel, ek s^e "as/indien" ) daar nie 'n sentristiese nuwe party ontstaan nie, is ons beslis (in SA) op pad na 'n meer sosialistiese bedeling...

Ek het wyd gelees die afgelope tyd, en daar is heelparty koerante wat bekommerd is oor die skynbare (/?) " nasionalisering" van banke wereldwyd. en dan s^e hulle, (kommunistiese) China en Rusland sit soos aasvogels en kyk wat word van die grote , eens magtige, VSA...

Bertus said...

Is hierdie nie uiteindelik 'n geval van 'n klomp aandeelhouers op beurse wat geld verloor terwyl dit die oorgrote mensdom daarbuite min raak nie?

CNN is omtrent histeries, maar regtig - ons hoor nou al vir weke hoe die 'bloed op die strate vloei.'

Henry said...

Ou Bertus,

Ek is een van daai aandeelhouers wat geld verloor. Ek het voorafgenoteerde aandele in 'n maatskappy gekoop wat sowat drie maande gelede genoteer is. Die aankoopprys was R1.10 per aandeel. Die eerste dag het hy 'n maksimum van R1.50 gehaal en van toe af was dit nog net afdraende.

Op die oomblik verhandel die aandeel teen R0.30 per aandeel. Ek het slegte nuus vir jou. As jy enigsins belê in 'n pensioenfonds, hetsy dit jou werkgewerspensioen is, of 'n voorsorgfonds, of net 'n doodgewone uittree-anuïteit, dan is jou oudag se geld besig om vinnig minder te word.

Dit sal seker nie help om te verknies daaroor nie, want: "What goes up, must come down and vice versa".

Groete,

Henry

Bertus said...

Ou Henry, sterkte ou perd.

Alet said...

"Per slot van sake is dit nie die Staat se skuld dat mense bo hul vermoeëns probeer lewe nie?"

Hoe kan dit die staat se skuld wees dat mense bo hul vermoëns lewe?

Lyk my regerings moet hare op hul tande hê ;-).

Alet ***