Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/22/2008

Lekota en die nuwe party: Wat is die ware redes?


Mosiuoa Lekota (voormalige minister van verdediging) en ander swaargewigte beplan 'n nasionale kongres op 2 November. 'n Nuwe party kan daardie dag aangekondig word. Lekota is uit die ANC geskors. Mantashe sê dat die ANC dissiplinêre stappe sal neem teen enige lid wat 'n nuwe organisasie teweegbring om in opposisie teen die ANC te staan. Hy gaan voort en sê: "If we don't do that, we are going to allow people to try and destroy the ANC."
Lekota en die ander wat saam met hom vertrek, is lojale ondersteuners van Thabo Mbeki (wat op 20 September gevra is om as president te bedank).
Mbeki self het nog geen publieke kommentaar gelewer oor die afsplintering nie. Gerugte doen al sedert verlede Desember die rondte dat die ANC kan splinter.
Vrae wat ontstaan is:
*Gaan dit werklik vir o.a. Lekota oor die uitgangspunte van 'n nuwe party, of is sy ego steeds gekrenk oor hy in Polokwane die deur gewys is as ANC voorsitter?
*Waarom blyk dit dat politici eintlik ego-gedrewe is en dan voorgee om in belang van die land nuwe partye te stig?
Ek ruik 'n rot....
Groete
Mart

6 comments:

Henrietta said...

Mart, my swart kollegas het jare gelede al vir my van Mbeki se meesterplan vertel om " aan bewind" te bly: Nkozana Ndlamini-Zuma van buitelandse sake was(is?) blykbaar sy " girlfriend". SY sou dan die nuwe staatspresident word (onthou buitelandse sake is een van die heel belangrikste portefeuljes) maar net in naam : hy sou president van die ANC wees en dan deur haar nog steeds aan die stuur wees - en toe back fire die hele ding....

Oor Terror homself - ek dink sy brose ego het 'n geweldige knak gekry op Polokwane. Ek onthou hoe hy daar vuis in die lug gestaan en " Amandla!" (towerwoord vir : shurrap??") oor en oor skreeu maar die skare wou nie bedaar nie...

Bottomline: nee, ek glo nie dit het 'n snars met beginsels te doen nie.

Mart said...

ANC national executive committee member Ngoako Ramatlhodi:

"..."Any continued silence on the part of honourable comrade Thabo Mbeki will be cause for concern.

"Our immediate task is to win the forthcoming elections.

"Any self-serving agenda that has nothing to do with advancing the well-being of our hard-won democracy, its people and institutions cannot and should not be tolerated..."

(iol - news politics)

Henrietta said...

Ngoako Ramatlhodi is een van die vele "has beens" van ons provinsie, Limpopo, wat sy vingers lelik verbrand het toe hy dit onwettiglik in die geldpot gedruk het - en nog een van vele wat terugverlang na die "vleispotte van Egipte"/soustreinritte.

Soos dit my lyk was die grootste (LW grootste, en nie die enigste nie) keerpunt in die ANC se politieke toekoms toe Mbeki vir Zuma afgedank het vóórdat hy in 'n hof skuldig bevind is, en wééreens omdat 'n regter "geïmpliseer" het dat daar moontlik 'n korrupte verhouding tussen Shaik en Zuma kon bestaan. Hier in my geweste was die mense, van alle vlakke en stande, WOEDEND! Hulle het Zuma sommer al sy sotlikhede vergewe (stortkop en kanga en als) en hy was skielik almal se 100% Zoeloe-boy-held (en die meerderheid hier is Sepedi's).

Zuma was nie deel van Mbeki se meesterplan nie, en hier was die (wat Mbeki waarskynlik gedink het "ideale") geleentheid om van hom ontslae te raak. Toe nie.

Sou hulle "polities naief" wees en nie hul lesse leer nie? Want toe maak die Zuma-groep wéér dieselfde tipe fout, om te óórreageer op die regter se sydelingse verwysings... and the rest is history... Mens kan nou sê "As Mbeki nie... " of : "As die Zuma-groep nie... " maar as is verbrande hout!

Klink amper iets soos die tragedie van King Lear.....

johnny said...

Ons gesels nou die dag oor die swart politiek en 'n vriend sê: "Nee, boys, hierdie is nie ons fight nie, kom ons bly daaruit."

Maar mens moet darem wonder hoe op dees aarde gaan die swart gepeupel nou genoeg sement bymekaarkry om hul party heel te hou?

Vroeër was hul vryheidstrewe en antiblank belewenis genoeg sement daarvoor, maar nou is dit alles weg. Nou baklei die mense om vir hulself die beste posissies te bekom en begin nuwe partye links en regs.

Ek glo nie at Lekota genoeg steun geniet om Zuma ore aan te sit nie. Selfs Helen Zille se party sal sterker uit hierdie woelinge kom as wat Lekota gaan doen.

johnny

Henrietta said...

Welkom terug Johnny! Soos ek al vantevore in 'n plasing gesê het : Ek stem saam met jou vriend: die kleiner partye is maar grootliks toeskouers in hierdie fight!

Wat ek voorsien as daar regtig 'n noemenswaardige skeuring kom, is "koalisies" - soos op die oomblik tussen die opposisiepartye in die Weskaap. As niemand 'n volstrekte meerderheid het nie, sal hulle MOET saamwerk. En die groep wat die meeste stemme trek, sal die voordeel hê want hulle sal die ouens die hoogste "prys" kan betaal.

Sal Lekota-hulle kwaad genoeg vir die Zuma-iete wees om NIE met hulle koalisies te vorm nie, maar wel met , sê maar, Holomisa of Zille of wie ook al?

Aan die ander kant, daar was al sprake dat die aantal provinsies drasties gaan verminder, en die hele stelsel van wie kies die Provinsiale leiers gaan verander...

Ja, soos ek so hele rukkie terug gesê het: bring die Coke en pop-corn - dit gaan rerig beter as Survivor wees!

(Ernstig nou, ek hoop nie dit gee 'n bloedbad af soos in die laat 80-ger jare nie!).

Liza-Nel said...

Ek het nou onlangs die volgende gedig per e-pos ontvang...

Minderheidsverslag

Calvyn se leer het dit gebaar,
dat min moet heers oor meer
en deur geweer en boerelaer,
het min die land onteer
die sendeling se sielesaak,
deur staat en kerk tot niet gemaak

maar traagheid van gewig bepaal,
dat skaalbalans moet swaai
die donker het oor min gedaal;
die laaste haan wat kraai
uit klou van kerk en mag bevry,
het meer van min die land gekry

maar soet oorwinning het ‘n prys,
want vriende noord vermaan,
dat meer die grond van min moet eis,
as losprys vir die struggle-traan
die skadu kruip weer stadig suid,
om als in donker toe te sluit

en so begin dan die spiraal:
diktator en dan hongersnoot
dis Afrika se bloedverhaal,
haar kinders in haar arms dood
Calvyn is weg, die kers gesmoor;
as meer vir min, een-een vermoor

~Karel Ark~

Ek hoop maar Lekota haal die paal met sy voornemende party al is dit dan net om te demonstreer dat niemand daar buite se steun vanselfsprekend is nie en dat die verlede nie meer stemgedrag behoort te regeer nie, maar wel die hede, want anders is ek bevrees het dit nag geword vir Suider Afrika - vir ons aan hierdie kant van die grens inkluis, daar die twee lande se ekonomieë in baie opsigte so nou verstrengel is met mekaar...