Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/05/2008

Is die internet magtiger as die pen of die swaard?

Lees hier:
http://www.news24.com/News24/World/US_Elections_2008/0,,2-10-2339_2404596,00.html

Hier word gesê dat Obama besig is om die politieke stryd in "cyberspace" te wen, met "scary" statistieke daarby om dit te staaf... . Hy is heelwat jonger as McCain en meer e-geletterd, en gebruik elke internet-foefie in die boek om vooruit te kom in die reisies...

Sjoe, laat my dadelik vir daardie "Spesiale Mees-gevorderde Kursus in E-opvoeding" gaan inskryf.. (puf-puf)... wil nie agterbly nie (hyg-hyg) ... gelukkig het my oudste kleindogter my dié vakansie op Mixit gekry - daar is al vier name op my lysie en ouma Mixit fluks en flink... maar ek WEIER volstrek om "Daai Taal" te praat!

No comments: