Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/24/2008

Hello Almal, ek sukkel nog bietjie met die tegnologie van blogging. Maar ek hoop om binnekort saam te gesels.

9 comments:

Henrietta said...

Sterkte Kato! Onthou, ons was almal daar! Yf het iewers vir ons 'n mooi uiteensetting gegee , ek sal dit soek en vir jou hier plak.

Henrietta said...

Hier is dit Kato (dankie aan Yf!): - (As ek jy is , sou ek dit copy & paste). Nog 'n ding voor ek dit plaas: soms verskyn die "ribbon" met die inlog gegewens nie op my rekenaar bo-aan die naam van ons blog nie. Dan "google" ek sommer "blogspot" of "blogger" en kom dan met 'n agterdeur in!


" Na volgehoue druk van die leergieriges onder ons het die juffrou my gevra om die volgende telematiese klas aan te kondig. Kom asb. nader, ons wil begin. Maar lyk my sy is nou so ver-stom deur julle spoedige en eenparige reaksie dat ek maar die woorde sal moet 'voer.'

Hierdie is g'n volksvreemde 'uitkomsgebasseerde' onderrig nie - geen uitkoms vir julle nie, julle bly net hier tot ek my gespreek gepreek het.

Heel bo aan die blogbladsy sal julle sien daar staan "search blog," "Flag blog," "Next blog" jou e-pos adres (dis jou "username") "New post," "Customize" en, of "Sign in" of "Sign out" Indien daar "Sign in" staan, moet jy dit eers doen, anders kan jy nie verder aan die telematiese leerproses deelneem nie. As daar "Sign out" staan, is jy gereed om voort te gaan. "Is there someone who wants to make a desparate excursion to the sanitary establishment? The two-foot rule applies - you get on your own two feet and you go!" Maar ons trap briek vir niemand nie.

Jy mag die hele bladsy lees, tot by die "useless knowledge" heel onder. Wat jy op die bl. sien, is aanbevole boeke (nie vir klaslees doeleindes nie), 'n verwelkomingsboodskap, die lys van onderwerpe en die name van die deelnemers.

Kliek nou op 'n onderwerp van jou keuse. Daar kan jy nou almal se kommentaar lees en self ook jou gewaardeerde bydrae lewer. Daar is n oranje blokkie, "publish your comment" of 'n blou blokkie "preview" Net bokant dit en regs van 'n klein blokkie staan daar "email followup comments to" en jou e-pos. indien jy wil sien watter hogere waardering mense vir jou unieke insig het, moet jy daar kliek. Dit gaan dit baie makliker vir jou maak, jy sal sien as die e-posse begin instroom.

Lê nou jou kennis elektronies vas sodat ons dit vir die nageslag kan bewaar. Kliek op die "preview" blokkie. Ek het geê die "preview" blokkie, nie die "publish your comment" blokkie nie. Kliek die blou sirkel lings bo op jou skerm om terug te 'blaai' na die vorige skerm en kliek op die blou blokkie. Dis die "preview" blokkie. Jy sal sien dat jou kommentaar heel onder aan die lysie van kommentaar is, in ertjiesop-kleur blokkie. (Ja, toemaar ek weet. Dis net dat party mense niks an ertjies of sop hou nie, maar hulle is gek na ertjiesop, dis hoekom die kleur so lyk. Daar staan nou "edit" of " publish your comment." Afhangende van wat jy wil doen, kliek jy op een van die twee keuses. Jy kan of jou teks redigeer, (wat jy seker wil doen, anders was jy nie op die skerm nie) en dit dan aan die blog pos.

Gaan nou weer terug na die skerm met al die kommentaar op. Jy sal sien onder elke bydrae, soos joune ook, is daar 'n klein asblikke-teken. Dis eintlik 'n makro sleutel wat jou in staat stel om jou bydrae uit te vee. Maar asseblief, moenie dit gebruk nie.

Verskoon my tog, ek moet nou die twee-voet reël toepas. Bespreek julle solank die fenomenologiese impak op julle eie lewens wat julle tot duser geleer het en gee asb. terugvoer wanneer ek terug is.

Vat middagete, ek gaan gou kooperasie toe.

Nou toe, hoe vinniger ons begin, hoe vinniger is ons klaar. Jy sal opmerk dat daar waar jy jou bydrae kan lewer, jy net kan kies tussen "bold, italics" en "underline" pretty ordinêr.

Gaan kliek nou op "customize."

Heelbo regs behoort daar nou te staan: Jou e-posadres, "Dashboard, Help" en "Sign out." Links, net onder dit staan daar: 'Ons geloof gesprek.' Reg onder dit is daar "Posting, Settings, Layout" en "View Blog"

Dit is alles 'knoppies wat jou instaat stel om sekere dinge te doen. Ek weet julle is almal haastig om vroeg huistoe te gaan, so ons gaan net op die eerste een "Posting," konsentreer. Hierdie opsies is slegs vir nuwe drade wat jy wil plaas.

Kliek daar en observeer die volgende. Jy het 'n paar opsies: "Create, Edit" en Moderate comments." Hou maar eers net by "Create." Tik 'n titel in. Net onder dit staan daar "Edit html" en "Compose" Maak seker jy kies die "compose" opsie. (Ek weet nie wat "Edit html" beteken nie (Help the mentally limited?) maar die "compose" opsie lyk vir my na 'n beter keuse. So, nou is jy gereed om jou aardskuddende boodskap te bring. Hoe om 'n smiley of emoticon daar te kry, is ek nog nie seker nie.

Aan die boonste rand van die blokkie is daar 'n bietjie meer keuses wat jy kan uitoefen. Beweeg jou muis oor die ikons daar en kyk wat elk beteken. "

Kato die ketter said...

Sjoe, dankie, ek gaan die les oor die naweek inneem, Henrietta!

Waarom moet mense elke keer die snaaks-geskrewe woord oortik? Wat is die doel daarvan?

Mart said...

As jy aan die begin inteken (regs bo op die voorblad sê "sign in"), hoef jy nie die snaakse woord later in te tik nie. Daai snaakse letters is net sodat jy geïdentifiseer kan word. As jy van die begin af inteken, sal dit nie nodig wees nie!

Liza-Nel said...

issie, dis om te kyk of jy nie dalk 'n robot is wat wil spam op ons blog nie.

Mart said...

Hehe! Nee man, Liza. Kato, moet jou nie aan Liza steur nie. Sy is net opgewonde omdat dit naweek is!

;))

Liza-Nel said...

As jy op Katima sit voel elke dag soos 'n laaaaaaang naweek. Ek gaan juis more af rivier toe om te kyk of ek nie 'n krokodil kan vang nie... lus vir krokodil 'steaks'...

Henrietta said...

Crocodile Dundee, pasop! Hier kom Liza-Nel, die Namib's Roos wat krokodille vóór brekfis tot steaks af-tjop!

Liza-Nel said...

Ja en ek knoop my 'Tommy Jeans' met 'n geelslang vas...:))