Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/22/2008

R11.40 vir 'n dollar!


Die Rand het tot 'n rekord laagtepunt sedert April 2002 gedaal. Dit het verswak tot R11.40 vir 'n dollar en R14.36 vir 'n euro...

Beplan iemand in Suid-Afrika om bietjie oorsee te gaan vir die Kersvakansie?
;))

17 comments:

Henrietta said...

Nie almal "huil" nie: My man is doodgelukkig om sy Nederlandse pensioene in Euro's te kry (so R14 vir 'n Euro) - dit is net mooi dubbel wat dit 'n jaar gelede was...

My seun en sy vroutjie is een van die dae hier om hulle Engelse ponde (Een pond ruil vir so om en by R18) hier te kom spandeer....

Ek het nog altyd gehou van die "conspiracy theories" (van die Illuminati en die Rothschilds en die Bilderbergs en so aan), maar met hierdie gemors maak dit vir my glad nie sin nie!

Mart said...

Uhm ja, maar wat van die mense in SA wat hul geldjies in Rand verdien?

;))

Henrietta said...

Mart jy het begin met R11.40 vir 'n dollar!" - die koerse styg nou so, ons sal maar soos in Zim moet maak en 'n meer gereelde update gee ;-))))

johnny said...

Hallo julle, ek's terug na 'n besige tyd! Die ouens wat wyn uitvoer glimlag nou breed. Waar hulle vroëer R15 vir 'n bottel gekry het, kry hulle nou R23. Maar die arme mense wat hul goed moet invoer, soos motoronderdele, medisyne, toerusting brandstof ens, gaan noustrop trek. Die probleem is dat jy nie net die prysverhogings aan die verbruiker kan deurgee nie, want verbruikers hou net op om te koop.

Met globalisasie het ons te afhanklik van invoere geword.

johnny

Mart said...

R11.50.....

Mart said...

R11.88.....

Mart said...

Johnny, dis waar dat die mense wat produkte uitvoer breed glimlag, maar gaan hulle produkte nog net so entoesiasties soos altyd van daar af gekoop word?

Mart said...

Nhlanhla Nene (voorsitter van die parlement se komitee van finansies) het tydens 'n SABC2 onderhoud saam met die Rand sterk na benede gedaal toe sy stoeltjie breek. Julle het seker almal al die video daarvan gesien.

Ek het laaaanklaas so lekker gelag.

The chair's chair broke...Hehehe!!

Liza-Nel said...

...Die gevolg van te lekker op die 'soustrein' ry.

Mart said...

Jip! Daai soustrein se sitplekke is maar wankelrig...vra maar 'n paar ander wat per ongeluk ook al afgeval het.

Henrietta said...

Dit was seker nie mooi van my nie, maar ek moet bely dat ek tog te heerlik gelag het vir Nene, die "chairperson" wat so van sy "chair" afgeval het terwyl hy vertel het hoe dons die ekonomie af!

En een kommentaar op die artikel by News24 is toe so skerp dat hy/sy sê Nene het net so skielik van sy stoel afgeval soos die Rand geval het!

Sharon said...

Nee maar dis nie sleg vir ons wat geld moet suid afrika toe stuur nie.
Henriette, ek het ook gelê soos ek lag oor die arme man. Sies vir ons - maar dit was nogal snaaks

Sharon

Liza-Nel said...

Nene reportedly told Sowetan newspaper: "This is a reflection of the type of media we have in this country."

He said the incident and media hype would not be good for his public image.

"It reflects more on me than on them (SABC). I don't want to blow this out of proportion. It was a minor fall," he said.

Mr Nene remember, too much gravy has it's downside...

Kato die Ketter said...

Daar is inderdaad voordele aan die duik van die rand. Vir die eerste keer in my lewe kan ek bv 'n Clementina van der Walt eetstel bekostig. En glo my, ek kwyl al vir jare. In Ozzie dollars kos dit nou 'n paar honderd.

Mens moet natuurlik oppas om nie te erg te "gloat" nie want die Oz dollar is ook nie meer wat hy was nie en die toekoms lyk onseker vir almal. Ek voel egter nie te skuldig nie want ek ondersteun mos darem die SA ekonomie - en 'n fantastiese SA kunstenaar - deur uiting te gee aan my obsessie met skottelgoed!

Kato die Ketter said...

Ek het die antwoord gevind vir mense wat met rande in Europa wil gaan kuier....kyk bietjie hier!

http://www.nytimes.com/slideshow/2008/10/19/travel/1019-CONVENTS_index.html

Mart said...

Kato, jou Clementina van der Walt skottelgoedjies laat my groen van jaloesie...dink aan my wanneer jy dit vir die eerste keer gebruik?

Mart said...

"More convents and monasteries in Europe are throwing open their iron-bound doors to overnight visitors. The Monastero S. Croce, left, in Liguria, Italy, has entered the modern age of tourism: it has a Web site and accepts credit cards."

Dankie virrie tip, Kato!

;))