Christ will always accept the faith that puts its trust in Him. -Andrew Murray......Dawid: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.-2 Sam 24:14

10/10/2008

Die huwelik - waarom dit belangrik bly

Soos ons almal weet, is die tradisionele idee van die huwelik deesdae onder druk. Meer mense verkies klaarblyklik om eerder nie te te trou nie, kinders word toenemend buite die eg verwek, egskeidings dra nie noodwendig meer 'n stigma nie en dieselfde geslag paartjies wil ook 'trou'.

Met al die geraas en menings daarbuite is dit goed om 'n slag weer nugter en rustig na die huwelik as instelling te kyk. Daarom plaas ek hieronder 'n stuk wat handel oor onder andere die waarde van die huwelik. Lees ook verder op James Dobson se 'Focus on the Family' webwerf vir soortgelyke artikels.

"Family is the fundamental building block of all human civilizations, and marriage is the foundation of the family. The institution of marriage is unquestionably good for individuals and society, and the health of our culture is intimately linked to the health and well-being of marriage. Unfortunately, the standard of lifelong, traditional marriage as the foundation of family life in our nation is under attack.
Battered by high rates of divorce and cohabitation, unwed child-bearing and the push for so-called same-sex "marriage" and civil unions, marriage is in a state of crisis. Recent cultural changes without historical precedent have influenced an increasing number of Americans to view this fundamental institution as optional, disposable and open to redefinition. In this context of marital decline, political and ideological battles rage between those who view marriage as a transient human invention – ready for updating and revision – and those who regard marriage as natural and fundamental to humanity – essential to a flourishing civilization.
When one considers the social structure of civilization, family is clearly the foundational unit upon which church and government rest. Families are created and held together by the lifelong commitment of a man and a woman who live cooperatively and raise and nurture the children born to them. Families are the building blocks essential to the formation of a community, and strong social structure arises from the foundation many families provide.
Not only is marriage vital to society, the benefits of marriage for individual adults and children are well-documented. In general, married people live longer, spend less time in the hospital, have higher incomes and enjoy greater emotional support. Children raised by their mother and father are less likely to live in poverty or drop out of school and are more likely to finish college. They are also at lower risk for becoming sexually active in their teen years.
This beneficial, cohesive family unit, however, faces unprecedented challenges today, including divorce, cohabitation, out-of-wedlock births and fatherlessness – trends which contribute to lessened family, individual and community welfare. One study estimates that divorce and unwed childbearing alone cost U.S. taxpayers more than $112 million a year.
1
Throughout history, male-female led families have constituted the primary family units of human society. Current attempts to mainstream same-sex couples and multi-partner groupings include demands to redefine marriage with these alternative forms. In the United States, homosexual advocacy groups have succeeded in passing state laws that give same-sex couples the same access to marriage claims as heterosexual couples – with or without the name "marriage." On the heels of these actions, polygamists and polyamorists (proponents of group marriage) are also demanding recognition of their relationships as "marriage."

38 comments:

Sharon said...

Hallo Bertus
Ek stem heelhartig met jou saam. 'n Mens hoef maar net na al die stukkende mense en tieners te kyk om te sien wat gebeur as daar nie meer hegte gesinne is nie. As gesin is die lekkerste tye vir ons om die etenstafel. Daar word geeet, gesing, gesels, gespeel en sommer net gekuier. Ek ken weliswaar bittermin mense wat nog eetkamers het wat nog van saam eet. Ek is self al 27 jaar getroud en glo werklik in die huwelik. Daar word liefgehe, baklei, getroos, ens. My eie kinders glo ook in die huwelik maar vir hulle is dit moeiliker aangesien hulle heelwat later as ons trou. Om kuis te bly tot 24 en op is nie maklik vir kinder van die Here nie en bring dus weliswaar verdere vrae mee. Ek dink dat die waarde van huwelike word totaal onderskat en dit is baie hartseer en tragies. Enkelouers is deesdae aan die orde van die dag en alhoewel dit sekerlik ook kan werk, ly die kinders tog daaronder aan die gemis van 'n pa of 'n ma.
Mooi bly
sharon

Bertus said...

Sharon, jou opmerking oor kuisheid vir paartjies todat hulle trou het my laat dink aan 'n onlangse Huisgenoot artikel oor presies dieselfde tema, behalwe dat die HG tot my verbasing die idee daarvan eintlik slegmaak, so asof dit agterlik is.


In ieder geval, ek dink dat die instelling van die huwelik verdedig moet word waar mens kan, dit bly tog ooglopend die ideaal.

Mart said...

En as die ideaal nie langer ideaal was nie,moet mense oorgaan na plan B.

Omdat twee uit elke drie huwelike in Suid-Afrika sneuwel, kan ons dalk gesprek voer oor wat die moontlike ideale omstandighede vir plan B is... Dit help nie om vir geskeide mense te sê dat die huwelik ideaal is nie.

Ek kry op daaglikse basis te doen met mense wie se kinders erg droogmaak, drink, dwelms gebruik, lieg, onderpresteer - terwyl hul ouers gelukkig getroud is met mekaar....

Dalk is die geestesgesondheid en verantwoordelikheidsin van kinders nie noodwendig gesetel in die feit dat hul ouers met mekaar getroud is nie?

Bertus said...

Mart, maar stem jy saam dat die sogenaamde 'kerngesin' die ideale platvorm daarstel vir die gesin?

Dat dit dus as sosiale konstruk die 'ideeal' behoort te wees, desnieteenstaande die ooglopende probleme daar rondom?

Mart said...

Ek het meer verwys na realiteit.

Verder gaan my argument daaroor dat getroude egpare nie meer "stabiele" kinders het as geskeide mense nie. Dit is 'n archaïese gedagte. Geskeide gesinne "regroup" vinnig en hulle hegtheidsvlak verhoog. Geskeide gesinne sit ook aan etenstafels. Geskeide gesinne het mekaar ook lief. Daar vind ook baie "magic moments" plaas. Daar is nie 'n huwelik nodig vir 'n enkel ouer en sy/haar kinders om normaal met die lewe voort te gaan nie.

Om die waarheid te sê, kry kinders uit egskeidings vinnig nuwe "tools" om met trauma te cope. Dis "tools" wat kinders in getroude gesinne nie aanleer nie. Wanneer laasgenoemde kinders volwassene word en met intense hartseer te doen kry, is dit dikwels hul eerste ondervinding van erge pyn en dan moet mens vir hulle "coping skills" aanleer.

Sien, vir elke ongelukkige ding wat gebeur, is daar wonderlike lesse, wat dit alles anders laat lyk.

As mens op grondvlak met talle kinders en hul ouers te doen het, sien jy vinnig dat daar iets anders verkeerd is... en dat 'n huwelik per se nie genoeg is om enige iets positief te waarborg nie...

Henrietta said...

Hallo daar! Hier moet ek saam met Mart stem: Ons ou gesinnejie (ekself en vier kinders) het twee maal die "on-ideale"-paadjie MOES stap: eers deur die dood, daarna deur egskeiding.

Soos Mart sê, is daar werklikhede waarmee mens gekonfronteer word, en dan MOET mens met "Plan B" kom...

Oor hegtheid as gesin: Soos in Mart-hulle se geval, het dit ons baie, baie nader aan die Here én aan mekaar gebring. My kinders het coping skills geleer wat hulle 'n geestelike en emosionele rypheid gegee het vér bo hulle jare. En ja, soos Mart sê het ons goeie ou gewoontes soos saam eet, saam speel, saam pret hê , saam huisgodsdien hou, nog steeds gedoen.

As onderwyseres het ek bv. gesien dat die "stout" kinders nie noodwendig net uit die "ideale" twee-ouer gesinne of huise kom waar mamma's werk nie - van die moeilikste gevalle was uit huise waar die pa soveel verdien dat die ma by die huis kon bly - Ek dink dit te doen met mense se verhouding met die Here en hoe sterk hulle "commitment" is om die Plan B te láát werk.

Ek het soos 'n moederhen gevoel wat my vlerke beskermend om my "kuikens" wou vou... en bó ons, Ps 91 se Groter Vlerke oor ons almal... "Hy sal jou dek met sy vlerke en onder sy vleuels sal jy skuil... " (Ou Vertaling).

Mart said...

“Women marry men hoping they will change. Men marry women hoping they will not. So each is inevitably disappointed.”
- (Albert Einstein (1879-1955) German born American Physicist & Nobel Prize Winner.)


*Mense het onrealistiese verwagtinge van die huwelik
*Daar is druk op mense om op 'n sekere ouderdom te trou
*Dit blyk moeilik te wees om net met een persoon vir 50 jaar saam te lewe
*Vrouens raak dikwels emosioneel en finansieel afhanklik van hulle mans
*Bg plaas druk op die mans
*Bitter min getroude vrouens weet hoe om die swembad te back-wash, gloeilampies om te ruil, beleggingsbestuur te doen, ens.
*Vrouens leer dikwels 'n soort algemene hulpeloosheid aan tydens 'n huwelik
*Stereotipiese geslagsrolverdeling vind in huwelike plaas
*Genoegsame individuele persoonlikheidsontwikkeling word dikwels deur die huwelik gekortwiek...

Henrietta said...

Hehehe, Mart, iets wat jy daar seg oor Einstein se slimmigheid van vroue wat mans wil verander, het my laat dink aan 'n grappie oor die woorde wat 'n bruid s^e as sy in die paadjie afloop :

" Isle, altar, hymn" - dis wat mense dink sy s^e, maar eintlik is dit :

" I'll alter him!"

Mart said...

Hehe!
Ek sê dit kategories: Die huwelik is overrated....

Liza-Nel said...

Die huwelik sal seker maar altyd deel van elke mens se droom bly al is dit ook net om uit te vind wat die seuntjie gesê het nadat hy die alfabet moes leer: moes ek deur so baie gaan om so min te leer?

Ek is nog maar ses jaar getroud so ek kan my beslis nie nou al as 'n kenner op dié gebied uitgee nie, maar ek wil net sê daai lysie van jou Mart, klink net so verouderd soos oubaas Einstein se idee van die huwelik.

Al punt waarop ek wel met jou saamstem is die eerste ene. Dis só die meeste mense het onrealistiese verwagtinge van die huwelik - veral dat as jy die dag trou jy mekaar se eiendom word/mekaar vanselfdprekend moet aanvaar...dit is volgens my beskeie opinie een van die grootste redes waarom dit misluk.
(Hey ons is van die punt af met die draad..:).

Mart said...

Dit is nie regtig so verouderd om te sê dat vrouens bv afhanklik van hul mans raak nie. Hoeveel getroude vrouens ken jy wat belangrike besluite totaal onafhanklik van hul mans kan neem?
Hoeveel mans ken jy wat nie van tyd tot tyd versmoor voel deur bv. hul vrouens se emosionele behoeftes nie?

Liza-Nel said...

Mart ek persoonlik herken min vrouens op daardie lysie. Ek gaan nie stry dat dit oor die algemeen van die vorige geslag vrouens kan waar wees nie, maar my geslag, dink ek, is so 'n bietjie meer 'street wise', as jy dit so kan stel.

Mart said...

Okay, ek gaan nie hare kloof nie. Ongelukkig sien ek daagliks wat "die huwelik" aan beide mans en vrouens kan doen en glo my, it's not pretty.

As die huwelik so fantasties is, waarom skei twee uit elke drie paartjies? Waar lê die fout dan? Waarom is getroude mense se kinders dan nie gevrywaar teen bv. geestesprobleme nie?

Liza-Nel said...

Ek kan heeltemal verstaan dat 'n egskeiding jou geheel en al ontnugter kan laat oor die huwelik, maar ek glo nie die instelling moet as sulks daarvoor blameer word nie. Daar is net te veel ander menslike faktore wat 'n rol speel.

So terloops, iemand skryf op 'n ander blog dat een of ander finansiële tydskrif beweer die egskeidingsyfer het dramaties afgeneem in vergeleke met so 'n jaar of wat gelede. Die rede wat die tydskrif aanvoer is dat paartjies, gesien in die lig van die huidige ekonomiese toestand, eerder besluit om maar vas te byt en deur te druk as om ekstra geld te spander op 'n egskeidingsaak..

En hiermee stap ek van die onderwerp af.

Mart said...

Jy verstaan nie! Dit gaan nie hier oor my nie. Die dinge wat ek kwytraak, sien ek juis by getroude mense. Dit het niks met persoonlike ontnugtering te make nie.
Terapie-sessies is volbespreek by al wat 'n terapeut is... Mense voel erg ontnugter oor die huwelik. Die egskeidingsyfer is hoog. My vraag bly steeds: waar lê die fout dan?

En verder: Deurdat ons die huwelik as 'n "ultimate event" propageer, laat ons jongmense met die gedagte dat hul sub-standaard is as hulle besluit om liewer nie te trou nie. Is dit dan so belangrik om getroud te wees?

Om in elk geval getroud te bly omdat dit finansieel sin maak, is absurd...

Mart said...

Volgens Prof van Schalkwyk (Privaatreg dosent by die Universiteit van Pretoria), skei twee uit elke drie egpare tans in Suid-Afrika...

Henrietta said...

Hallo Liza! Jy praat van verskillende geslagte se siening van die huwelik... So 25 jaar gelede het ek hier by die plaaslike hoër skool Engels gegee. Die baie aantreklike LO-onnie loop op die stoep verby en die meisies "freak" omtrent uit. Ek betig hulle, en wys hulle daarop dat hy 'n getroude man is.

"O ma'm," hak die een af, "it's just a ring and a piece of paper!"

Natuurlik het ek as Christen-onderwyseres my sê gesê - en die feit dat ek dit tot vandag toe onthou (ek onthou selfs wié dit gesê het), wys seker hoe ernstig ek oor die heiligheid van die huwelik voel.

Daar is sekere beginsels wat tydloos behóórt te wees...

Henrietta said...

Mart, die punt wat jy aanraak oor vrouens se afhanklikheid van hulle mans, is só belangrik! Donderdagaande is daar 'n progam oor RSG "Verhoudings met grense" - dit is werklik interessant en insiggewend, en gaan daaroor dat alle verhoudings grense móét hê.

Baie keer bly vrouens in huwelike waar hulle op verskillende maniere mishandel word, juis omdat hulle nie "gesonde grense" stel nie. Kan so iets "God se wil" vir 'n huwelik wees?

Liza-Nel said...

Mart, ek het nie na jou persoonlik verwys nie, vervang die "jy" in die sin met "n mens"...en die laaste paragraaf was bedoel as 'n TERLOOPSE brokkie interessantheid -die feit dat daar iemand is wat beweer het dat die egskeidingsyfer afgeneem het.

Liza

Liza-Nel said...

Henriette, ek voel net so sterk soos jy oor die huwelik as 'n heilige instelling en dat daar dinge is wat onveranderd behoort te bly, maar met 'streetwise" bedoel ek slegs dat die jonger geslag vandag miskien meer as ooit van te vore besef dat trou nie perdekoop is nie!

Ek respekteer jou en Mart se ervaringsveld waaruit julle skryf, maar my bydrae tot hierdie draad is gemaak suiwer uit my bietjie persoonlike ervaring tot dusver...

Maar by een ding gaan ek staan of val, soos ek hoër opgeskryf het, en dit is die veronderstelling dat as jy die dag trou julle mekaar se besittings word...mynsinsiens 'n besliste resep vir 'n 'flop'.

Liza

Ek dink elke paartjie behoort voor hulle trou ten minste 10 keer na die fliek 'Stepford Wives' te kyk.10 keer

Bertus said...

My punt is: wat is die ideaal? 'n Man en vrou verwek kinders, saam vorm hulle 'n gesin. Die kinders sien hulle ouers is lief vir mekaar, en die ouers sorg vir die kinders. Lieflik. Wat is nie ideaal daaraan nie? En is dit nie die 'idee' wat ons as 'n samelewing moet oordra aan ons kinders nie?

Ek is hierdie jaar 10 jaar getroud, en het aan egskeiding nog nooit gedink nie, moord wel. Sou ek alreeds geskei wees, sou my perspektief dalk anders gewees het. Maar niemand sal my oortuig dat die ideaal wat ek hierbo geskets het, 'n revision nodig het nie.

Dit gaan nie oor hoe 'fantasties' die huwelik noodwendig moet wees nie, maar die ideaal daaragter, soos wat die Bybel dit predik?

Of waarna beweeg ons, saambly sonder huwelike, apart bly met kinders wat sommer kan kies waar hulle bly? Is dit 'n ideaal?

Sommige van julle se feministiese onderrokke hang ook maar lekker uit.

Mart said...

Feministies? Wat is feministies daaraan om absoluut realisties te wees en nie met (ideale?) oogklappe na ongelukkige egpare se klagtes te luister nie? Watter deel van die egskeidingstatistiek in SA is feministies?

Is dit "feministies" om te poog om jouself as vrou op verantwoordelike, onafhanklike wyse ook emosioneel volwasse te laat word?

Bertus, jy moet 'n dag saam met my deurbring en kom kyk hoe sommige vrouens tydens sekere huwelike "lyk". Jy moet hul geestesgesondheid saam met my kom evalueer. Glo my as ek jou vertel dat meeste van hulle nie weet hoe aandele werk nie, dat hulle nog nooit 'n vakansie alleen beplan het nie, dat hulle nog nooit 'n water en elektrisiteitsrekening betaal het nie, dat hulle nie volle beheer oor hul geldsake het nie en dat hulle nie weet wat om te doen as hulle 'n pap wiel op 'n snelweg kry nie. Hierdie was net 'n karige lysie. (Miskien moet ek 'n plasing hier maak en baie meer voorbeelde gee.)

My siening is dat as DIT onder andere 'n effek van sekere huwelike is, ons op baie dun ys begin beweeg...dit is baie, baie beslis nie ideaal nie...

johnny said...

Mag ek 'n stuiwer in die armbeurs gooi?

Daar is hoegenaamd niks fout met die huwelik as instelling nie. Waar ek egter van Bertus verskil is dat slegs gelukkige huwelike ideaal is. Ongelukkige huwelike is hel op aarde! Daar is niks ideaal daaraan nie.

Vraag is wat maak 'n huwelik gelukkig?

Eerstens, sou ek raai, is dat die jare van storm en drang (S+D) baie gou uitgewoed moet wees, waarna daar op die kinders se grootmaak gefokus kan word. Ongelukkig vind mens dat daar deesdae 'n verlengde S+D tyd is by of die man of die vrou. (Dis seker die kos wat mense deesdae eet)

In engels noem hulle dit die 7th year itch. Na sewe jaar behoort die S+D uitgewoed te wees, maar dit is nie.

Deesdae se huwelike is glad nie slegter as in die verlede nie, net, mense beskou die huwelik nie meer in so 'n ernstige lig nie. Dit maak dat hulle bloot aangaan met hul rondvryery en hul gesinne sodoende in gevaar stel.

Daar is natuurlik huwelike wat niks met die S+D saak te doen het nie, maar waar daar valse verwagtings geskep was wat nie vervul was nie. Hoe mens sulke huwelike in stand kan hou weet nugter.

johnny

Mart said...

Hier stem ek met Johnny saam. Slegs gelukkige huwelike is ideaal. Die huwelik per se is dus nie ideaal nie.

Mart said...

Bertus sê: "...Dit gaan nie oor hoe 'fantasties' die huwelik noodwendig moet wees nie, maar die ideaal daaragter, soos wat die Bybel dit predik?..."

Maar Bertus, jy is mos nie met 'n ideaal getroud nie?

Bertus said...

Ag maar natuurlik is net gelukkige huwelike die flippen ideaal! Dink julle nou vir een oomblik ek predik ongelukkige huwelike as synde 'n ideaal om na te streef?

Bertus said...

Mart, jy verstaan nie my punt nie.

As 'n man en vrou en hul kinders gelukkig saamleef, en die huwelik as instelling is die basis daarvoor, dan meen ek dat die instelling iets werd is. As jy ongelukkig in jou huwelik is, vir watter rede ook al, dan is dit ooglopend nie goed nie. Maar die instelling is nie noodwendig die probleem nie, dis die mense.

Nou, een van die ideale toestand e of outcomes waarna mense sekerlik kan strewe is een waar daar 'n gelukkige huwelik is met kinders geborge voel.

En op grond daarvan, asook op grond van die redes in my oorspronlike aanhaling, bly die huwelik vir my 'n belangrike instelling.

So, ek sal nog steeds eerder vir my kinders vertel dat ek hulle 'n gelukkige huwelik eendag toewens met kinders by die dosyne. En dis die ideaal.

Mart said...

Natuurlik wens mens jou kinders 'n gelukkige huwelik, met kinders by dosyne toe! (Jy lyk vir my so baie na tant...☺)

Nee, op 'n ernstiger noot: die probleem kom eerder in waar mense die huwelik "uber alles" stel in terme van geluk, kinderopvoeding, waardestelsels, ens. Dit is eenvoudig nie waar nie.

Ek hoor dikwels klagtes dat party getroude mense moreel hoogdrawende uitlatings maak en hulself op 'n selfgemaakte hoër trappie plaas as enkellopende mense.

Die ironie is dat baie getroude mense nie genoeg met enkellopende mense sosialiseer om sodoende hul aannames te toets en te sien hoe ver hulle verkeerd is nie. En groot sal baie van hulle se verbasing wees as hulle sou agterkom dat enkellopendes werklik sielsgelukkig is en wonderlike, vol lewens met hul kinders lei - totaal spanningloos.

Ek sou aan getroude mense sê: Stadig oor die klippe. Moet liewer nooit 'n oordeel oor geskeides/enkellopendes fel nie. Jy ken dalk in hierdie stadium nog net die een kant van hierdie muntstuk...

Mart said...

Bertus: "...Nou, een van die ideale toestand e of outcomes waarna mense sekerlik kan strewe is een waar daar 'n gelukkige huwelik is met kinders geborge voel..."

Daar is in navorsing bevind dat kinders in post-egskeiding studies aangetoon het dat hulle die huidige vrede en geborgenheid in hul huise ver bo hul ouers se getroude status verkies.

johnny said...

Bertus skryf:
"Sommige van julle se feministiese onderrokke hang ook maar lekker uit."

Ons manne moet maar versigtig omgaan met woorde soos hierbo, sodat ons nie daarvan beskuldig sal word dat ons macho-jockstraps onder die rugbybroek uithang nie.

In 'n debat soos hierdie is dit uiters noodsaaklik om baie presies te weet wat mens bedoel en om veralgemenings te vermy.

Om presies te wees, wil ek die opsies vir volwassenes in 'n bepaalde rangorde plaas:

1. 'n Gelukkige huwelik waar ouers en kinders mekaar verstaan en ondersteun.

2. 'n Suksesvolle skeiding waar ouers en kinders mekaar verstaan en ondersteun

3. 'n Bevredigende skeiding waar minstens een van die ouers die verantwoordelikheid van die kinders onderneem.

4. 'n Skeiding waar die finansiële aspekte onbevredigend is.

5. 'n Ongelukkige huwelik.

johnny.

Mart said...

Ja-nee, johnny, die hedendaagse vrou wil asseblief nie 'n macho-jockstrap onder die manne se rugbybroeke sien uitsteek nie! ☺

Jou opsies wat jy in rangorde van een tot vyf geplaas het, is spot on.

Ek kan regtig nie van jou verskil nie. Dit is inderdaad waar...

Mart said...

Terloops Bertus, soos jy kan sien, het jy 'n vuurwarm draad begin. Jy het ons kunstenares geïnspireer tot 'n puik spotprent en jou draad het die meeste opmerkings gekry in 24 uur. Mooi man.

Michael said...

Ek wil ook maar net 'n vinnige opmerking maak uit my eie ervaring.

Hoe ek na die huwelik kyk is na 'n "nuwe wese", twee individue wat saam kom om iets nuuts te verwek... 'n huwelik!. As 'n mens die huwelik in terme van 'n "geestelike wese" soos 'n mens sien dan maak baie meer dinge sin.

Daar is gelukkige mense, ongelukkige mense, en meeste mense is soms gelukkig en soms ongelukkig. Die belangrike ding is dat 'n mens nie 'n ongelukkige mens net sal "beeindig" nie. Hoekom beeindig 'n mens dan 'n ongelukkige huwelik?

Hiermee probeer ek nie onsimpatiek teenoor "gestorwe huwelike" staan nie. Dit is verseker 'n werklikheid, dat huwelike kan "dood gaan". Die een wat Christus self noem is die "terminale siekte" van owerspel. Dit kan 'n huwelik sommer vinnig laat sterf.

So wat het ons hier? 'n "Huwelikswese" wat vermoor kan word, wat kan "siek word" en sterf. Die vraag vir enige Christen is of daar "huweliksmoord" gepleeg word en of 'n huwelik aan natuurlike oorsake sterf.

Tog moet ek afsluit en erken dat die lewe van die huwelik is baie lekkerder om oor te praat. Die lief en die leed soos ons dit nog altyd raaksien en waardeer omdat dit deel van ons menswees word.

Groete,
Michael

sister said...

Ek wil ook hier op die nadraai my eiertjie le. Die argument is dus 'n gelukkige huwelik of geen huwelik (geen gesinslid voel geliefd/ geborge/ versorg/ veilig... in 'n ongelukkige huwelik nie)

Terloops, ek sien geen atwoord op Mart se vraag : "wat is die ideale omstandighede vir plan B (die enkelouer gesin/ 2 ouerhuise-gesin) nie.... Ek glo wel 'ideale omstandighede' verskil van gesin tot gesin

Wat ek wel weet, is dat kinders 'n positiewe emosionele nalatenskap van hulle ouers nodig het(bv. "my pa was so wonderlik want... en my ma so formidabel, want...") Hulle wil trots wees op die gene ("excuse the pun") wat hulle in die wereld gebring het.

Huwelike in 2008 het'n miljoen redes waarom dit sneuwel - soveel huwelike, soveel redes.(in 1908 was daar dalk 10 redes en 20 geskeides. Die res het maar ongelukkig saamgewoon en ander planne gemaak eerder as om met die sg 'stigma' saam te leef )Genadiglik leef ons in 'n ontwikkelende samelewing!

Ek glo dat dit v kardinale belang is dat ouers (getroud of geskei) vir hulle kinders 'n "legacy" nalaat. Dit is hulle wortels en soos 'n versekeringspolis in tye van onsekerheid in hulle latere lewens. (Dit is hulle verwysing; dis waar ek vandaan kom en dis wie ek is.)

Nog 'n ideaal is om ons kinders van wedersydese respek en liefde te leer - daarsonder is ons verlore.

Die derde ideaal leer ons van vandag se jeug (danksy mixit en tegnologie) - om te "share" en om te gee vir mekaar.

Ja, die kinders mis die ander ouer in die huis want hulle liefde is onvoorwaardelik. So die 4de ideaal sou wees om by albei ouers liefde, geborgenheid en respek te ontvang. Tog is daar baie gevalle waar hulle die gemis bo verbale / fisiese mishandeling en dronkenskap en.... verkies.

Daar is sekerlik nog baie ideale, maar ons leef in die realiteite en ons is almal homo sapiens en maak almal foute en leer almal daaruit..

Groetnis
sister

Mart said...

Hallo Sister. Ons het lanklaas van jou gehoor en dis lekker om ‘n post van jou te lees.

Ek wil graag kommentaar lewer op jou skrywe. Jy sê o.a. “Ek glo dat dit v kardinale belang is dat ouers (getroud of geskei) vir hulle kinders 'n "legacy" nalaat. Dit is hulle wortels en soos 'n versekeringspolis in tye van onsekerheid in hulle latere lewens. (Dit is hulle verwysing; dis waar ek vandaan kom en dis wie ek is.)…”

Ek glo weer dat dit van kardinale belang is dat kinders eerder hulle eie legacy moet ontwikkel. Dis dus belangrik dat hulle diep in hulleself delf en hul eie sterkte ontdek. Dit gebeur ook te midde van stresvolle tye soos tydens egskeiding. My punt is dus dat hulle op hulleself in krisistye “teer” en nie op die pseudo-perfeksie-legacy van hul ouers nie…die ys is eenvoudig te dun.

Ek stem saam met jou ideaal dat kinders onvoorwaardelik moet leer om te deel met ander mense. Dis ‘n ongelooflike belangrike punt wat jy hier noem.

Wat jou ideaal rondom die gemis van ‘n ander betref, voel ek dat dit dalk aan die begin so is. Kinders het ongelooflike
“resilience” en hulle hop makliker terug na trauma as wat volwassenes doen. ‘n Kind is soos iemand op ‘n trampolien. Vir elke ondertoe beweging, bons hulle terug en selfs hoër as wat hulle begin het, want hulle leer merkwaardig baie uit so ‘n gebeurtenis.

Kinders uit geskeide gesinne is nie mishandelde kinders nie. Hul ouers is ook nie dood nie. Ouers skei van mekaar, nie van hul kinders nie. Baie kinders is selfs beter af na ‘n egskeiding, want die ouers probeer dan harder om goeie ouers te wees en om ‘n goeie voorbeeld te stel. Verder maak geskeide ouers seker dat hulle kwaliteit tyd aan die kinders gee en laastens probeer albei ouers om aangenaam te wees wanneer hulle tyd met die kinders spandeer.

Die feit dat almal nie meer onder dieselfde dak slaap nie, word gou ‘n nietigheid… en kort voor lank verlaat die kinders in elk geval die huis as hulle op universiteit kom...

sister said...

Hallo Mart,
Natuurlik moet kinders hulle eie legacy bou(anders wat laat hulle ook vir hulle kinders na?) Die ouers is die gene wat die fondasie begin en die leiding gee in die beginjare. Klein kindertjies leer deur na te boots. Die nabootsing word net meer kompleks hoe ouer ons almal word. Of ons dit nou wil weet of nie: "we lead by example" My en jou legacy bly ons kinders se verwysing. Ja verseker vergroot hulle verwysingsraamwerk soos hulle vlerke sprei , maar dit begin by jou en my

Aanvanklik het ek geskryf: "gelukkige huwelike of geen huwelike" Dat dit ook vir die kinders geld, is vir my voor die hand liggend. Kinders wat egskeidings deurleef sal meer volwasse wees - dis nog 'n eerstehandse lewenservaring op hulle kerfstok.

Mart said...

Sister, jy raak 'n belangrike punt aan, naamlik lewenservaring. Mens kan nie die minder positiewe lewenservarings van jou kinders weg hou nie, al probeer jy hoe hard. Juis deur negatiewe ervarings kom daar insig en rypheid.

Wanneer 'n mot met geweldige moeite deur sy kokon sukkel, moet mens hom nie probreer help deur die kokon met 'n klein skêrtjie vir hom oop te knip nie. As jy dit sou doen, sal die mot nie kan vlieg nie, want hy moet al sukkelend deurwriemel sodat sy vlerkspiere in die proses sterk genoeg kan word om te kan vlieg...

Alet said...

Bertus, dit pla my bietjie dat die huwelik in die eerste plek as 'n "instelling" gesien word. Die probleem van 'n instelling is dat mens aanhoudend daarop moet fokus en daaraan moet werk om dit aan die gang te hou. Van wat ek sover kon sien is dit realisties dat enige huwelik werk verg, maar met ons besige lewens in 2008 (wat werk, vriende ens. insluit) kan die fokus maklik rondskuif.

Beteken dit dat die huwelik onsuksesvol gaan wees omdat dit nie ons hoof instelling/fokus is nie? Ons noem dit dan 'n instelling...of hoe.

'n Huwelik is eerstens op liefde gebasseer en liefde is weer op "natuurlike" prosesse gebasseer. Die aanvanklike chemistry, soos baie dit noem :-). Is dit dan nie onrealisties om 'n natuurlike proses met 'n proses wat harde werk verg te probeer meng nie?

Tog wil almal so graag trou en babies he! ;-)

Alet ***