Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/24/2008

Devildriver oorsaak van fees kansellasie


Christene het The Metal Fest konsert in Hartbeespoort laat kanselleer. The Metal Fest gaan nou op 1 November in Alberton plaasvind. Casper Kruger, die organiseerder van die Hartbeespoort konsert het R300 000 verloor omdat die konsert daar gekanselleer is.

Die groep Devildriver was die oorsaak van die kabaal. Dit is 'n satanistiese groep wat ook daar sou optree. Kruger word nou gedagvaar deur die groep se organiseerder...

Toe ek jonk was, moes ons tussen die lyne probeer lees om agter te kom wat satanistiese musiek was. Vandag noem sekere groepe hullseself sommer "Devildriver", sit helse vlamme op die CD covers en kry klaar!
N.S. Ek wonder of die Christene in Alberton nou hiermee tevrede is?

4 comments:

Liza-Nel said...

In ‘n onlangse persverklaring oor die Metal Fest-debakel spreek die promotor van die fees, ene Bianca, haar misnoeë uit oor die verkramptheid en skynheiligheid van die Suid Afrikaanse gemeenskap en verduidelik dat die groep Devildriver eintlik ‘n diep spirituele inslag het en beslis geen sinistêre motiewe koester om die jeug met sataniese ‘songs’ te beïnvloed of te verlei nie.

Die naam 'Devildriver' is glo afgelei van die gebedeklokke wat gedurende die Middeleeue gebruik is om demone van kerkdienste af weg te hou. (Nou toe nou).

As stawing van hul spiritualiteit, verwys sy na ‘n snit op een van die Devildrive-cd’s, “The Axe Shall Fall”, wat handel oor sonde en straf...

Sy spreek haar verder uit teen die Christene se skynheiligheid deur te verwys na die Bybel wat sê - “Judge not lest ye be judged” en wil weet van wanneer af musiek moet opweeg teen godsdiens en geloof - dit is eerder veronderstel om mense van verskillende gelowe saam te snoer as om hulle van mekaar te verwyder.

Hier’s wat Devildriver se hoof sanger en segsman, Dez Fafara, te sê het oor sy lewensfilosofie...

"... As for Christ, I believe in Him as being either a great healer or a great charlatan - I don't know yet, I haven't figured it out." [...] "Obviously there's a lot of Satanic influence in many metal bands, but I don't think they really know what they're dealing with. Especially if they're dealing with guys like *Aleister Crowley or *Anton LaVey who are massive charlatans from my point of view.... But then he [LaVey] led a lot of people into something they could believe in. You find your power where your power is, and personally mine is in myself at this point."

"I believe in an eye for an eye, and a tooth for a tooth. If you step on my toes I'm gonna kick you in the face...”

Genoeg gesê. Besluit maar self of die gemeenskap se vrese, en die feit dat die onlangse voorval by 'n sekere Krugerdorpse hoërskool seker maar nog vlak in baie gemoedere lê, 'n storm in 'n teekoppie is al dan nie.

*Anton LaVey, tesame met Aleister Crowley staan bekend as die vaders van die Satanisme. LaVey het in 1966 die “Church of Satan”, die wêreld se grootste sataniese godsdiensorganisasie, tot stand gebring en ook die geloofbelydenis en rituele van die “Satanic Bible” in 1969 gekodifiseer.

Mart said...

Interessante plasing, Liza.

Vir "Bianca" sou ek wou vra:
* As Devildriver bloot 'n spiritualistiese groep is, waarom dan die spesifieke naam vir die groep?
* Waarom word daar van vlamme en 'n vreemde kruis gebruik gemaak as hul kenteken?
* Spiritualisme gaan nie oor sonde en straf nie. Waarvan praat sy?
* Waarom judge syself dan so kwistig?

Dis sommer snert. Devildriver is 'n satanistiese groep wat nou beledig voel. Hulle het geld verloor deurdat hul promosie plakkate nie meer gebruik kan word nie.

Waarom ontken hulle nou skielik dat hulle satanisties is?

Liza-Nel said...

Ag maar natuurlik sal hulle mos ontken wie en wat hulle werklik is - ou Niek is baie meer uitgeslape as dit - onthou hy is 'n engel van die lig - 'n spirituele wese wat "ken" van Christus (al is dit dan net, soos in hierdie geval, om te sê hy kon Hom nog nie uitge-'figure' kry nie).
Maar hey, wie's ek om te oordeel.."judge thee not thine bretheren"... ;)

Kato die Ketter said...

Haai, en ek was onder die indruk dat satanisme in die koppe van veldskool-ooms en in Hollywood movies bestaan. Wys jou net hoe oningelig mens kan wees. Hier in Sydney kry mens wel hekse, maar hulle pla niemand nie, solank hulle besems net nie diesel enjins het nie.