Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/24/2008

Daar is hoop vir die mensdom

Gisteraand het ek twee baie inspirerende mense ontmoet, 'n getroude paar met twee tiener seuns. Hy is 'n praktiserende Jood en sy 'n praktiserende Katoliek. Hulle het die kinders blootgestel aan albei gelowe, en mettertyd het die een seun besluit om die Katolieke geloof aan te hang en die ander een die Joodse geloof. Die gesinnetjie woon in vrede saam en respekteer mekaar se gelowe en standpunte. Daar is hoop vir die mensdom.Lekker naweek vir julle almal.

3 comments:

Mart said...

Hallo Kato

Dis nou 'n interessante storie. Dis 'n kwessie van live and let live.

Wat presies is die praktiese verskille tussen die Katolieke en die Jode? Ek bedoel, hoe affekteer dit die familie op 'n alledaagse vlak?

Liza-Nel said...

Dankie Kato.

Dis jammer dat baie mense nie kan verstaan dat godsienstige toleransie nie noodwendig beteken dat jy jou eie geloof moet verwater ter wille van die guns van ander godsdienste nie...Dis vir my eerder 'n bewys van die absolute vertroue wat jy in jou eie geloof het.

Kato die Ketter said...

Ja, om 'n ander geloof te kan "let be" beteken oa dat jy seker genoeg van jou eie geloof is om rustig te wees daaroor.

Hoe affekteer dit hierdie familie op alledaagse vlak? Wel, ek sou dink in die eerste plek raak dit wat hulle eet. Joodse mense eet nie varkvleis of skulpvis nie en hulle meng nie melk en vleis nie. Lg beinvloed hoe hulle skottlegoed was, en streng Ortodokse huishoudings het dikwels aparte eetgerei, wasbakke en soms aparte skottelgoedwassers vir vleis en melk. Baie streng huishoudings het twee kombuise.

Katolieke dieetreels is minder streng; ek dink vis op 'n Vrydag is omtrent die enigste reel waarvan ek bewus is.

Godsdienstige feeste is natuurlik heel verskillend vir die twee gelowe. Jode vier Passover vir 'n week lank, en dit val saam met Paasfees. In daardie week mag jy niks eet wat rys nie, vandaar matzo. Ek het al gehoor dat Da Vinci se Laaste Avondmaal 'n "Cedar" of "First-night-of-Passover" maaltyd was. Die ander Joodse "high holy days" is Yom Kippur,of "The day of atonement", wanneer mense vas van Sonsondergang tot Sonsondergang en "atone" vir die misstappe van daardie jaar, en die Joodse Nuwejaar, Rosh Hashannah, wat elke jaar op 'n ander dag val.

Jode vier natuurlik nie Kersfees nie, so dit sou ineteressant wees om te weet hoe dit hanteer word in die huishouding waarvan ons praat.

Die man in hierdie huis (die Joodse "partner") is die kok, so ek dink dit maak die dieetreels maklik om by te bring - hy kook wat reg is vir die Joodse faksie van die familie en die Christelike faksie kan dit gelukkig ook eet!

Ons het ook Jodemense in ons familie en party Kersfeeste vier ons "Christmukkah", wat 'n kombinasie is van Kersfees en die Joodse "Festval of Lights", of Hanukkah. Hoofsaaklik kom dit daarop neer dat ons nie kosmaak wat die ander geloof nie kan eet nie, en dat ons musiek uit beide tradisies speel.

Ek het 'n jaar in Maleisie gewoon, waar ek baie te doen gekry het met Moslem en Boeddistiese godsdienstige gebruike; dit was vir my baie lekker en insiggewend.

Wat als baie makliker maak vir my persoonlik is dat ek 'n vegetarier is, so as ek kosmaak kan al vier gelowe dit eet!