Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/26/2008

"The Bible Illuminated"

Die voorblad van The Book New Testament en regs is die foto ter inleiding tot die boek Openbaring.

Hier so op die herdenking van die Hervorming... by al die talle en talle b(B)ybels, NÓG een!

In Rapport skryf Charles en Marlene Malan onder die opskrif "Die Woord vir vandag" van 'n nuwe b(B?)ybel genaamd "The Bible Illuminated" wat sy ontstaan blykbaar in Swede het:

Die Bybel gebruik die Good News-vertaling sonder genommerde teksverse en lees soos ’n lang artikel.
Jy besef met ’n beklemming die woorde “The Awful Horror” in Markus kan ’n hoofopskrif in vandag se koerant wees.
“Ons wil die Bybel toeganklik maak, wys dit praat van vandag se moraliteit en etiek.”
Söderberg vertel hoe ’n 26-jarige meisie wat erken het sy het nog nooit die Bybel gelees nie in trane uitgebars het toe sy dié “tydskrif” onder oë gehad het.
“Omdat gewone mense hulle met die beelde daarin kan vereenselwig, sien hulle die teks is eintlik ook hedendaags.
“Hulle reageer emosioneel daarop. Hulle begin weer oor die boodskap dink.”

Lees die hele artikel hier: http://www.news24.com/Rapport/Wereld/0,,752-2459_2415875,00.html

(En om te dink daar was tye wat mense gedink het so iets soos 'n Kinderbybel is uit die bose...)

5 comments:

Mart said...

Interessante plasing, Henrietta.

Ek dog Swede (die hele Skandinawië) is 'n ateïsties. Dit kan lekker wees om die Bybel in 'n artikel-styl te lees. Wonder of die oorspronklike boodskap behoue bly?

Liza-Nel said...

Henrietta verskoon my voorbarigheid. Ek het op die twee fotos afgekom en gedink dit skakel mooi in by jou pos.

Ek wens ek kon nog fotos in die hande kry en wonder vir wie Angelina Jolie uitbeeld? ;))

Henrietta said...

Liza, Jolie is blykbaar 'n Engel in die Amerkaanse uitgawe.... Madiba ook...

Michael said...

Ek het al baie gedink oor al die weergawes van die Woord wat vandag beskikbaar is, veral om my te help met die opvoeding van my kinders.

Wat vir my duidelik geword het is dat my kinders baie meer gaan leer as ek vir hulle van klein tyd af blootstel aan die beginsels van die historiese akuraatheid van tekste en propaganda in die algemeen.

Ek het dan ook die storie gehoor dat van die Skandenawiese lande begin het om hulle kinders juis te leer hoe om propaganda te ontleed en te verstaan. In hierdie verband het hulle dit gedoen juis om hulle kinders teen algemene verbruikerspropaganda te beskerm.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Pure geldmaakfoefie, lyk dit my: http://ap.google.com/article/ALeqM5g4aOK0HuId1Q6oWOGzIM5h9Rtf_QD93LPC201