Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/18/2008

Beelde van die lewensreis....

In ‘n artikel in “Christianity Today” (hier: http://www.christianitytoday.com/mp/2007/spring/17.20.html) vertel pastoor Rick Warren (van Purpose driven church/life… faam) van hoe hulle sy vrou Kate se stryd teen kanker moes hanteer en verwerk .

Hy vertel hoe hy in die verlede dinge in die lewe gesien het as “mountaintops and valleys”/ berge en dale , maar dat hy later, na sy vrou se stryd, dit begin sien het as ‘n treinreis: “For a train to make progress, it's always in contact with both rails. Life rides parallel rails of blessing and adversity”.

"No matter how bad things are in your life, there is always something good you can thank God for. The goal is to grow in character, in Christ-likeness.
"You can focus on your purposes, or you can focus on your problems. If you focus on your problems, you're going into self-centeredness, which is 'my problem, my issues, my pain.' But one of the easiest ways to get rid of pain is to get your focus off yourself and onto God and others."

I'm glad that life isn't just mountaintops and valleys, but that both joy and adversity are with us always"

Hoe "sien" jy die lewensreis, en het jou siening ook al deur die jare verander, soos pastoor Warren s'n?

3 comments:

Michael said...

Hallo Henriette,

Ek hou baie van hierdie gedagtes, veral die trein reis beeld. Wat ek graag wil doen is om dit te kontrasteer teen 'n hedonistiese uitkyk op die lewe.

'n Hedonis sal die sleg van die lewe as die "absolute boosheid" sien en daarom sal sy trein nooit op alby spore wil loop nie. Dit is daarom vir 'n hedonis baie logies om te dink dat enige wese wat enige vorm van pyn veroorsaak "boos" moet wees.

Christus daarteenoor het gemaak dat ons trein wel op alby spore kan loop, met die doel om die einde van die spoor te bereik. Ek persoonlik sou nooit buite Christus kan sin maak van die swaar kry OF die blydskap in my lewe nie.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Dankie vir jou insigte Michael! Waarom die "treinspore idee" vir my beter is as die "berge en dale"-gedagte , is omdat mens nie eintlik tergelyke tyd in 'n dal en bo-op 'n berg kan wees nie.

Ek het bv al gevind dat ek nog besig is om te worstel met 'n knop in die keel van hartseer, dan hoor ek pas daarna " goeie nuus" wat my in trane wil laat uitbars!

Wat my ook tref van Rick Warren se siening, is die idee van " op pad wees saam met God na 'n eindbestemming" , soos jy ook so mooi in jou bydrae uitdruk.

Mart said...

Die groot ironie van menswees is dat ons daarop fokus om goed te voel, gelukkig te wees, gesond te wees...op pad na die dood toe.

Socrates het gepraat van die "triumphant human capacity for reason and rationality". Michelangelo het die hoogtes van kreatiewe self-uitdrukking en - ekspressie benadruk, Wordsworth, Raphael en Goethe het die passievolle sensitiwiteite van die Romantiese tydperk vasgevang. Sartre en Camus praat oor die "transcendence of suffering via the existential responsibility to find meaning amidst the chaos and absurdities of life..."

Ek het ook 'n mening om by ware menslike sterkte uit te kom. Daar is konstante "challenges" nodig hiervoor. Ek dink "healthy-mindedness" spruit voort uit 'n verskeidenheid van lewens-uitdagings.

Geestelike belewenisse en -insig maak dit moontlik om selfs die aller verskriklikste belewenisse te begryp en uiteindelik te aanvaar...

In my lewe speel God daardie sentrale rol sodat ek in staat is om die "geestelike belewenisse" in die eerste plek te kan herken. Dan lê die volgende uitdagings voor om sin te maak uit alles...