Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/17/2008

Baie welkom aan Kato die Ketter. Hoop jy geniet die blog

5 comments:

Liza-Nel said...

Hallo en welkom Kato die Ketter,

Hulle sê elke 'ketter het sy letter' - sal graag wil hoor wat jóú waarheid is.

Mart said...

Ja, Kato die Ketter, ons wil graag iets van jou hoor.

:))

Kato die ketter said...

Dankie Mart, die blog lyk interessant.

Gisteraand het ek twee baie inspirerende mense ontmoet, 'n getroude paar met twee tiener seuns. Hy is 'n praktiserende Jood en sy 'n praktiserende Katoliek. Hulle het die kinders blootgestel aan albei gelowe, en mettertyd het die een seun besluit om die Katolieke geloof aan te hang en die ander een die Joodse geloof. Die gesinnetjie woon in vrede saam en respekteer mekaar se gelowe en standpunte. Daar is hoop vir die mensdom.

Lekker naweek vir julle almal.

Mart said...

Hi Kato

Dit klink verskriklik interessant. Wil jy nie vir ons 'n nuwe draad daaroor oopmaak, sodat ons dit daar kan bespreek nie?

Kato die Ketter said...

ok ek maak so Mart.