Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/21/2008

Zimbabwe, O Zimbabwe...

Die hele Zimbabwe sage gaan nou ook tot 'n punt gedryf word.

Mbeki kan nie meer sy diktator pêl ondersteun nie.

Die MDC en Cosatu is groot vennote en Mugabe het hulle nou die dag uit die land uitgesmyt.

Net soos Mbeki oorspeel Mugabe ook sy hand met die samestelling van die nuwe kabinet.

Zuma se alliansie vennote het gewys dat dit beter is om die hond se stert met een slag af te kap as om dit stukkie vir stukkie te probeer doen.

Nou gaan Mugabe bars!!

johnny

7 comments:

Ag Nostus said...

Ek wonder, Johnny.

Wat is daar wat Zuma en Cosatu kan doen as Mugabe sy agterent aan hulle afvee soos wat hy met almal anders doen?

Dis maklik om te sê Mbeki moes kragtiger opgetree het teen Mugabe, maar wat beteken dit in praktyk? Hoe presies doen mens dit? 'n Gewapende inval?

Mart said...

Mbeki en Mugabe is dik tjommies. Ek sien weer in 'n insetsel op Carte Blanche gisteraand (toe hulle in Zim was) hoe hulle letterlik hand-aan-hand stap en lag.

Mbeki kan in die toekoms in elk geval bitter min vir Mugabe doen, al kon hy...

johnny said...

8nostus vra wat Zuma anders kan doen as wat Mbeki gedoen het.

Eerstens sal hy nie probeer om die ou donner te paai nie.

Tweedens sal hy nie die land se goodwill gebruik om die buitelandse regerings te oorreed om die bates van Mugabe se trawante te bevries nie.

Derdens kan hy, net soos wyle pres. Mwanawase van Zambië, asook
Pres. Kgama van Botswana enige kontak met die vent te vermy en

Laastens kan hy weier om verdere brandstof en elektrisiteit op krediet aan Zimbabwe te lewer.

Zuma se mense hoef dit nie werklik te doen nie, maar mag daarop sinspeel dat hulle dit mag doen om druk op Mugabe uit te oefen.

Hy was tog o so knus in sy verhouding met Mbeki wat strykdeur sy kant gekies het teen Tsvangirai.

Ag Nostus said...

Maar Johnny!

As hy ophou om brandstof en elektrisiteit aan Zim te verkoop, is dit die gewone mense wat daaronder lei, nie Mugabe nie. En dan land nóg meer van hulle op ons voorstoep waar hulle óns probleem word, nie Mugabe s'n nie!

En presies hoeveel sukses het daai ander bere bereik deur vir Mugabe die koue skouer te gee? Dit het nie vir my gelyk asof hy hom daardeur laat intimmideer nie.

Liza-Nel said...

Julle praat interessante goed.
Maar moenie vergeet van die OAE pakt/pact en sy onsigbare binding tussen die Afrika unies nie.

"The OAU had two primary aims:-
To promote the unity and solidarity of the African states and act as a collective voice for the African continent. This was important to secure Africa's long-term economic and political future. Years of colonialism had weakened it socially, politically and economically.
The OAU was also dedicated to the eradication of all forms of colonialism, as, when it was established, there was still a number of states that had not yet won their independence or were minority-ruled. South Africa and Angola were two such countries. The OAU proposed two ways of ridding the continent of colonialism. Firstly, it would defend the interests of independent countries and help to pursue those of still-colonized ones. Secondly, it would remain neutral in terms of world affairs, preventing its members from being controlled once more by outside powers.
A Liberation Committee was established to aid independence movements and look after the interests of already-liberated states. The OAU also aimed to stay neutral in terms of global politics, which would prevent them from being controlled once more by outside forces – an especial danger with the Cold War."....

Hierdie is 'n broederskap wat ons, ons swart broers slegs maar net kan beny.

Eendracht maak macht.

Liza

johnny said...

Goed, ek vat jou punt, 8nostus.

Maar Mbeki het bedank omdat hy geen ander opsie gehad het nie. Hy kon hom op niemand se steun beroep nie. Solank Mugabe nog al die ondersteuning het sal hy kapokhaantjie speel. Dis sy styl. Onthou jy toe John Vorster destyds sy steun aan Rhodesië onttrek het, moes Ian Smith doodeenvoudig kapituleer. Met John Vorster se steun het Ian Smith vir jare voortgegaan.

Natuurlik sal die gewone mense swaar kry as sanksies ingestel word, maar, onthou, ek het gesê ons moet met sanksies dreig, nie sommer met die deur in die huis val nie.

Daar word beweer dat Mugabe en Mbeki gedeelde sakebelange in ander Afrikalande het. Wie gaan sy pel drop?

johhny

Henry said...

Dis net in Afrika wat jy 'n verkiesing op 'n demokratiese wyse kan wen, dan d.m.v. geweld tot die onderhandelingstafel gedwing word, net om met 'n mindere aandeel na 'n "bemiddelde" skikking te sit.