Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/20/2008

Wraak en Vergifnis

Pumla Gobodo-Madikizela skryf in haar boek, A Human Being Died That Night, oor skuld, vergiffenis en boetedoening. Gobodo-Madikizela het hierdie konstrukte ondersoek tydens haar besoeke aan Eugene de Kock in die gevangenis. Hy het in 1996 dubbele lewenslange, plus 212 jaar tronkstraf gekry. Hierdie voormalige bevelvoerder van Vlakplaas is opgesluit in C-max, die maksimum beveiligde deel van Pretoria se sentrale gevangenis. Hy word ook die "bloedhond van die apartheidsregime" genoem. Prime Evil.
(Gobodo-Madikizela se boek het in Junie 2004 die gesogde Alan Paton-toekenning ontvang.)

Uit die literatuur is die volgende duidelik: Wie vergifnis skenk, wys geen swakheid daardeur nie en vee ook nie die erns van die misdryf daarmee uit nie. Wie vergifnis gee aan die wat berou betoon, ongeag die omvang of aard van die misdryf, herstel die oorspronklike band van medemenslikheid. Wie berou toon, roep om verligting van die skuld en om redding. Wie berou toon, wil ten alle koste weer in die samelewing opgeneem word. Die beslissing om vergifnis te skenk, is geen teken van swakheid nie, maar versterk juis die posisie van die slagoffer. Hy of sy besluit om te reageer op die noodkreet van die uitgeworpene, al dan nie. Vergifnis is in werklikheid ʼn verhewe vorm van wraak. Wie vergewe, bewys dat hulle moreel die meerdere is. Hulle behou die bevoorregte status indien hulle aan die moreel regverdige kant bly staan en weier om hulle te verlaag tot die vlak van die kwaad wat hulle aangedoen is. Slagoffers triomfeer op hierdie manier oor diegene wat by hulle leed veroorsaak het. Die slagoffer plaas ʼn spieël voor die aggressor: Dít is hoe dit lyk om menslik te wees. Ek gaan nie die kwaad wat jy my aangedoen het, in gelyke munt aan jou terugbetaal nie...

Groete
Mart


*Gobodo-Madikizela, A Human Being Died That Night
*N. Tavuchis, Mea Culpa. A Sociology of Apology and Reconciliation

6 comments:

Mart said...

Pumla Gobodo-Madikizela het Eugene de Kock gereeld besoek. Sy het in 'n township, Lunga, buite Kaapstad grootgeword. Omdat sy as kind baie polisie-geweld gesien het, het dit haar genoop om later aan verskillende organisasies, wat menseregte beskerm, deel te neem.

Sy is 'n kliniese sielkundige en 'n mede-professor wat verbonde is aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook in die Waarheids- en versoeningskommissie gedien.

Gobodo-Madikizela sê daar's 'n verskil tussen wat in Suid-Afrika gebeur het en die Holocaust-ervaring. By die Holocaust word daar meer gefokus op HERDENKING as DIALOOG.

Dialoog was in ander gevalle, soos in die voormalige Joego-Slawië en Rwanda, ʼn noodsaaklike voorwaarde om nuwe vorms van saam-bestaan te
kry.

Gobodo-Madikizela sê dat versoening eers werklik
geslaagd kan wees as slagoffers en begunstigdes van vroeër, weer bymekaar gebring word.

Henrietta said...

Mart , is sy ‘n Christen en kry mens die Christelike idee van vergifnis in haar boek? Ek het nie haar boek gelees nie, maar ek het so 'n rowwe idee van die Afrika-siening van sake. Met die Waarheids en versoeningskommissie het twee dinge veral duidelik uitgekom: vergifnis is net gegee aan daardie mense wat die volle verhaal vertel het, en een of ander tyd moet daar “ pay back time” / een of ander vorm van “ retribution”/vergoeding wees.

Onthou julle toe Adriaan Vlok Frank Chikane se voete gewas het? Toe het die Afrikaner-Christene gedink dit was baie grootmoedig van hom maar die meeste swart mense het dit anders verstaan: vir hulle was dit ‘n le’e gebaar,; wat hulle wil h^e , is die volle waarheid en “ retribution” - soos met die WVK .

Die Drie-Enige God se idee van vergifnis is amper “ mind boggling” (met groot respek ges^e). God s^e Hy verwyder ons oortredinge so ver as die ooste van die weste (om en om die aarde – geen begin en geen einde!) – Hy werp dit in die dieptes van die see en dink daar nooit weer aan nie! Jesus Christus hang aan ‘n kruis , in ons plek, vir ons sondes, en al wat ons moet doen is om sy plaasvervangende dood te aanvaar! Ten volle vergewe, geen betaling! Prys die Heer!

Liza-Nel said...

Vir die filosoof Heda Bejar is vergifnis soos die geur van rose wat agterbly in die hand van die een wat dit gee - daardie besonderse vermoë van gee as daar van jou geneem word en die geur van bevryding wat dit agterlaat in jou gemoed.

Dit bly altyd vir my interessant om te lees oor die stories agter die Bybelse spreuke soos die een oor die vurige kole op die hoof waarvan Rom 12:20 vertel. Ek het nooit geweet hoe om dit te verstaan nie, want letterlik gesproke sal die spreuk mos beteken dat jy daardie persoon eerder ‘n verskriklikheid aandoen as om hom te vergewe, totdat ek in John en Paula Sandford se interessante boek “Choosing Forgiveness” gelees het hoe dié gesegde sy beslag gekry het...

In die Bybel se tyd het die vroue ‘n vuurtjie gemaak van takkies en droë koeimis op twee bakstene wat ‘n paar sentimeter uitmekaar op die vloer geplaas is.

Aangesien hulle in daardie dae nie vuurhoutjies gehad het nie, was een persoon in die dorpie verantwoordelik om te sorg dat daar altyd vuur is. Hy het dan ‘n vuur dwarsdeur die nag aan die gang gehou en so teen die oggend weer opgestook sodat daar uiteindelik net kole oor was.

Hierdie kole het hy in ‘n metaal konfoor geskep wat hy op ‘n houtblok op sy kop gedra het en dan het hy van huis tot huis geloop en met ‘n tangetjie die brandende kole tussen die bakstene geplaas sodat elke huisvrou haar eie vuurtjie kon hê.

So het dié oosterse spreekwoord ontstaan dat, indien jy goed doen aan ‘n slegte persoon, jy hom so kan verander dat hy die vuur van liefde versprei waar hy ookal gaan.

(Mart ek dink jy moet Pumla Gobodo-Madikizela se boek by ons boeklys voeg. Dit klink beslis na ‘n boek wat gelees moet word.)

Liza

Mart said...

De Kock het voor die WVK getuig en daar vertel hoe hy en sy voetsoldate geglo het dat hulle enige aksies kon doen
om die Grondwet van die dag te beskerm.
En as daar nie meer wettige maniere oorgebly het nie, was
buitemagtige aksies aanvaarde praktyk. Dit was ook nie moeilik om mense te kry om laasgenoemde uit te voer nie, want dit was 'n eer vir die manne om hul land te verdedig.

``Toe was dit 'n vuisslanery om voor in die ry te kom; nou is dit
'n vuisslanery om agter in die ry te kom om te vertel daarvan,'' het
hy getuig.
Dalk is dit juis dié stille passie waarmee De Kock sy en sy
ondergeskiktes se optrede beskryf wat mense aangryp.
``Ek wil een ding regstel en dit is dat Vlakplaas (waarvan hy die
bevelvoerder was) nie 'n rogue-eenheid was nie.
``My ondergeskiktes het onder geweldige druk gewerk. Terselfdertyd
is hulle verbied om sielkundige berading te kry.''
In die veiligheidspolisie is die polisiemanne verbied om na 'n
sielkundige te gaan omdat dit as 'n veiligheidsrisiko beskou is. Die name van dié wat sielkundig geknak het, is op 'n lys aangebring en hulle is nie weer in sensitiewe operasies gebruik nie.
``Die manne moes mekaar maar probeer help. Daar was baie huislike probleme. As ek my vrou was, sou ek ook nie met my getroud wou wees nie.

``Almal se lojaliteit was egter onbesproke. Jy het geglo dat jy in
die voorste linie vir die land veg.
``Mense besef nie dat ons nie 'n konvensionele stryd gestry het
nie, maar moes staatmaak op guerrilla- oorlogvoering. Jy moes
heeltyd anders dink as die normale denkprosesse om die vyand te
uitoorlê.
``'n Mens besef nie dat jy `anders' geword het nie. Later het 'n mens glad nie meer rasioneel gedink nie. Jy was ge¨ndoktrineer deur ideologie.

Hoewel ek nie oor akademiese kwalifikasies beskik nie,
is ek 'n veteraan van verlore ideologieë.''
De Kock het duidelik ook nog nie sy humorsin in sy tyd in C-Max ver
loor nie. In sy getuienis oor die ontploffing by Khotso-huis het hy
vertel van die dronk ou wat die polisie in sy motor aangetref het ná die ontploffing.

Die man, wat niks oorgekom het nie, was so besope dat hy nie eens
die ontploffing gehoor het nie. Dít ondanks die feit dat 'n groot
betonblok van die gebou op sy motor te lande gekom het.
In C-Max De Kock se tuiste sedert sowat 'n jaar gelede maak hy
intussen vinnig vordering op grond van goeie gedrag. Hy is onlangs
oorgeplaas na dié maksimumseker heidstronk se fase 2-afdeling. Dit
beteken dat hy kontakbesoeke mag kry en ook drie uur per dag uit sy
sel gelaat word pleks van die een uur voorheen.
Maar hy is steeds nie verbitter nie, het hy in sy slotgetuienis
gesê. Hy walg net aan sy voormalige bevelvoerders wat nou swyg oor die verlede.
``En ek sal steeds die rap vat vir enige soldaat of polisieman wat
destyds geglo het hy tree op ter wille van volk en vaderland.
``Ek sal steeds, soos dit 'n goeie offisier betaam, voor loop as
die dinge moeilik raak. Die senior manne het destyds die opdrag
gegee en verwag dat ons storm, maar toe bly hulle agter.
``Hulle wou lamsvleis eet, maar wou niks weet van die bloed en
binnegoed nie.''
Ná sy getuienis het De Kock twee minute van vryspraak versoek. Hy
het 'n pleidooi gelewer en die hoop uitgespreek dat veral sy
seuntjie daarvan sal kennis neem.
``'n Mens het twee keuses as jy oor jou loopbaan besin. Jy kan 'n
arend wees of 'n hoender. Die arend styg uit oor die massa, terwyl die hoender maar bly rondskrop.''
Die mense in die gehoor wat deurgaans stip gesit en luister het, het stil-stil weer begin rondkyk miskien met so 'n half skuldige trek op die gesig. Hulle hoef immers nie oor 'n paar uur terug te gaan C-Max toe nie.

http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/1998/08/1/

Bertus said...

Ek was betrokke by die WVK. Op die oog af was beide wraak en vergifnis op die spyskaart. Sommige mense het mekaar om die hals geval ten tyde van en na afloop van die verrigtinge. Ander het daarteen besluit.

Die advokate en prokureurs het by die verrigtinge wat ek bygewoon het, die tipe getuienis wat aangebied is tot 'n groot mate dikteer, soveel so in ons geval dat net die halwe waarheid soms uitgekom het.

En in daardie gallery was mense wat kom hoor het wat met hul geliefdes gebeur het. Ek dink nie daar was veel vergifnis nie, net 'n klomp tussenwerpsels na die afloop van elke stuk getuienis.

Hoe vergeef jy in elk geval iemand wat jou geliefde doodgemaak het? Of meer aktueel vir vandag, wanneer jou vrou verkrag word?

Dis nou 'n leerstelling van ons Christus waarmee ek sukkel, hoe vergeef jy so 'n persoon?

Mart said...

Bertus, dis hier waar ek met Gobodo-Madikizela saamstem omdat vergifnis 'n manier is om te "release". Sodra mens iemand anders werklik vergewe het, gaan die pyn ook stelselmatig weg... Mens word bevry van die spreekwoordelike swaar bal wat jy met jou saamsleep.

Groete
Mart