Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/24/2008

Wie sê Gallop is meer rasioneel?

Those Not-so-Rational Rationalists
Lees gerus bo genoemde blog.  Dit raak aan een van ons "Pet-gedagtes".

5 comments:

Henrietta said...

Hehehe - heel interessant! So "ongelowiges" is selektief "ongelowig, of iets ...is dit nie maar wat ons alreeds gesê het nie?

Sal later met meer aandag lees en kommentaar lewer.

Mart said...

Op die blog waarna Michael ons verwys:

"As reported in the WSJ, a 1980 study published in the Skeptical Inquirer showed “irreligious college students to be by far the most likely to embrace paranormal beliefs, while born-again Christian college students were the least likely.”

Those conclusions were confirmed in a recent Gallup survey that included questions like: Do dreams foretell the future? Can places be haunted? Is it possible to communicate with the dead? According to Gallup, “While 31% of people who never worship expressed strong belief in these things, only 8% of people who attend a house of worship more than once a week did.”

Is dit dan 'n logiese gevolgtrekking dat mense dus na die een of ander geestelike dimensie hunker?

Groete
Mart

Henrietta said...

Hallo Mart! ( Lekker gekuier in Durbs??) Jy sê: "Is dit dan 'n logiese gevolgtrekking dat mense dus na die een of ander geestelike dimensie hunker?"

Daar is baie navorsers wat dieselfde sê, en dit grond op die feit dat daar feitlik nie 'n mense-groep op aarde is wat nie (primitief of ontwikkeld) wat nie een of ander god/gode/wese of God aanbid nie.

Ek dink dit is Augustinus wat gesê het dat God die mens geskape het met 'n holte wat net deur Hom gevul kan word.

Mart said...

Hallo Henrietta

(Jip, dit was lekker in Durbs, dankie! Hulle jaarlikse Blues Festival is regtig iets wat mens nie wil mis nie.)

Dankie vir jou plasing oor die mens wat geskape is met 'n holte wat net deur Hom gevul kan word.

Kyk, of mens meer geneig is om rasioneel, of emosioneel van aard te wees, neem tog sekerlik nie die plek in van 'n soeke na geestelike sin nie?

Michael said...

Hallo Mart,

Oor jou laaste opmerking oor rasionaliteit. Vir my gaan die argument maar eenvoudig daaroor dat Christelike geloof baie goed inpas by rasionaliteit. Daar is nie veel wat die Christen dryf tot irrasionele oortuigings nie.

In teenstelling daarmee is ongelowiges blykbaar ongegrond. So as ons Henrietta se aanhaling in trek dan moet ons aflei dat as Christus jou hart gevul het dan is jy nie net emosioneel vervuld, maar ook rasioneel vervuld.

Groete,
Michael