Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/06/2008

Weer die Higgs-goggie....

Gister was daar nogal 'n langerige insetsel daaroor, oor RSG tussen 1 en twee, en in vandag se Beeld, op p. 12, 'n paar heerlike insetsels, in "user-friendly" formaat, met pragtige kleurfoto's en selfs 'n kaart van waar in Frankryk een van die kleiner eksperimente gaan wees daarby, ook oor die Higgs boson, die groot Hadron-versneller, die 27 kilometer dipool-magneetpyp in Switserland waarin die versnelling gaan plaasvind.

D-dag vir die hoofeksperiment? Eerskomende Woensdag 10 September 2008. Ek kan nie 'n skakel hier gee nie : Om een of ander rede is die Beeld-artikel(s) nie op die internet beskikbaar nie - so gryp daai Beeld, voordat dit gebruik word om die braaivleisvuur aan die brand te kry en lees en geniet! En SA-kaners - wees trots : "ons mense" is ook deel van die span.

1 comment:

Yf said...

Dankie Henrietta. Die Higgs word kunsmatig geskep deur ander deeltjies met mekaar te laat bots. Dit het 'n baie kort 'lewensduur' voordat dit weer "decay" to quarks. In die natuur behoor alle Higgs'e mos te 'verweer' het tot quarks? Skies vir die dom vragie, maar hoe kan iets wat so kortstondig bestaan het, enigsins 'n invloed op enigiets anders hê?