Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/11/2008

Wat speel ons kinders?



As ek van my jongdae se kinderspeletjies vertel, weet julle dadelik in watter ouderdomsgroep ek val …OK, ek sal ‘n clue gee: “ baby boomer”: – Goue dae van sonlig, sonder rekenaars en TV’s…

Vandag se kinders en selfs grootmense, is gek oor elektroniese speletjies (OK, ek bely, ek het ook al saamgespeel – maar op ‘n “ went there, done it all, got the T=shirt” basis).

Die ou wat “ The Sims “ ontwikkel het, het nou nuwe “Spore” gelaat: glo ‘n rekenaar speletjie wat kinders oor evolusie leer. Lees hier:

http://www.news24.com/Sake/IT_publikasie/0,,6-104_2390867,00.html

Waar trek mens die streep met rekenaar speletjies? Of is ek sommer oudtyds?

2 comments:

Mart said...

Henrietta,

Jy het 'n punt beet. Alhoewel hierdie soort van speletjies vryelik beskikbaar is, behoort ouers waarskynlik seker te maak van wat die moontlike langtermyn effek daarvan op hul kinders kan hê.

Kinders wil en behoort meer in die buitelug te wees. As hul pa's en ma's dit kan bekostig, kan naweek uitstappies in die natuur 'n ongelooflike positiewe ervaring vir hul kinders wees.

Rekenaarspeletjies behoort beperkte vryetydsbesteding te wees.

Groete
Mart

Michael said...

Die tyd toe ek op varsity en kort daarna nog baie games gespeel het het ek ook persoonlik oor hierdie vraag gewonder. Die feit is dat die inhoud van 'n moderne rekenaar speletjie dieselfde oorweeg moet word as enige propaganda wat jy van enige media af in jou huis en jou gedagtes toelaat.

Persoonlik stel ek my kinders bloot aan dit wat hulle nou kan verwerk en kan onderskei wat is reg en verkeerd. Dit beteken dat hulle flieks sien met inhoud wat verkeerd is en skadelik vir die samelewing is, maar hulle kan dit onderskei en ek help hulle so ver ek kan. Met speletjies is daar 'n definitiewe besluit om deel te neem aan iets en daar sou ek graag wou sien dat my kinders sal kan onderskei wat hulle waardes werklik is en uiting daaraan gee. Maak nie saak of hulle "Cowboy" of "Crook" is nie. Van die speletjie laat nie plek vir hierdie goeie karakter nie en hulle vermy ek en my kinders sal ook weet hoekom ek dit vermy en verkies dat hulle dit moet vermy. Bo alles moet hulle weet hoe om vry en skoon te kom van die boosheid van blootstelling wat hulle buitendien gaan hê.

Dit is ook vir my belangrik om my kinders te help om fiksie van werklikheid te laat onderskei.

Ek sal in die toekoms maar weer laat weet van my pyne in hierdie verband, want ek weet dit gaan nie maklik bly nie.

Groete,
Michael