Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/09/2008

SETI

Skynbaar het SETI (Search for Extra Terrestial Intelligence) by almal verby gegaan, maar ek wou dit tog net onder julle aandag bring. Dit kan tog betekenis in jou lewe hê

SETI Finally Finds Something
"SETI@home is a distributed processing client from UC Berkeley that installs on the volunteers' home computers and harnesses their processing power in the search for extraterrestrial intelligence. So far nothing noteworthy has comeout of this massive project... that is until today! One of the volunteers was able to track down his wife's stolen laptop using the IP address that SETI@home client reports back to the server. After getting back the laptop his wife said, 'I always knew that a geek would make a great husband.'"
http://science.slashdot.org/article.pl?sid=07/02/21/2326240&from=rss

Of dit nou regtig intelligente lewe was, sou ek nie kon sê nie!

10 comments:

Michael said...

Hallo Yf,

Ek het nogal baie oor die SETI gelees en uitgevind toe ek so twee jaar terug op 'n "attie discussion forum" 'n debat gehad het oor die oorsprong van DNA.

Die argument word eintlik deur die IO beweging ook gebruik. Dit is in sy eenvoudigste form as volg: "Dieselfde metode wat ETI kan opspoor kan net sowel gebruik word om enige vorm van ontwerp in die heelal op te spoor". Jou voorbeeld van die gebruik van SETI tegnologie doen presies dit.

Dit is uiters interessant om die SETI se metodes op te weeg aan die hand van Inligtingswetenskap. Dit gee praktiese insig oor die vraag: "Wat is inligting en wat is nie inligting nie?"

Ek het dit baie snaaks en met tye frustreerend gevind om met atties te praat wat so dubbel-hartig is soos om te sê dat hulle seker is die SETI kan/sal sukses beryk, maar dan blindelings weier om te erken dat die DNA 'n intelligente oorsprong moet hê, aan die hand van presies dieselfde beginsels as die SETI.

Dit sou meer sin gemaak het om in pan-spermia (Aliens het lewe na die aarde gebring) te glo, om hulle standpunt te probeer verdedig.

Groete,
Michael

Yf said...

Hallo Michael,
Ek het die beriggie amusant gevind. Dis nou a +/- 90 - 100 jaar sedert radio-uitsendings "sterk" genoeg geraak het om in die ruimte te versprei. M.a.w. daar is 'n "bubble" om die aarde van so 180 ligjare groot. Enigiets met 'n ontvanger (wat seker intelligent is anders sal dit nie 'n ontvanger kan bou nie) behoort ons EM seine op te kan vang. Sal hulle weet dis van iets anders as natuurlike oorsprong? Gegenereer deur intelligente lewe? (As ek aan sekere radio en tv programme dink dan wonder ek oor daai een.) Sekerlik, as jy wil hê ander intelligensies moet van jou bestaan bewus wees, gaan jy op die mees logiese golflengtes uitsaai. Daai golflengtes is al almal ondersoek. Niks. Dit mag natuurlik wees dat jy dit nie noodwendig wil hê nie en dan kan jy op enige golflengte uitsaai, waarvan daar nogal 'n paar is. Tot dusver niks wat vir ons lyk of dit van intelligente oorsprong kan wees nie. Daar is al 'n hele paar boodskappe gestuur. http://en.wikipedia.org/wiki/Arecibo_message

Het jy al gewonder oor die sielkundige aspekte? Waarom is daar tog so 'n hunkering by sommiges na kontak met Diep Ruimtelike Wesens? Is daar 'n leegheid binne hulle wat hulle wil opvul? Wil hulle hê iets meer superiiurs moet 'ons hande vashou'? Voel hulle dan alleen? Gelukkig die van ons wat nie so 'n hunkering het nie en klaar die antwoorde op die vrae het.As daar iets meer superieurs as ons is (in watter opsig ookal) wie sê hulle gaan in ons belangstel? Ek meen, hoeveel belangstelling toon die gemiddelde mens in bakterië?

Behoede die heelal as dit bevind word dat die mens met al sy verwronge karaktertrekke die mees intelligente lewe is. Dan sien ek swaarigheid vir enige ander lewe! Hier is 'n versie, totaal uit verband geruk, wat bevestig dat daar wel iewers anders nog lewe is: Joh. 10:10: Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. Nie dat enige ongelowige ooit die BYBEL sal gebruik om sy standpunt ten gunste van lewe te regverdig nie - dit sal 'n kontradiksie wees!
Vrede daar

Henrietta said...

Hier is 'n artikel in Beeld: http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1583704,00.html

Michael said...

Hallo Yf,

Ek het nou net dievolgende op die Uncommon Descent Blog gekry. Dit handel presies oor wat ons hierbo bespreek het.

http://www.uncommondescent.com/intelligent-design/are-we-alone-identifying-intelligence-with-seti/#more-3601

Ek hoop jy geniet dit so baie soos ek.

Groete,
Michael

Yf said...

Dankie vir die koppel, Michael. Skryf jy ooit op die blog? Betreffende die negatiewe filter waarvan hy praat - veronderstel jy gaan op 'n sein afkom wat 'anders' is as enigiets voorafgaande - jy gaan nog steeds nie weet of dit van natuurlike of intelligente oorsprong is nie. Oor die "long exposure time" waarvan hy praat, sou hulle nie wat hulle al reeds het teen hoë spoed kon terugspeel om sodoende die probleem te oorkom nie. Sekerlik het hulle al daaraan gedink so ek wonder hoekom doen hulle dit nie? Die Drake vergelyking is ook 'n filter - 'n negatiewe een - want dit is ontwerp om baie moontlikhede uit te sluit. Dan moet mens jouself natuurlik ook afvra, wat sou die sin daarvan wees om met 'n intelligensie te kommunikeer wat bv. in'n H2S omgewing bestaan Ons gaan niks in gemeen hê nie, so waaroor sou ons kon praat? Ek bedoel, veronderstel daar sou lewe in die Kuyper beld of Oort wolk wees, dis so anders as ons s'n waaroor sou ons tog kon praat?

Vrede daar

Michael said...

Hallo Yf,

Net 'n vinnige een oor die H2S lewe. Ek sal gaan soek, maar ek het dit dat dit op hierdie stadium baie seker is dat daar nie enige vorm van lewe buite die koolstof gebasseerde lewe is wat ons ken nie. Die argument is eenvoudig dat daar nie 'n ander kandidaat vir DNA bestaan as koolstof molekules nie. Daar is nie ander molekules bekend, selfs nie hipotesies beskikbaar nie, wat inligting kan stoor soos wat dit die bousteen van lewe is soos ons dit definieer.

In hierdie verband is daar die definisie van lewe wat Hubert Yockey juis gemaak het. Dit bepaal dat die teenwoordigheid van inligting lewe definieer.

Ek mag verkeerd wees, maar ek sal probeer bevestig dat net koolstof molekules kan inligting stoor soos in lewe vervat. Maar dit beteken nie dat ek God sal voorskryf oor hoe Hy lewe wil maak nie. Tog word die skeptiesisme oor ander lewe as koolstof lewe gebasseer op die beginsel van eenvormigheid van die natuur.

Groete,
Michael

Michael said...

Hier is Yockey se definisie:

Dr. Yockey is the first scientist to define the distinction between living and non-living matter, which he does as follows:

“The existence of the genome and the genetic code divides living organisms from non-living matter. There is nothing in the non-living physico-chemical world that remotely resembles the reactions that are determined by a sequence (i.e., the genome) and codes between sequences (i.e., the genetic code) that occur in living matter.”

Yf said...

Michael,

Die Waterstofsulfied voorbeeld was tong in die kies - dis daai bekende vroteier reuk - ek glo nie ons sal enigiets met wesens te doen wil hê wat in so 'n atmosfeer leef nie! Ek verbeel my ek het al iewers gelees - lank gelede - dat NH4 (amoniak)'n alternatief vir koolstof sou kon wees, alhoewel 'n baie swakker 2de keuse. Ek mag verkeerd wees maar daai reuk is nog erger as die 'stinkbommetjie' een. So, ons bly liewer by Koolstof

Yf said...

Hallo Michael,
'n beriggie het nou net via e-pos, my rekenaar bereik. Dit gaan oor 'n planeet wat gefotograveer is. hier is die koppel.http://www.gemini.edu/sunstarplanet
Vrede daar

Michael said...

Dankie Yf, ek het gehoor van die foto op een van my "news feeds" maar nog nie die foto gesien nie.

Dit is asemrowend!!! Het jy gesien wat hulle alles moes gedoen het om die foto mee saam te stel. Dit is verseker nie 'n maklike ding wat hulle beryk het nie.

Mag ons Vader nog baie van sy wonders vir ons wys!