Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/16/2008

“ Self-fulfilling prophecies” ….

Jarre gelede, in Sielkunde I, al van hierdie verskynsel gehoor, en vanoggend oor die ses-uur oordenking, weer aan Job se woorde (Job 3:25) in die Bybel herinner: “ As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my… “ Kan julle aan ander idees dink wat so na die Bybel toe teruggevoer kan word?

1 comment:

Michael said...

Hallo Henrietta,

Ek wonder maar net oor die konteks van die woorde van Job. As dit losgemaak word van sy eie ervarings sodat dit universeel toegepas kan word dan maak dit nie meer sin nie.

Was dit nie net 'n subjektiewe uiting van Job se ervaring van die swaar kry wat reeds oor hom was nie?

Ek sal nog verder moet soek voor ek seker kan wees wat die Woord oor "“ Self-fulfilling prophecies” …." te se het.

Groete,
Michael