Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/04/2008

Sarah Palin!!

Sarah Palin is die Republikeinse Party in die VSA se visepresidentskandidaat. Ek volg die 'debakel' nou al sedert haar bekendstelling, en veral na haar toespraak op die Republikeine se konvensie.

Sy is 'n uitgesproke Christen wat onder andere teen aborsie is, en ook 'n voorstander is van die onderwys van kreasionisme langs evolusie.

Sy het 5 kinders, kom van 'n klein dorpie in die VSA, en is boonop baie mooi. Sy is ook die eerste Republikeinse vroulike visepresidentskandidaat. Sy is 44 jaar oud.

Ek is opgewonde oor haar, veral as sy dalk verkies word as visepresident, om dalk net 4 jaar later die eerste vroulike president van die VSA te kan word. Die moontlike reperkussies in so 'n scenario is op verskeie vlakke boeiend, nie net vir vrouens ie, maar ook vir die Christendom.

Wat dink julle? Moet politieke leiers hul geloof op hul moue dra, of moet dit 'n streng privaat aangeleentheid wees in wat veronderstel is om 'n sekulere staat te wees. Ek weet dat veral ateiste op die oomblik baie opgewonde is oor die politikus David Milliband in die VK wat dalk premier daar kan word, hy is klaarblyklik 'n ateis. (sal seker nie die eerste wees nie, Disraeli was mos ook ene?)

Verkies ons gelowige politieke leiers of nie?

5 comments:

elma said...

Ek persoonlik dink dis 'n baie goeie ding as politieke leiers hulle geloof op hulle moue dra.

As uitgesproke Christen is Sarah Palin teen gay huwelike, aborsies en evolusie.

Die Bybelse opvattings sal dan meer sigbaar wees vir die populasie wat nie Christene is nie,aangesien hulle nie noodwendig na geestelike leiers luister nie.

In die VSA is daar huidiglik 'n groot veldtog aan die gang teen die evolusie - teorie en wanneer iemand soos Sarah Palin meer prominent word,kan onderwys in kreasionisme weer die voorrang geniet.

Groete
Elma

Bertus said...

Hi Elma, ja, maar hoe sal ons voel as 'n ateis president in die openbaar gunstige uitsprake oor byvoorbeeld 'n fundamentalistiese benadering tot Darwin uitspreek?

In 'n oorweldigend Christelike land soos die VSA (in poll's in elk geval)kan Palin wegkom daarmee, maar in ander lande?

Vir my is dit egter belangrik om te weet dat my gekose leier wel my geloofswereldbeskouimg deel.

Op 'n meer persoonlike noot, Palin kan 'n wonderlike rolmodel wees vir veral jong meisies, vandat ek self 'n jong dogtertjie het, let ek nogal op na vrouekwessies en veronderstelde 'glass ceilings' vir hulle. Wil darem nie hê my prinsessie moet teen gediskrimineer word op grond van haar geslag nie!

Michael said...

Hallo julle,

Ek het net 'n vinnig opmerking. Het ook die naweek van Palin gehoor. Dit is vir my meer 'n saak van God se ingrype in haar geval en ook in die poteniele attie as die VK leier.

Soos jy tereg erken het iemand soos Disraeli was ook 'n attie.

Die probleem met 'n staat wat voorgee dat sekuler beteken geen godsdiens in die staat nie, is baie eenvoudig. Hulle skep dan net 'n nuwe godsdiens. Daarom dink ek dat geestelike oortuigings kan net in harmonie wees as dit openlik beoefen kan word en op so 'n wyse demokrasië openlik beinvloed.

'n Voorbeeld van 'n gemors is ons eie vorige minister van onderwys wat 'n nuwe godsdiens probeer skep het en dit as die alternatief teenoor die ander godsdienste te plaas. Dit is belaglik wat hy wou doen. Ek kan nie nou daarop ingaan nie, maar dit kom neer dat hy "Verdraagsaamheid" 'n alleenstaande en nuwe transendentale oortuiging probeer maak het en dit onder die kinders probeer propageer het. Die regte manier is om elke kind te leer, uit sy eie godsdiens wat die begrip "verdraagsaamheid" beteken.

Groete,
Michael

Michael said...

Ek moet net sê ek het gister eers Palin se toespraak gesien. Dit was vir my so lekker!!! Ongelooflik, vermaaklik as buitestander, maar veral omdat dit 'n vars en noodsaaklike substans bevat het.

Daar was gereeld lekker lag, van lekker kry in my wese terwyl ek gekyk het.

Van daar het ek toe 'n bietjie moeite gedoen om te kyk waar die Republikeine nou staan. Ek dink die wat gewonder het het nou 'n plek gekry om te stem.

In my siening is daar 'n gesamentlike stem van Ou Amerika, maar die swaai kan kom van die Roomskatolieke Suid-Amerikaanse immigrante. Dit is 'n wille raaiskoot...

Hierdie toesprake het my laat besef:
"Economy is build on Culture" as die VSA hulle kultuur verloor is daar geen sekerheid of hulle enigsins hulle ekonomie sal kan red nie. Maar dan bly die vraag: "Sal die VSA hulle kultuur kan red?" Persoonlik glo ek dit kan en gaan gebeur.

Groete,
Michael

Mart said...

List of Presidential religious affiliations (by religion)

Baptist:

Warren Harding
Harry Truman
Jimmy Carter (Southern Baptist) (after serving as president, Carter broke with the SBC over its stand on the submission of women)
Bill Clinton (Southern Baptist)

Roman Catholic:

John F. Kennedy

Congregationalist:

Calvin Coolidge

Disciples of Christ:

James Garfield
Lyndon Johnson
Ronald Reagan

Dutch Reformed:

Martin Van Buren
Theodore Roosevelt

Episcopalian:

George Washington
Thomas Jefferson (sympathetic to Unitarianism and Deism)
James Madison [also Deist]
James Monroe [possibly Deist]
William Henry Harrison
John Tyler
Zachary Taylor
Franklin Pierce
Chester A. Arthur
Franklin D. Roosevelt
Gerald Ford
George H. W. Bush

Methodist:

James Polk (originally Presbyterian)
Ulysses Grant (allegedly; his theology is unknown)
William McKinley
George W. Bush (originally Episcopalian)

Presbyterian:

Andrew Jackson
James Polk (later Methodist)
James Buchanan
Grover Cleveland
Benjamin Harrison
Woodrow Wilson
Dwight D. Eisenhower

Quaker:

Herbert Hoover
Richard Nixon

No denominational affiliation:

Abraham Lincoln
Andrew Johnson
Ulysses Grant
Rutherford Hayes

Deist:

Thomas Jefferson (sympathetic to Unitarianism; nominally Episcopalian)
James Madison (nominally Episcopalian)
James Monroe (disputed)
Abraham Lincoln (disputed)

Unitarian:

John Adams
John Quincy Adams
Millard Fillmore
William Howard Taft

Disputed:

James Monroe
Martin Van Buren
Zachary Taylor
Abraham Lincoln
Ulysses Grant