Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/12/2008

Ons vir jou...

Ek het gister aand die voorreg gehad om die nuwe Afrikaner musiek blyspel te gaan kyk. ONS VIR JOU... Dit was vir my heerlik vermaaklik en alles was so mooi gebalanseerd. Die patriotisme, republikeinse ideaal, Boer & Brit verhouding, geloof in God... Alles het net mooi gepas om die graad van vermaaklikheid tot bo gemiddeld te stoot.

Dit is lekker om 'n Afrikaner te wees!

7 comments:

Mart said...

Hi Michael,
Ons gaan dit Sondagmiddag kyk. Ons kan nie wag nie!

Groete
Mart

Mart said...

Verlede Sondagaand op Carte Blanche, sien ek dat sommige mense ontstoke is oor hierdie show.

Daar is mense wat sê dat dit politieke opsweping kan veroorsaak.

Is dit so, Michael?

Michael said...

Volk en politiek gaan saam, maar soos ek gesê het, alles in hierdie blyspel is geballanseerd. Dit probeer 'n prentjie van die Afrikaner in die oorlog skep, niks meer nie.

Die feit van die saak is dat die Afrikaner unieke uiting gee aan sy politieke en / of vryheidsaspirasies en die mense wat saam met ons hierdie land deel, weet nie hoe om daarmee te deel nie... dit maak hulle bang. Al wat dit beteken is dat ons die diep gesetelde Afrikaner menslikheidskarakter moet aanwend om hierdie vrees te tem.

Die blyspel is gebalanseerd... soos 'n goeie simfonie, is al wat ek daaroor kan sê.

Jy moet dit baie geniet Mart. Ek sal jou ervaring daaroor ook wil hoor.

Groete,
Michael

Michael said...

Ek wou nog oor my vorige gedagte sê. Verbeeldinglose mense voel maklik bedryg deur verbeeldingryke mense... Dit is hoe ek die Afrikaner se verhouding met ander mense groepe sien.

Mart said...

:)) Dankie, Michael. Ek sal laat weet hoe ek die show beleef het.

Mart

Mart said...

In verband met Carte Blanche se insetsel oor Ons Vir Jou:

http://www.mnet.co.za/Mnet/Shows/carteblanche/story.asp?Id=3570

"...As personal assistant to former president Nelson Mandela, Zelda le Grange moves among decision makers from all political spheres. In a highly unusual step, she's now decided to speak out against the marketing of Ons Vir Jou.

Zelda le Grange: "From the position I hold I see things happening that I feel I need to caution people about."

Derek: "So you see it as much more than just a historical play?"

Zelda: The way in which they have marketed the play thus far, I see it as that they are provoking and agitating people. We are still in South Africa in a very volatile situation...."

Zelda la Grange praat twak in hierdie Carte Blanche onderhoud. Deon Opperman weet wat hy doen. (Kyk maar net na "Kruispad" op Saterdagaande op KykNet!)
Opperman gee met Ons vir Jou 'n blik op Afrikaner geskiedenis. Dis beslis nie vir Zelda om negatiewe kommentaar te lewer daarop nie. Dis tog haar geskiedenis ook?

Wonder wat sal Madiba sê van haar kommentaar...

Mart said...

Ek kom nounet terug van die Staatsteater af waar ek "Ons vir Jou" gesien het.

Dit was regtig skitterend. Die natuurlike vermenging van dialoog en sang was verfrissend. Die akteurs sing regtig goed en die storielyn is logies opeenvolgend.

Dis 'n baie hartseer stuk van die Afrikaner se geskiedenis en dit is briljant aangebied. Geluk, Deon Opperman!

Die wat dit nog nie gaan kyk het nie, moet beslis plan maak! Bespreek sommer jou sitplek op Computicket se webwerf.

N.S. (Gelukkig het ek 'n tissue by my gehad ;))