Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/23/2008

Ons tieners van vandag - Goths, Emo's, Jocks....

Vandag se jongmense het vir hulleself kategorieë geskep waarin hulle hul identiteit-soeke uitleef. Die Goths dra swart. Net swart. Hulle hare is ook swart. Hulle luister na Heavy Metal. Hulle dra leerbandjies om hul polse. Hulle is kwaad. Hulle gaan na Zeppilin's toe in Pretoria se middestad. Hulle is "mean" en weet baie van Oosterse vegkuns, messe en swaarde. Hulle CD "covers" het grafiese sketse op met baie bloed en insekte. Die musiek waarna hulle luister het erg skokkende titels en die hele tema handel oor woede. Goth meisies hou van Goth seuns.

Die Emo's is nie kwaad nie. Hulle is depressief. Emo is afgelei van "emotional". Hulle pynig hulleself. Hulle haarstyle lyk almal dieselfde waar dit aan die een kant langer is as aan die ander kant. Hulle dra spesifieke ronde goedjies in hul ore, wat met tyd vergroot word totdat hulle groot gate in hul oorlobbe het. Hulle lyk oor die algemeen netjies en hulle huil oor die lewe. Hulle musiek is hartseer en depressie speel 'n groot rol.

Die Jocks is die sportiewe manne. Hulle gym en hulle dra klein hempies. Hulle is baie fiks, gespierd en gesond. Hulle het spesiale diëte, drink baie water en kan presies vir jou sê wat hulle bloeddruk is, asook wat hul polsslae per minuut is. Hulle bly getrou by drafsessies en roem op hulle bruingebrande bo-lywe wat ook met netjiese "six packs" vertoon. Hulle lees Men's Health. Hulle gee daagliks aandag aan hulle algehele fisiese voorkoms en die (Jock)-girls hou sommer baie van hulle.

Dan is daar die boere tieners. Hulle luister na alternatiewe Afrikaanse musiek, groei baarde en dra kortbroeke en plakkies. Hulle hang uit by die Afrikaanse kunstefeeste en kamp in haglike omstandighede in tente. Verder lê hulle maar net rond op die feesterreine, of ander mense se grasperke. Hulle hou baie van braai's en drink brandewyn. "Gewone" meisies hou nie so baie van hulle nie, want hulle is boere-butch en dronk, maar hulle gee regtig nie om nie...

Dan is daar die "rockers". Hulle "head-bang" op harde rock musiek. Hulle skroom nie om na die 70's se Rock-musiek te luister nie. Inteendeel. Dis 'n statussimbool om jou pa se rock albums uit jou kop te ken. Hulle hare is lank en hulle kan almal kitaar speel. Verder behoort hulle self aan "rock-bands" waar hulle in iemand se "garage jam". Hulle reël graag "gigs" op joolplase, of privaat partytjies. Almal hou van hulle, want hulle is tot op die been "cool"...

Dan dames en here, is daar die "surfers" en "skaters"....

Dis baie interessant om die kategorieë waar te neem en om bietjie na te dink oor die redes waarom daar so baie "soorte" tieners is.

Groete
Mart

4 comments:

johnny said...

In my jong dae was ons maar vaal en eentonig. Ons het nie eens geweet hoe om te vry nie.

Ons was almal in dieselfde patroon gegiet, behalwe dat party slim was, ander weer dom. Party was sportief, veral rugby, netbal, en atletiek. Ander was weer ekspert vrugtestelers want destyds het almal 'n paar vrugtebome in die agterplaas gehad.

Die evolusionêre emosionele ontwikkeling van jongmense laat mens wonder waarheen dit alles lei?

johnny

Alet said...

Ek wonder of hierdie "klassifikasies" regtig emosionele ontwikkeling is en of dit nie emosionele agteruitgang is nie. Die rede waarom ek so sê is dat die oorsaak van al die fuss rondom aantrek en musiek eintlik so eenvoudig is: 'n soeke na identieit...so eenvoudig dat dit eintlik nie vooruitgang kan simboliseer nie.

Mens moet ook nie die money-making sfeer van hierdie groep-skema onderskat nie! Musiek- en klerevervaardigers is baie bewus van hierdie verskillende markte - hulle is tog so bly dat helfte van die tieners nie weet of hulle kom of gaan nie ;-).

En waar pas mens in as jy nie met enige van bogenoemde groepe kan identifiseer nie?

elma said...

Dit is baie selde dat jy deesdae tieners kry met hulle voete plat op die aarde.

Wat hulle nie steur aan spesifieke "labels" op klere en hulle nie steur aan die nuutste aandag - soekende streke nie.

Een rede daarvoor kan wees dat hulle spesifieke vrede en liefde gevind het in God en dus weet dat Hy jou liefhet net soos jy is en dat jy niks aan die samelewing hoef te bewys of na ander mense moet kyk om jou eie identiteit te bekom nie.

En as jy nie inpas in enige van die "in" groepe nie,moet jy bly wees, want die ander groepe sal eendag wonder wat jou so spesiaal gemaak het!

Mart said...

Die verskillende soorte kategorieë waarbinne tieners hulle identiteit soek (en vind), is duidelik baie divers. Dalk maak hierdie kultus-groepgevoel wat hulle hierdeur kry alles vir hulle makliker? Dalk is dit relatief onskadelik...