Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/27/2008

Magtelose toeskouer, of nie?



Koeldrank op die tafeltjie, pak skyfies op die skoot sit ek vasgenael voor die sirkus, die teater, die realiteits-TV par excellence wat hier voor ons oë afspeel -

Nee, dis nie Big Brother nie, dis nie Survivor nie - maar enige tyd net so vermaaklik: die pas afgelope weke se politieke drama-drama...

Dit raak my nie eintlik diep nie - ek kyk so "bolangs" want, dink ek, wat sal my ou stemmetjie tog saakmaak? Die verkiesingstelsel wat ons op die oomblik het, is 'n "winner-takes-all" model, so wat help dit dat ek op my hoedjie rondspring en "ra! ra!" skree?

Ek, "magtelose toeskouer" - ja of nee?

6 comments:

Liza-Nel said...

As ek so na die wêreld om my kyk is dit beslis 'n seisoen van politiek. Die winde van verandering is besig om vanuit alle rigtings te waai...neffens my oorkant die grens is Thabo skoon uit die kussings gelig.

Ek kry die man jammer. As 'n diktator val of 'n omstrede leier sy rieme in 'n verkiesing styfloop en die knie voor demokrasie moet buig klik ons die tong van tevredenheid, maar om te sien hoe 'n staatshoof in die beseringstyd van sy ampstermyn verjaag word is nie lekker nie...

In Israel moet die eerste minister mnr. Ehud Olmert, ook sy tassies pak. Dit laat ons koud want die man word ten minste van erenstige korrupsie beskuldig.

Enkele ure na Pakistan se nuwe president sy intreetoespraak in die parlement gee, blaas 'n selfmoordbomdraer 'n vragmotor vol plofstof by 'n hotel op. Tientalle onskuldiges boet met hul lewens.

Brittanje se Gordon Brown kry ook die wind kwaai van voor. As sy mense nie oor die tanende ekonomie mor nie word hy voor stok gekry oor die stygende misdaadsyfer in die Britse hoofstad.

En op eie bodem maal en kook dit netso onder die oppervlak...Daar's gerugte van dreigende skeurings in Swapo geledere en sprake om ons huidige president, Hifikepunye Pohamba voortydig uit die stoel te lig en dies meer...

So Henrietta paas aan daai pak "chips" en gaan haal nog koeldrank - al wat ons tans kan doen is om maar die "storm chasing" van voor die kassie te doen - dis die veiligste plek en ten minste kan jy nie onderstebo gewaai word nie...

Liza ;))

Henrietta said...

Ja Liza, jy gee bepaald 'n wye perspektief - dankie daarvoor. Die VSA se stories is natuurlik in 'n heel ander klas.

Jy sê jy kry Thabo jammer ... ek voel die hele proses, die hele manier, was "vuil" en maar net 'n herhaling van wat selfs onder die wit regering gebeur het, en daaroor voel ek jammer. Maar Mbeki het self al dubbelle standaarde gebruik om van mense ontslae te raak: die vorige adjunk-minister van gesondheid. Pikolo en Zuma self, om net 'n paar te noem. Maar aan die ander kant moes hy gedwing word om van Selebi ontslae te raak, en in enige regering sou Manto al lankal haar koffers en komberse moes pak...

So, ja, ek stem saam met jou: ek kan maar 'n taamlike groot voorraad skyfies, popcorn en coke byderhand hou - dinge gaan (wêreldwyd) nog baie interessant raak ;))))) (En steeds bly ek maar 'n magtelose toeskouer? )

Liza-Nel said...

Henrietta wat kan Jan Alleman nou eintlik aan al die politieke korrupsie en mannewales doen?

Plakaatswaai gaan nie help nie, briewe skryf gaan nie help nie en selfs die stembus, lyk dit my, kan ook nie meer help nie.

Ek voel deesdae om my eerder te berus in Christus se woorde in Matt.6:27 - "Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?".

Dus magteloos? - Nee! Want hy hou per slot van sake alles in Sy hand en dit wat besig is om te gebeur is slegs maar die voorspel tot baie groter dinge wat nog gáán gebeur...

Liza.

Henrietta said...

Spotprent in vandag se "Sondag" Hier: http://www.news24.com/Sondag/Home/

"Blaai" deur die koerant op die www - die spotprent is op p. 16.

Ek belowe, njannies, "cross my heart," ek en Findlay (spotprentekenaar) het NIE saamgespan of enigiets nie - dis bloot "great minds think alike" - of is dit nou "fools seldom differ"?

Henrietta said...

Liza, dankie dat jy my daaraan herinner: "HE holds the whole world in His hands".

Ek het ook gedink aan Romeine 13, waarin mens lees dat die owerhede hul gesag van God kry (wens net hulle wil ook lees, dat hulle die "kwaaddoeners moet straf"!).

Dan ook : die krag van gebed. Dit is my taak as gelowige om vir die owerhede te bid (1 Tim 2) SODAT ons 'n rustige en stil lewe kan lei (vers 2). En watter kragtige uitwerking het gebed, gemeng met hemelse wierook, nie: Openb 8!

Magteloos? Nee! (Psalm 18).

Mart said...

Net toe Henrietta sê om deesdae ons land se politieke TV-drama dop te hou, is beter as om na Survivor te kyk, teken Findlay dieselfde ding in 'n spotprent.

Ek's seker Findlay lees ook ons blog...

;))