Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/29/2008

KRUISPAAIE

Elke dag word ons voor keuses geplaas...maklikes, en dan die gemiddeldes wat nie te veel moeite neem om 'n besluit te maak nie...en dan die lewensverandering besluite... wat dryf ons tot watter besluit?

moet ek van werk verander...?
gaan dit uitwerk met my sielsgenoot - trou/nie trou...
immigreer...?

Als wat mens aanpak...kan tot groot voordeel/ of nadeel uitdraai...of miskien net neutraal bly en nie te veel verandering bring nie.

Ek sit nou al 'n rukkie en herkou aan die gedagte van kruispaaie in my eie lewe en net sommer in die algemeen en wonder net waarom ons egosentriese self die swaarste weeg wanneer ons besluite maak rondom onsself...veral wanneer daar geld betrokke is...

Die geraas is gewoonlik so oorverdowend dat mens nie altyd God se plan en keuse vir ons hoor nie, maar ons eie en dit dan afmaak as Syne en wanneer dit misluk... wel dan blameer ons Hom...

"I know that God wants us to prosper and not suffer, but so many times amnesia follows and I/we forget who to thank for it all."

Wanneer weet ons dit is God se antwoord en plan en hoe kan ek dit onderskei van eie "wants"...

9 comments:

Sharon said...

Dis nou 'n lekker draad. Ek worstel myself al 'n hele rukkie met presies dieselfde vrae. Soos julle weet is ons in Engeland en het dit werklik 'n gebedsaak gemaak voor die tyd. Ons bid altyd dat die Vader die regte deur sal oop en toe maak, nodeloos om te se die regte deure het toe oopgegaan het, op nommer 99 maar nietemin oop. Maar nou vir my dillema. As ons dan nou reg gehoor het - hoekom is dit so moeilik? Hoekom wil ons terug? Het ons verkeerd gehoor. Ek glo dat as mens is daar altyd deel van "ek" in elke besluit wat ons maak. Deure wat oop en toegaan is net deure. Ons moet steeds deur die deure stap of nie stap nie. Die Vader het nooit gesê dat 'n pad saam met Hom sal sonder dorings wees nie, wat HY wel gesê het is dat HY altyd by ons sal wees. In moeilike tye hou ek altyd vas aan: 2 KORINTIËRS 12:9
Sy antwoord was: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Mart said...

Rieta,
God gee vir ons die Heilige Gees om ons gedagtes te lei en ons die regte keuses te laat maak. Ek weet nie, maar ek dink jy moet net wag en Sy hulp aanhoudend vra. Ek is seker die antwoorde sal na jou toe kom...en jy sal weet dis God wat met jou praat.

Ja, ek weet dit klink baie maklik vir my om so te sê, maar dis genuine hoe dit in my lewe werk...

Groete
Mart

Liza-Nel said...

Rieta, dis 'n moeilike vraag waarop daar nie 'n 'ready made' antwoord is nie omrede elkeen uniek is in God se oë en Hy ons as sulks hanteer en antwoord.

Maar ek dink tog as jy leiding soek in moeilike situasies, is die eerste stap seker om te luister: om stil te word en jou hart oop te maak om sy stem te hóór - 'n soort van stille-luister gebed.

Hy praat ook met ons deur die Bybel, Sy Woord...so het ek al baie direkte antwoorde op vrae gekry tenspyte daarvan dat al hoe meer mense deesdae meen die Bybel nie meer relevant is vir ons moderne tyd nie.

Dan is daar ’n derde bron van raad wat vir my van groot waarde is: Dié van opregte medegelowiges. Wanneer jy dus met iets stoei, moeite gedoen het om die Gees se stem te hoor, die Woord as jou riglyn gebruik het en steeds wonder, kan jy gerus met ‘n betroubare medegelowige praat.

En les bes: Wees geduldig, soms sê God “Wag!“. En dis vir my persoonlik die heel moeilikste ding om te doen. Want ek wil gewoonlik NOU weet. Ek glo ook dit is op hierdie punt waar mens die maklikste tou opgooi en moedeloos raak - as God nie gou genoeg antwoord nie. Maar glo my Sy tydsberekening is volmaak en Hy weet presies wanneer om te antwoord!

Hoop ek kon so 'n bietjie help.

Liza

Michael said...

Hallo Rieta,

Ons almal sukkel met hierdie vraag en dit word dalk geantwoord in die eenvoud van die manier hoe ons na die lewe kyk. As ons na die lewe kyk en ons sien die werk van ons Vader in alles (goed en sleg) raak, dan word dit makliker om sy wil in al ons besluite te vind.

As ons na die lewe kyk en ons sien die werk van Satan raak dan sal dit stelselmatig moeiliker word om God drie-eenig raak te sien. Ons almal weet hoe dit voel en ons almal doen dit gereeld.

So die antwoord is eenvoudig. Vertrou God soos 'n kind dat Hy werklik alles ten goede laat saamwerk. Kyk na alles... die mooi en die seer en weet in die diepste van jou wese dat God dit nie sommer net laat gebeur nie... dit is ook volmaak. (Christus wat volkome in die pyn en seer van sonde ingetuimel is het dit volkome konteks binne God se plan gegee en so waarlik die sonde volkome oorwin.)

Elke keer as ek oor myself en my sonde kom en dit werklik net Christus is wat oorbly dan sien ek 'n antwoord. Miskien is dit deel van die krag van gebed. Daardie onderhorigheid aan God se gesag as ons tot Hom nader en met Hom praat.

Let wel ek sê "'n antwoord"... dit is verseker die regte een en sal "reg" uitgevoer word in 'n wêreld wat wag op Christus se wederkoms.

Vir my is die wonder van hierdie ervarings dat dit maar net volkome mens is en nie een of ander sinnelose smag na voodoo nie. Daar is meer as genoeg "wonder krag" in die alledaagse dinge en besluite.

Hoop my gedagtes het 'n bydra gemaak, ek het nou al 'n ruk aan hierdie gesprek van jou gedink.

Groete,
Michael

Bertus said...

Ek het twee jaar gelede 'n besluit geneem om elders my werk voort te sit. Nou skuif ek weer.

Die trek twee jaar terug lyk nou vir my na 'n groot fout. Ek het destyds gebid daaroor, maar ek bly onbeantwoord. Of hoor ek nie? Is daar nog 'n les hierin?

Tyd sal leer.

Mart said...

Ds Pieter Oosthuizen sê Sondag in sy preek:

"Ja, ons verstaan nie altyd Sy gedagtes nie en ook nie die rigting waarin ons lewe gaan nie, ons sal nooit alles begryp nie!

Tog kan ons bly wees, want Hy is God.
Hy lei en beskik en dis ons behoud!

So weet sy kinders
van sy rykdom in ‘n stal;
die wysheid aan die kruis;
die kennis van die goeie Herder.

Maak dit jou bly?
Kan jy sing daarvan?
En as ander na jou lewe kyk, sien hulle iets van die blydskap?

Dit laat Paulus bely: “uit Hom,deur Hom en tot Hom is alle dinge” (36)
en lei tot die dringende oproep in 12:1-3: “Gee julleself aan God."

God SAL jou lei...

Rieta said...

Bid..wag...bid...wag...bid...bid...bid

Dis moeilik, ek weet mens moet nie net als uitmekaar trek en te veel analiseer nie. God laat gewoonlik die antwoord voor ons. Ons in ons soeke na ons eie belange is net dalk te blind om dit te sien...

Ek, ons wil so graag he die antwoord moet JA wees...nie een wat se WAG, of Nog nie nou nie...of dalk net NEE...

Wat as die eerste gedagte dalk Nee was...en later wanneer als opgeweeg word, kom mens tot die konklusie dat Ja verseker die beter antwoord is...

Was dit dalk God wat met my gepraat het...my voorgevoel... of dalk net die Duiwel wat nie wil he ek moet kry wat ek graag wil he nie.

dit klink so selfsugtig as ek nou my vorige gedagtes/paragraaf lees...ek...ek...ek...;-)

Breathe...this too shall pass...

Miskien maak my ongeduld my hardhorend...

Bertus said...

Rieta, lyk my ek en jy is op dieselfde 'plek' op die oomblik.

Jy skryf aanvanklik oor God se 'plan en keuse vir ons'. Ek is ongelukkig nie aldag seker of God haarfyn ons lewens beplan nie, want vryewil beteken tog dat ons aan God se 'script' vir ons lewens kan verander.

'n Almagtige God kan sekerlik bonatuurlik inmeng in ons daaglikse handel en wandel, maar doen hy dit werklik? Dit is seker waar geloof inkom, en waarom ek steeds biddend bly.

(jammer as ek so negatief is, ek sit hier tussen bokse wat nog uitgepak moet word, aan die terugtrek Pretoria toe vandag)

Mart said...

Ek KEN die gevoel wat julle hier beskryf.

Bid, wag. Bid, wag.

Moet ek weer bid?
Bid ek verkeerd?
Bid ek selfsugtige goed?
Moet ek eers iets leer voordat my gebed verhoor word?
Is dit nie in my beste belang dat ek nou 'n antwoord kry nie?

So kan ek aangaan en aangaan...

Maar dan gebeur daar goed soos hierdie week...
Dan "omgort ek maar weer my lendene" en bid vir 'n slag 'n gebed van absolute, suiwer dankbaarheid:
"Dankie Here dat U my nie vergeet het nie! Dankie dat U my gebed gehoor en verhoor het!"

(En skaam my natuurlik nou vreeslik omdat ek vir 'n tyd liggelowig was!)

Mart