Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/16/2008

Jantjie, Jantjie met die groen baadjie


Dis die groen baadjie
Dis die geel jas
As jy hom eers aan het
Bly dit 'n groot las...

7 comments:

Liza-Nel said...

Mart,
Jy't dan gehoor hoe guur is die Kaapse weer deesdae - moes jy alweer gaan staan en branders maak het...?!!

September 16, 2008 6:54 PM

Mart said...

Liza,
Dis juis hoekom ons nie in die Kaap bly nie!
(Ons braai al vir weke in perfekte, windstil somers-aande...)

;))

Liza-Nel said...

Mart,
Ek wonder hoekom sal die Kaap dan nou sulke mislike weer hê? ;))

Mart said...

Daar is egter al bewys dat slegte weer 'n baie slegte invloed op mense se gemoedstoestand en algemene geestelike welsyn het.
(In Kanada bv. ly baie mense aan "cabin fever" omdat die weer daar so sleg is.)

Mense raak depressief en erg ongedurig wanneer dit aanhoudend reën, winderig en koud is.

Mens moet probeer begrip toon vir mense wat heeltyd aan swak weer blootgestel word. Dit vat aan die mense en dit wys.

Groete
Mart

Liza-Nel said...

O nou verstaan ek.

En dis waar wat jy sê oor die negatiewe invloede wat weersomstandighede op mense se geesteswelsyn kan hê... dit bevorder siekte en infeksies.
Ek lees die rede hiervoor is dat ‘n ongelukkige gemoedstoestand die vervaardiging van B-limfosiete deur die rugmurg verminder: ’n Verslae gees laat dus die gebeente uitdroog!

Hoe gril ek nou vir so 'n sak vol droë gebeendere.

Ek hoop maar die weer klaar gou op.

Mart said...

Hier is nie argeoloë op ons blog nie.
Droeë gebeendere (gekombineerd met paranoïde- en jaloerse gedrag) is erg vervelig...

Mag die weer spoedig verbeter.

Liza-Nel said...

Nee, maar mens kan alyd beenmeel laat maal - uitstekend as organiese bemesting vir plante.
:))