Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/03/2008

Hoë Energie Wetenskaplike Eksperimente... en ons geloof gesprek

Henrietta het 'n interessante verwysing na die grootste en nuutste partikel versneller in die wêreld. Dit is asemrowende nuus vir ons as soekende siele! Dink net... God het ons die vermoeë gegee om na die kleinste klein sub-atomiese dingetjies te "kyk" en die coolste goed met hulle aan te vang.

Ek volg dit nog net op 'n afstand, maar my eerste gewaarwording daarvan was toe die "Cool Surfer Dude Super Fisikus" 'n ongelooflike nuwe teorie van alles (Theory of everything) gemaak het. Sy teorie voorspel die bestaan van nog 7 of wat ook al, sub-atomiese partikels wat nog nie ontdek is nie. Hierdie ongelooflike kragtige versneller in Switserland sal baie moontlik kan bevestig of sy teorie waar is of nie.

As julle gedink het dit is cool om te kan vlieg, dan moet julle probeer dink wat dit sal beteken as ons die boustene van die fisiese wêreld op kwantum vlak kan manipuleer!!! 'n Ongelooflike voorreg en verantwoordelikheid as skepsels van die God wat die fisiese en geestelike wêreld geskep het en onderhou.

Daar is glo een van die eksperimente wat 'n "Black hole" volledig kan veroorsaak. Die vraag is net of dit klein genoeg is dat dit so geïsoleerd is dat dit nie dalk begin om ons ook in te sluk nie. Skrikwekkend... Dink net... "Hans, wood dyou please start the.....nothing.....no Hans....gone, gevang in die "black hole"

Die retoriese punte wat die sekulêres gekry het deur te verwys dat daar "religious groups" is wat teen iets van CERN se speelding geprotesteer het, is verseker 'n onderwerp om te bespreek, maar ons kan sommer praat oor julle gedagtes aan ons verantwoordelikheid as "SOEKENDE SIELE" wat die fisiese wêreld volkome wil ervaar... Wat dink julle?

7 comments:

Liza-Nel said...

Michael ek wil vreeslik graag saampraat MAAR wie is hierdie "Cool Surfer Dude Super Fisikus" ou en sy "sub-atomiese partikels" oftewel kragtige versneller waarvan julle so praat?

Ek leer graag by jou...:-))))

'n Erg konfoesde,
Liza

Henrietta said...

Hi, Liza! Google "Higgs boson" of volg die link wat ek gegee het op Bertus se Darwin draad.

Henrietta said...

Hier is hy weer, van Bertus se plasing af: http://af.wikipedia.org/wiki/Groot_Hadron-versneller

Michael said...

Hallo Liza,

Ek het kwantum meganika ook maar onlangs ontdek, so 'n jaar of wat terug. Op universiteit het dit nie enige interessante aantrekking vir myh gehad nie. Ek het 'n boek begin lees oor Murry Gell-Man, 'n baanbreker op die gebied. Ek het amper niks verstaan nie, maar ek het dit baie geniet om te lees van die ou se ontdekkings tog in die sub-atomiese wêreld.

Lees gerus in die Wikipedia, maar die beste sal wees om 'n onderwerp te kies en daarop in te gaan. Daar is werklik baie om te ontdek.

Ek het ook wonderlike goed ontdek soos die Kwantum Zeno effek, die kwantum veld teorie en meer. Alles leer ons meer verstaan van ons wêreld.

'n Maklike indeling is, Super klein goed (so groot soos Plank se getal) gedra hulle volgens die wette van kwantum meganika. Gewone goed soos ons aarde en die dinge wat hier gebeur, gedra hulle in hoofsaak volgens Newton se wette. Super groot goed soos die heelal, sterre stelsels ens., gedra hulle volgens Einstein se relatiwiteitsteorie.

O... Hier is 'n link na die "Surfer dude"
http://www.telegraph.co.uk/earth/main.jhtml?xml=/earth/2007/11/14/scisurf114.xml

Hoop dit help so 'n bietjie.

Dit laat my sommer dink aan die lied:
Refrain:
All things bright and beautiful,
All creatures great and small,
All things wise and wonderful,
The Lord God made them all.

Each little flower that opens,
Each little bird that sings,
He made their glowing colours,
He made their tiny wings.

Refrain

The purple-headed mountain,
The river running by,
The sunset and the morning,
That brightens up the sky;

Refrain

The cold wind in the winter,
The pleasant summer sun,
The ripe fruits in the garden,
He made them every one;

Refrain

The tall trees in the greenwood,
The meadows for our play,
The rushes by the water,
To gather every day;

Refrain

He gave us eyes to see them,
And lips that we might tell
How great is God Almighty,
Who has made all things well.

Liza-Nel said...

Dankie julle ek sal beslis gaan oplees,

Liza

Bertus said...

Michael, ek het die eerste keer regtig in diepte kennis geneem van die 'mikro-Kosmos' toe ek Gideon Joubert se boek oor die 'Goot Gedagte' gelees het. Ek het toe besef dat ontdekkings en vooruitgang dalk eerder in die afsienbare toekoms binne hierdie mikro kosmos sal plaasvind, eerder dan dat marsmanne gaan reageer op SETI of iets dergeliks.

DIs eintlik verstommend hoe die kwantumfisika onder andere Newton se wette op 'n sekere vlak omvergewerop het.

Yf said...

Hallo julle.
Daar was ook onlangs 'n artikel in die National Geographic oor die versneller en die Higgs. Kyk gerus ook daar.

"Black holes" of 'swart gate' is eintlik 'n misleidende term. Dis eerder 'n gravitasiekolk. Daar is verskillende tipes. Daar word gepostuleer dat in die vroeë heelal daar baie an hulle was, dis nou an die mikro of kleiter grootte (gie...gie...gie) soort. Hierdie kleinter tipe het almal 'verdamp'(evaporate) As daar 'n gravitasiekolk in die versneller 'geskep' kan word, sal dit van hierdie tipe wees.

Wat vir my indrukwekkend is, is die feit dat hierdie plasma wat in die versneller gebruik word, nie in fisiese pype of wat ookal vloei nie (dis te warm daarvoor) maar op of binne magneetveld 'pype' vloei.