Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/19/2008

Groter prentjie?

Moet ‘n mens in hierdie hele Zuma-Mbeki-gewoel en geweldadige reaksie van Zuma se partygenote, nie ‘n groter prent sien nie? Ek was aan ‘n (swart) Onderwyskollege verbonde in die oorverhitte “liberation-before-education”- tyd . Soveel van wat ek nou sien, herinner aan daardie tyd. In Natal het die meeste skole onlangs gesluit tydens die hofsaak in Durban. Ek het iewers gehoor die spreuk is nou “transformation-before-education”….

My vraag is nou “transformation into what?” Sosialisme? Kommunisme? Gesels nou die dag sommer met ‘n petroljoggie terwyl die rande in die tenk afloop – weet hy te vertel dat hulle “the Cuba-model” hier gaan invoer – een van die eerste dinge is “free education on tertiary level” Uit die mond van die petroljoggie… !

‘n Ander (swart) kollega van my het ‘n paar jaar gelede toe ons indringend gepraat het oor die impak van die “social grants” op onderwys, swanger jong meisies wat nie verder wil gaan studeer nie en MIV/VIGS, sê hy uiteindelik vir my: “They want to create a mass of uneducated people who do not ask questions and who are dependent on the government for almost every thing – they are just interested in their votes”.

Scary, as mens mooi daaroor dink, en ruik verskriklik baie na goeters daar uit die Oostelike dele van die wêreld…

5 comments:

Mart said...

Dis baie interessant, Henrietta.
Jy sê "...Ek was aan ‘n (swart) Onderwyskollege verbonde in die oorverhitte “liberation-before-education”- tyd . Soveel van wat ek nou sien, herinner aan daardie tyd..."

Vertel ons meer hiervan?

Groete
Mart

Ag Nostus said...

Henrietta,

Ek dink meeste van ons vrese oor die land se toekoms is maar lekker irrasioneel. Jy vertel byvoorbeeld van 'n petroljoggie wat beduie dat "hulle" gratis onderwys op tersiêre vlak wil instel, maar jou swart kollega beweer "hulle" wil 'n uneducated massa skep?

Korrupte politici en 'n onbevoegde amptenary sal, soos die armes, altyd met ons wees, en is nie noodwendig 'n teken dat die einde naby is nie!

Misdaad wat spruit uit rassehaat en ekonomiese ongelykhede kan wel ons einde beteken. En tog is ons blind vir ons eie aandeel in beide bogenoemde. Ons hou die rassevooroordeel in ons eie harte lewendig deur gedurig vir mekaar te vertel hoe hopeloos en korrup die swart regering en swart amptenary is, sonder enige begrip daarvoor dat dit nie hulle swartgeit is wat die probleem is nie. En ons beskou Cosatu (Zuma se mense) en enigiets anders wat na sosialisme ruik as uit die bose, sonder om raak te sien dat dit nodig is om ons huidige kapitalistiese bestel te temper as ons werklik 'n verskil aan armoede wil maak.

Ek dink ons relatiewe ryk witmense is 'n groter deel van die probleem as wat ons bereid is om aan onsself te erken.

Groetnis
Johan.

Henrietta said...

Mart, dit sal dae lank neem om van alles te vertel: hoe 'n mens voel as jy toegesluit is in jou kantoor op die tweede verdieping en vierduisend studente dreun-sing met gepaardgaande voetstampery " Kill the boer, kill the farmer!" dat die vensters in hulle kosyne tril, hoe jy voel as die (wit) vise-rektor met ‘n bleek gesig in jou kantoor kom sit en vertel van doodsdreigemente teen hom en die (swart) rektor en die volgende dag hoor jy: die rektor is doodgeskiet....

Aan die ander kant, hoe simpatieke swart studente ons waarsku, hoe ons in konvooie werk toe ry, ons karre agterste-voor parkeer in wat ons grappenderwys die “ get-away fast position” genoem het – van studente wat jou terugsleep na jou kantoor toe as jy wil gaan doseer “ Mam, please don’t go to class, for your own safety sake!”

Ag Nostus, ja, jy het natuurlik ‘n punt beet: dit is al soveel keer oor en oor geskryf dat dit die yslike gaping is tussen ryk en arm wat een van die grootste probleme is. Ek dink net nie die deursnee wit Afrikaner besef wat “ agter die skerms” aangaan nie, en sal nie (geestelik en emosioneel) gereed wees as hierdie “ transformation” (baie meer as net die verandering van dorp- en straatname!) ons in volle sterkte tref!

Henrietta said...

Dit lyk my Kenny (in The Citizen) dink min of meer soos ek.

Hy vra twee, wat hy noem “ scary questions” , hier:

“http://www.citizen.co.za/index/article.aspx?pDesc=78446,1,22:

"First, does Zuma control his supporters or do they control him? When he comes to power (more likely than “if he comes to power”), will he show steel behind his charming facade and bring his thugs, like Julius Malema, to heel? Or will they control him?

Second, what will be the economic policies of President Zuma? Mbeki’s greatest triumph was to bring financial responsibility to South Africa. From 1994, he controlled our economy and did well to bring down debt, manage spending and give us moderate, if not high, economic growth. Do the Zuma supporters want to get rid of him out of spite or because they want nationalisation and socialism?"

Henrietta said...

Blykbaar is Mbeki se ma ook deel van die wegbreek-groep? Weer The Citizen:

http://www.citizen.co.za/index/News/756986.page