Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/22/2008

Gogol se dooie siele...

Gogol was ‘n veelgeroemde Russiese skrywer. In sy Dooie Siele beskryf hy hoe die begrip van dooie siele ‘n vindingryke swendelaar in staat gestel het om die adelstand te betree.
Destyds het mens aan die adelstand in Rusland behoort as jy wetlik kon bewys dat jy ‘n sekere aantal knegte en arbeiders besit. Hier volg ‘n opsomming van Gogol se roman.

‘n Goed geveerde, netjiese vierwiel perdekar met opvoukap ry die herberg se hekke binne.
Dit was die soort perdekar wat vrygeselle gewoonlik in gesien wil wees. Afgetrede luitenant-kolonels, majoors, grondbaronne met minstens ‘n honderd arbeiders en lyfknegte – almal gesiene manne wat as lede van die middelstand van die sosiale rangorde erken word.
Dit was maklik om die drinkers en toe die hoogwaardigheidsbekleërs in die herberg met sy sjarme te oorrompel. Almal ervaar hom as innemend, aangenaam en respekwaardig. Maar wat presies het Pavel Ivanovich Chichikov in die mou gevoer?
Na meer as ‘n week waarin hy die dorp se inwoners in die herberg onthaal en hul vertroue gewen het, maak hy sy bizarre plan bekend: Hy wil die dooie siele van landbouwerkers en lyfbediendes wat sedert die vorige sensusopname gesterf het van die grondbaronne koop.
Aanvanklik het hulle hom as ‘n mal mens aangesien, maar hy het geen uiterlike tekens daarvan getoon nie. Uiteindelik het een grondeienaar Chichikov se plan as ‘n heel aanvaarbare skeppende transaksie gesien, ‘n innoverende gedagte waardeur hy nog ‘n handvol Roebels uit sy reeds gestorwe knegte sou kon verdien. Ander was meer wantrouig en het hul knegte beveel om Chichikov by te kom en hom te karnuffel.
Chichikov het besef dat hy belasting sou moes betaal op die ‘arbeiders’ wie se siele hy wettiglik besit, maar sou sodoende die reputasie van ‘n adellike verwerf.
Die dokumentasie van honderde gestorwe gekoopte dooie siele van knegte, het hom in staat gestel om streng volgens wet, die adellike stand met gekoopte dooie siele te betree.
Feit is dat met die volgende sensus opname daardie knegte as gestorwe aangeteken sal word. Maar as jy eers aan die adelstand behoort, dan is jy daar vir lewenslank.
Hou julle van die storie?

johnny

7 comments:

Mart said...

Pavel Ivanovich Chichikov was 'n uiters innoverende, briljante man. Hy verdien sy adelstand-lidmaatskap dubbel en dwars!

;))

Henrietta said...

Jare terug het ek Aleksandr Solzenitsyn se “ ‘n Dag in die lewe van Ivan Denisovich” en “Cancer Ward” gelees en heelwat ander kortverhale van ander skrywers. Met albei boeke was ek so diep aangeraak (veral Cancer Ward) dat ek vir dae die boeke neergesit het en eers probeer verwerk het wat ek gelees het.

Russiese skrywers in die algemeen het my nog altyd gefassineer: hulle unieke skryfstyl , pakkende temas en slim ontknoping van hul verhale het my geboei.

Ek het (nog nie) enige van Gogol se boeke gelees nie. Dis moeilik om iets oor ‘n boek te sê as mens dit nog nie gelees het nie, maar die titel laat my al klaar dink: is alle siele nie “lewend” nie (Christelike perspektief)? Hoekom koop hy die ou se siel en nie maar net sy “geskiedenis” nie? Dankie vir hierdie “lusmaker” om die boek te lees, Johnny, net genoeg om die lees-aptyt te prikkel... !

johnny said...

In 1993 het ek Moskou besoek op pad na Tajikistan in sentraal Asië. Die landskap was onder twee meter sneeu. Op pad van die lughawe sien mens die verlatenheid en leegheid wat Napoleon en Hitler se troepe moes gesien het toe hulle Rusland probeer inval het.

Dit was reeds diep skemer.

'n Ouerige dame, toegewikkel in stukke kombers en vel stap gly-gly langs die pad in die modder en ys. Die arme vrou struikel en sukkel om weer orent te kom.

Die Samaritaan in my vra die taxi bestuurder om haar op te laai, maar die vent weier.

In gebroke Engels laat hy my verstaan dat as jy haar eers opgelaai het, jy haar ook moet kos en blyplek gee, en miskien in 'n hospitaal gaan versorg. Hy sien sulke gevalle elke dag, jammer!

Later die aand besoek my gasheer en ek 'n Moskouse kultuursentrum. Saans vergader eksentrieke harige mans en 'bevryde' vrouens om met hul portuurgroepe te skakel. Skaakspelers musiekmakers, skrywers, digters en lede van ander gildes meng in die reuse gebou se honderde kleiner rookgevulde saaltjies waar hulle vodka en eiesoortige kultuurliefdes kan geniet. Voorwaar 'n belewenis om ander kulture eerstehands te ervaar...

Henrietta, jou pos laat my dink aan die immergroen Dr Zhivago.

Lees Dead Souls by http://www.bibliomania.com/0/0/140/2404/frameset.html

johnny

Henrietta said...

Sjoe, Taaljuffrou-ekke sal jou 'n baie goeie punt gee vir hierdie bydrae hoor ;))))

Dankie vir hierdie interessante inligting, Johnny, so keurig verpak in die Mooiste Taal - ek het Dr Zhifago drie maal gesien, nog in my prille jeug - As ek “Somewhere my love” hoor, word gevoelige hartsnare geroer....

Hoe lyk dit met ‘n reisjoernaal waar ons sulke reis-/toerbydraes kan opsit?

Henrietta said...

Baie, baie dankie Johnny, vir hierdie kosbare skakel! Maar... Ek moet sê : Wyk satan (nee nie jy nie Johnny! - ;)))) - die versoeking om te lees en te lees en te lees in hierdie mega-biblioteek, is GROOT!

Luister na hierdie pragtige stuk prosa uit die Dead Souls (en ja, nadat ek die "Introduction" gelees het, verstaan ek die titel beter!):

"Is it not thus, like the bold troïka which cannot be overtaken, that thou art dashing along, O Russia, my country? The roads smoke beneath thee, the bridges thunder; all is left, all will be left, behind thee. The spectator stops short astounded, as at a marvel of God. Is this the lightning which has descended from heaven? he asks. What does this awe-inspiring movement betoken? and what uncanny power is possessed by these horses, so strange to the world? Ah! horses, horses, Russian horses! what horses you are! Doth the whirlwind sit upon your manes? Doth your sensitive ear prick with every tingle in your veins? But lo! you have heard a familiar song from on high; simultaneously, in friendly wise you have bent your brazen breasts to the task; and, hardly letting your hoofs touch the earth, you advance in one tightly- stretched line, flying through the air. Yes, on the troïka flies, inspired by God! O Russia, whither art thou dashing? Reply! But she replies not; the horses’ bells break into a wondrous sound; the shattered air becomes a tempest, and the thunder growls; Russia flies past everything else upon earth; and other peoples, kingdoms, and empires gaze askance as they stand aside to make way for her!"

(Ek wonder wat sou Gogol te sê hê, oor die "val" van Rusland?)

johnny said...

Henrietta vra:
"(Ek wonder wat sou Gogol te sê hê, oor die "val" van Rusland?)"

Rusland het nog nooit geval nie. Die voormalige Sowjet Unie het verbrokkel, maar moedertjie Rusland (soos die snydokter van Stalingrad dit genoem het), is nog steeds in een stuk en word steeds deur hul eie leiers gelei.

Jammer net dat Rusland se geskiedenis dit byna onmoontlik gemaak het vir die land se mense om te presteer, aangesien die intelligentsia elke veertig jaar deur een of ander revolusie uitgeroei was en moes die bevolking telkens van voor af begin om nuwe slim mense te produseer.

johnny

Liza-Nel said...

Ek het gaan Google oor Gogol se "Dead Souls" en so 'n paar van die resensies gelees. Genoeg om op die lyn te spring en vir Exclusive in die Kaap te vra om die boek vir my aan te stuur...Dit blyk humor en satiriek/parodie op sy beste te wees.

Ek lees ook dat die boek oorspronklik onder die titel "The Adventures of Chichikov' verskyn het omdat die titel "Dead Souls" volgens die Russiese Ortodokse Kerk van daardie tyd 'n teologiese teenstrydigheid sou wees en waarskynlik dan ook aanleiding gegee het vir die verbranding van sy derde opvolg volume...

Die boek is beslis ook tekenend van ons tyd en dis amper asof Gogle wil sê daar is 'n "dead-soul dealer" in elkeen van ons - "The ultimate irony is the fact that Chichikov is the true dead soul, devoid of morality, blinded by greed, and chastised by the very travesty of justice--a crippled system that is manipulated by dead souls such as Chichikov. Gogol's vision still holds true for today, a highly materialized world, maybe this classic will offer some seemingly antedeluvian advice on our very modern problem of ambition."

Liza