Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/20/2008

Die keiser is nakend

By Esselenpark vergader die ANC leierskap vir drie dae om o.m. oor Mbeki se lot te beslis.

In die diplomatieke wêreld word staatshoofde met die grootste agting en hoogste eerbetoon behandel.

Maar in ons populistiese demokrasie staan die keiser kaal, sonder sy kleed wat al sy menslike swakhede moet verberg en wat hom moet uitlig bokant die gewone mense na die keiserlike vlak van gesag en magsvertoon.

Ek sou graag by Esselenpark wou gewees het om na die skreeuende retoriek van Julius Malema en sy trawante te luister. Geen genade, geen respek, slegs daardie bloedlus waaraan baie jongmense hulle deesdae skuldig maak.

Dit is duidelik dat die beskawing = en godsdienstige leersstellings wat Afrikanermense tydens die afgelope driehonderd jaar hier probeer verkondig het, nooit werklik wortel geskied het nie.
johnny

10 comments:

Henry said...

Hallo Johannessie,
Jong ek wonder partymaal tot watter mate is die Chief (Thabo Mbeki) self verantwoordelik vir sy val.

Dink maar aan sy R500milj se privaatstraler, sy rondgekerjakker, soos 'n wafferse Genl. Jannie Smuts (oeps, jammer aan al die SAPPE), die hele wêreld vol, terwyl hy al hoe verder weggedryf het van sy ondersteuningsbasis. G'n wonder hy het alle tred verloor met hoe die gevoelentheid op grondvlak was nie. Dan is daar ook sy houding t.o.v. die VIGS kwessie.

In Polokwane, het hy nogal gedink hy kon die pyp weer rook as ANC President. Self dink ek ons gaan "from bad to worse", met die Chief wat, klink dit vir my, nou sy aagterent sonder 'n spieël daar in Kempton Park gesien het.

Ek moet sê, ek is nie baie erg oor die Chief of sy moontlike opvolger nie. Sal graag eerder 'n Cyril Ramaphosa of 'n Tokyo Sexwhale daar wou gesien het, aangesien hulle nou al bietjie goeie kapitalisme geproe het.

Groete,
Henry

johnny said...

Stem nogal in 'n mate saam, Hendrikusussie,

Ek was die eerste een wat gejuig het na Polokwane. Dit was TM wat die begrip van 'n tweespaltnasie geskep het; die arm swarte en die ryk witte. Hy was die argitek van die polarisasie wat ons nou in die land het.
johnny

Mart said...

Henry,

Sexwale glo vas aan ekonomiese patriotisme.

Uit die mond van Tokyo Sexwale:

"Japanese businesspeople work for Japan, the British work for Britain. The success of the African renaissance in repositioning our part of the world, depends upon economic patriotism. South Africans have to work for South Africa. Black business people will have to become economic freedom fighters in the true sense of the word. There needs to be greater opportunities for all, particularly in rural areas. Marx says if capital does not grow, it stagnates. We must see opportunities - and not only crises or global meltdowns."

Groete
Mart

Mart said...

johnny,
En nou het ons nie 'n keiser nie! Wat dink jy gaan in die volgende paar weke moontlik gebeur?

Liza-Nel said...

Ag toemaar binnekort word die kaal keiser weer geklee met 'n karos, luiperdvelbroekie, krale, vere, ystervarkpenne en dies meer.

Julle sal ook vinnig moet leer "umghubha" (Zoeloe-haka), dis glo aansienlik moeiliker as die toi-toi..

:-))

Mart said...

Lizaaa! ;))

Net toe ons die toi-toi onder die knie het, kom vertel jy ons om weer nuwe Zoeloe steps te leer.

Wens ons kon almal net by die Tango bly en klaarkry!

Liza-Nel said...

Ja en kyk hoe getangle is die affêre op die oomblik...

johnny said...

Mart vra wat gedurende die volgende paar dae gaan gebeur?

Nie veel nie. Ek sal nie verbaas wees as Madam Speaker aangestel word voor lede van die kabinet nie, maar dan moet al die oorblywende lede van die kabinet onwillig wees om as tydelike president op te tree. Sien hulle is haar senior volgense die protokol hierargie.

Maar moenie vir Trevor Manuel weggooi nie. Hy kan maklik inwillig om as prez. op te tree om die markte te paai.

johnny

Mart said...

johnny,

Sal dit nou 'n ding wees as Trevor Manuel tydelik prez word! Dink jy daar's so 'n moontlikheid?

Mart said...

Liza,

Dankie vir die geklede keiser wat jy op die voorblad geplak het. Daar's voorwaar 'n Zuma op my stoep, kompleet met die uitrusting en al.