Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/15/2008

Die “Issaskar-faktor”

Dis ‘n feit soos ‘n koei, dat ‘n mens ‘n produk is van jou tyd en jou omstandighede. ‘n Ander manier om dit te sê, is dat ons na die werklikheid kyk deur die bril van die kultuur en die geskiedenis van ons tyd.

Ek wil dit in verband bring met iets wat ek in ‘n boek van Dockery gelees het (“The challenge of postmodernism” – 2001). Hy praat op ‘n plek van die “Issaskar-faktor”, verwysende na 1 Kronieke 12:32, dat Dawid ‘n groep mense om hom versamel het vóór hy koning geword het, en onder hulle was 200 mense (BAIE min in vergelyking met 'n totaal van 34 000 mense uit ander stamme) uit die stam van Issaskar “wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan”. Sê Dockery verder:

“There is always a small minority of people who are able to rightly discern both current and future challenges… this Issachar factor calls for us to recognize how we ought to respond in matters of eternal consequence. Followers of Christ must accept the challenges of living out the implications of a Christian worldview while proclaiming the unchanging truth of the gospel of Jesus Christ to and for this rapidly changing contemporary world”.

Is hierdie ou reg, is daar “changing times” in ons land en in ons kerke, wat “Issaskars” nodig het, en as dit so is, wat “sien”/hoe verstaan julle die tyd waarin ons leef?

3 comments:

Liza-Nel said...

Henrietta,
Tye het gewis verander en bly aan't verander by die dag lyk dit my, dis 'n feit soos 'n koei soos jy sê, maar is dit nie ook so dat daar vir die hedendaagse Christen fundamentele waarhede is wat nie onderhandelbaar is nie en wat veronderstel is om onveranderd te wees en waaraan ons juis in veranderde tye kan vashou nie?

Die lirieke van Wayne Watson se FOR SUCH A TIME AS THIS sê nogals
baie vir my en wat ek moet maak van sulke tye wanneer ek nie aldag lekker kan verstaan wat besig is om om my te gebeur nie;-

Now, all I have is now
To be faithful
To be holy
And to shine
Lighting up the darkness
Right now, I really have no choice
But to voice the truth to the nations
A generation looking for God

Chorus
For such a time as this
I was placed upon the earth
To hear the voice of God
And do His will
Whatever it is
For such a time as this
For now and all the days He gives
I am here, I am here
And I am His
For such a time as this

You - Do you ever wonder why
Seems like the grass is always greener
Under everybody else's sky
But right here, right here for this time and place
You can live a mirror of His mercy
A forgiven image of grace
Repeat Chorus

Can't change what's happened till now
But we can change what will be
By living in holiness
That the world will see Jesus

Repeat Chorus

September 15, 2008 1:50 PM

Michael said...

Wat my laat wonder is hoe individue en groepe hierdie "Issaskar-faktor" verloor en weer vind.

'n Eenvoudige voorbeeld het uit 'n gesprek wat ek gister met my sus, wat 'n onderwyser is, gekom. Sy het verwys na "die vrot groep"... "jy weet mos, party jare se kinders is maar net vrotter as ander." (nie my sus se presiese woorde nie.) Hierdie gedagte verwys nie net na die vrot nie, dit verwys ook daarna dat ander groepe kinders baie besonders is. Iets is daar in een geval en afwesig in die ander geval...

As ons na die Bybel kyk dan sien ons dit oor lang termeine afspeel in die geskiedenis van Israel. In die nuwe testament sien ons dit in die kort verloop van die Apostels se se skrywe aan spesifieke gemeentes, groepe en individue.

Dit is wonderlik dat hierdie verskynsel individueel en groepsverwant is. Dink net aan die ongelooflike meganisme wat aan die werk moet wees om idees en gedagtes individueel en kollektief te laat vergestalt soos wat ons dit elke dag sien... Dit is nie bloot kompleks en aanpasbaar nie (in die sin van Complex Adaptive Systems). Dit is 'n dinamiese ontwerp wat van uit die gerigte vrye wil van agente soos ons na vore kom. Dank Vader, dat Hy 'n volmaakte plan met ons vrye wil het... Dit gee my moed dat die Issaskar-faktor dalk vir my ook mag geld en vir ons hele gesprek hier.

Groete,
Michael
P.S. Liza, die lirieke is pragtig, dankie.

Henrietta said...

Goeie preek oor Issaskar hier: http://www.gkkrugersdorp.co.za/preke/deel6.htm