Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/22/2008

Die Anglikaanse kerk sê jammer vir Darwin

Ek het hierdie storie van die afgelope week in my enigheid gevolg en nou dat die kommentaar daaroor begin uitkom moet ek net hierdie aanhaling met julle deel:

Denyse O'Leary sê: "... Over at BreakPoint, Regis Nicoll calls it "An apology to a dead man by a dead church about a theory that is dead wrong."

Well, in fairness, that should possibly read "an apology by a deadly earnest bureaucrat in a dying church about a theory in its death throes" - but that doesn't have quite the resonance, does it?"


Is dit nie pragtig nie?  Ek waardeer die Anglikaanse kerk net soveel soos die NG kerk, maar dit maak nie dat ek nie krities teenoor hulle kan staan nie.  Volg gerus die link na die BreakPoint site ook hierdie mense soek hard, op die eerste oog opslag.

Wat dink julle hiervan? 

5 comments:

Mart said...

Hi Michael

Dis 'n gawe draad wat jy begin het!

Behalwe dat Darwin se familie (26 jaar na sy dood) blykbaar nie die verskoning wat die kerk aanbied aanvaar nie, verstaan ek nie die verskoning in die eerste plek nie.

Ekself hou baie van die Anglikaanse kerk en ek het al 'n hele paar dienste daar bygewoon.

Presies waaroor gaan die verskoning, Michael?

Groete
Mart

Henry said...

Hallo Mart,
Ek vermoed dis die Anglikaanse kerk wat verskoning vra dat hulle voorheen die evolusieteorie verwerp het.

Michael, help as ek verkeerd is asb?

Groete,
Henry

Mart said...

Ek het gedink dis waaroor die verskoning gaan.So, die Anglikaanse kerk onderskryf dus die evolusie teorie?

Michael said...

Julle moet gerus die skakels in die gesprek se aanhef volg. Dit sal 'n goeie oorsig gee oor die AK se standpunt.

Mart said...

Ag neeee, Michael!

Jy moet dit vir ons oplees en ons hier kom leer en vertel daarvan. Ek's hopeloos te lui om die skakels te gaan soek...

;))