Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/25/2008

Christenskap - Aan jou vrugte sal jy geken word.

Hallo aan almal. Nadat ek op KK my vingers verbrand het, het ek tog baie vrae oor "Christenskap" vir myself begin vra. (Dankie daarvoor KK) In vandag se wệreld is daar soveel christene wat skade doen in die naam van Christus. Die beeld wat die wệreld van ons het is nie noodwendig 'n goeie een nie. Ek word gedurig met sekere vrae gekonfronteer. Hoe kan 'n man sondag in die kerk sit en dan huistoe gaan en sy vrou en kinders aanrand? Hoe kan iemand homself 'n Christen noem en die Here se naam ydelik gebruik? om nie eens van vuiltaal te praat nie. As ons na die Woord gaan vir die voorbeeld van 'n Christen dan is dit duidelik dat jy aan jou vrugte geken sal word. Miskien het dit tyd geword vir ware Christene om hulleself 'n ander naam te gee. Wonder maar net? Enige idees?

7 comments:

Mart said...

Hallo Sharon, en welkom.
Jy skryf oor iets wat baie belangrik is, naamlik om Christenskap op 'n daaglikse basis uit te leef.

Dalk moet ons eerder meer soos Christene begin leef, dan hoef ons nie onsself iets anders te noem nie.

Groete
Mart

Michael said...

Of dalk moet ons Christus maar net aanhou soek... As ons Hom 'n ander naam kan gee... word Hy dan nie maar net die produk van ons verbeelding nie?

Christus is presies wie Hy sê Hy is en as ons ons wil, ons hart en ons dade teen Hom draai, dan is daar geen kerk of godsdiens, of kennis wat ons by Hom kan uitbring nie.

Ek hoop jy geniet die gesprekke hier en dat jy moeite sal doen om aan te hou vrae vra, dit maak gesprekke interessant.

Mag die liefde van Christus wat die boosheid van hierdie wêreld oorwin het ons almal lei deur die donker skadus na die velde waar rus is. As boosheid, ongeregtigheid en dubbelhartigheid die donkerte in hierdie wêreld is moet ons daardeur kan stap agter ons Herder aan. Dink vir jouself wat sal gebeur as skape in doodsgevaar besluit om hulle eie koppe te volg. (Rasionaliteit is nie 'n vrywaring van ons wesenlike behoefte aan Christus nie. Kyk net waar rasionele denke ons wêreld gebring het. Ek glo die volle "mag" van ons rasionaliteit beteken niks sonder Christus nie.)

Groete,
Michael

Bertus said...

Ek dink dis waarvoor die term 'wedergebore' gebruik word?

Sharon said...

Dankie julle,
Dit is gewis waar wat julle almal sê. As wedergebore kind van God probeer ek dan ook om 'n voorbeeld in alle opsigte te stel, maar kom tog voor 'n muur te staan met mense wat sê hulle is Christene maar die teendeel lewe. Ek weet van talle jong mense wat daaglik worstel met "wat is die sin van alles" nobody walks the walk. Hierdie jongmense is ons toekoms, maar hulle worsteling is veel groter. As ouers mense het ons al die pad gestap - partymaal duur lewenslesse geleer en sterker daar uitgekom, maar hulle kyk na die wêreld om hulle en sien nie hoop nie.

Henrietta said...

Hallo Sharon, baie welkom hier. Ek brand bietjie vas, en sal gesels sodra ek meer tyd het, hoor?

Henrietta said...

Sharon, soos jy, het ek ook die KK paadjie geloop, miskien bietjie langer as jy? As NG Kerk-lidmaat het ek die Kerkbode op die NG Kerk se Kerkbode-webblad gelees en mettertyd op die kletswerf (toe ‘n ander naam) ingelog, en vir ‘n lang tyd net gelees voordat ek self versigtig begin deelneem het.

Ek het ook die “vingers verbrand” paadjie by die huidige KK geloop. Die styl van gesprekke in daardie vroeë tyd het hemelsbreed verskil van wat dit later geword het en deesdae is.

Wat ek agter gekom het, is dat “die wêreld” van ‘n Christen verwag om soos ‘n verkleurmannetjie te wees: om mens se “kleure” te verander na gelang van die geselskap waarin mens jou bevind.

Dit kan egter nie: Die opskrif van jou plasing praat van die vrugte waaraan ‘n Christen geken kan word. ‘n Christen is dus soos ‘n boom, en ek het nog nooit ‘n boom gesien wat van "kleur/vrugte" verander nie!

“Miskien het dit tyd geword vir ware Christene om hulleself 'n ander naam te gee. Wonder maar net? Enige idees?” sê-vra jy in die laaste sinne.

Ek dink nie dit gaan oor ‘n ander naam nie. Ek dink as ons net in Christus gewortel bly (Ef 3:17, Kol 2:7) sal die Heilige Gees die vrugte (Gal 5:22) in ons voortbring (Joh 15), vrugte tot eer van God. Die vrugte wat ‘n boom dra, is nie vir die boom self nie, maar die “l(L)andbouer” kry die eer, en dit is ‘n genot vir dié wat daarvan “eet”!

Sharon said...

Hallo Henrietta
Baie dankie vir jou antwoord Ek stem met jou saam. Mag ons as kinders van God se lewe so 'n lig laat skyn in die donkerte van die wêreld dat ons werklik 'n verskil sal maak.
Groete
Sharon