Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/14/2008

Behoort die gevoel van skuld te bestaan?

I don't believe in guilt, I believe in living on impulse as long as you never intentionally hurt another person, and don't judge people in your life. I think you should live completely free.” - nogal deur Angelina Jolie gesê.

9 comments:

Mart said...

Alet,
Ek het twee keer deur hierdie plasing gelees.
Hmm, my eerste indrukke is dat dit baie sag op die oor val...
Hoe haalbaar dink jy is dit egter?

Mart

Alet said...

Jolie se woorde het juis my aandag getrek omdat ek gedink het dat sy met die probleem van skuld sit en tog laat sy dit klink asof skuld eintlik net 'n illusie is. Ek verwys na die feit dat sy Brad Pitt en Jennifer Aniston se huwelik opgebreek het en toe met Pitt getrou het. Ek sou darem 'n bietjie skuldig gevoel het as ek sy was ;).

Daar is 'n interessante differensiasie tussen "guilt and shame". Die twee is nie sinonieme vir mekaar soos meeste mense mag dink nie. Volgens Jane Bybee in GUILT AND CHILDREN: "Guilt appears to be the more 'moral' emotion". Daar is eintlik heelwat verskille tussen die twee emosies!

Jolie voel nie openlik skuldig nie maar kry ook nie skaam oor wat sy gedoen het nie (dis maar my afleiding) - is haar idee van "good human intentions" dan genoeg om haar eie en om enige mens se gewete te sus?

Alet ***

Mart said...

Encyclopedia of Psychology:
"Guilt is both a cognitive and an emotional experience that occurs when a person realises that he or she has violated a moral standard and is responsible for that violation. A guilty conscience results from thoughts that we have not lived up to our ideal self. Guilt feelings may also inhibit us from falling short of our ideal again in the future. Individual guilt is an inner reflection on personal wrongdoing, while collective guilt is a shared state resulting from group—such as corporate, national, or community—wrongdoing."

My opinie is dat skuldgevoelens 'n funksie het en dus 'n korttermyn doel dien deurdat mens dan weer poog om 'n "beter mens" te wees.

Aanhoudende skuldgevoelens is egter sleg vir 'n mens se psigiese welsyn en natuurlik vir mense se fisiese gesondheid...

Henrietta said...

Lekker onderwerp ! Hannes Wiher het ‘n doktorale tesis ( WIHER, H. 2003. Shame and Guilt. A Key to Cross-Cultural Ministry) van om en by 400 woorde geskryf oor skuld- en skaamtegevoelens, en veral oor hoe dit in verskillende kulture manifesteer.

Vrae wat mens kan vra is: is dit aangebore of is dit aangeleer? Naramore en Count glo byvoorbeeld dat kinders se skuldgevoelens kom vanaf ouers se ingesteldheid.
Jay Adams weer, sê dat Adam skuldgevoelens gehad het, maar hy het nie ouers gehad wat hom kon leer om skuldig te voel nie!

Skuldgevoelens is eintlik ons gewete wat ons pla en dit is ingebou in die mens deur God . Die gewete is soos ‘n waarskuwing, ‘n “rooi liggie” op ‘n kar se spatbord wat aangaan. Soos ‘n rooi liggie wat die bestuurder waarsku dat daar fout is, waarsku die gewete die mens dat gedrag onaanvaarbaar is. Die gewete is die God-gegewe gawe om ‘n mens se eie optrede te beoordeel en emosioneel te reageer op die evaluasie. Wanneer ‘n mens sondig evalueer ‘n mens se gewete die daad of gesindheid en onaangename ingewands- en ander liggaamsreaksies waar sku die mens om op te hou , die versoeking te weerstaan en berou te hê (als dinge wat Jay Adams s^e. )

Die gewete gee vir die mens kontak met God en oriëntasie in ‘n samelewing. Dit stel ‘n mens in staat om norme, waardes en doelstellings van ‘n samelewing te internaliseer en te voorkom dat daar oortree word. Alle mense is potensieel toegerus met ‘n gewete en dit kan gevorm en gevoed word in ‘n sosiale konteks en ‘n bepaalde kultuur. Dit is ‘n lewenslange proses en in die lewe van ‘n Christen word dit gerig deur die Heilige Gees

So wat s^e dit as AJ nie skuldig voel nie? Ek dink sy onderdruk dit baie diep, en sulke onderdrukte emosies het ‘n nare gewoonte om op ongemaklike oomblikke en maniere tot uiting te kom……

Henrietta said...

Potter-Efron definieer skaamte- en skuldgevoelens soos volg: Skaamte is ‘n pynlike toestand van bewussyn van ‘n mens se basiese tekortkominge terwyl skuldgevoel is ‘n pynlike gewaarwording is wat plaasvind wanneer daar gewaande of ware oortreding is van bepaalde waardes en reëls in ‘n gemeenskap. Skaamte het te doen met die persoon se sentrale identiteit, sy hele self, terwyl skuldgevoel te doen het met gedrag. “Hoe kan ek so iets gedoen het?” vra die persoon wat skaamte ervaar, terwyl die skuldige persoon vra: “Hoe kon ek dit gedoen het?” .

Wat Wiher te s^e het: By die gemeenskap wat meer skaamte-georiënteerd is word die morele standaarde bepaal deur “significant others”, mense wat van belang is, in die gemeenskap. ‘n Voorbeeld is om vir ‘n kind te sê: “Wat sal ander mense dink?” . ‘n Kind sal wil doen wat hierdie “significant others” wil hê. Indien sulke belangrike mense afwesig is, beleef die oortreder gevoelens van angs en nie soseer skaamtegevoelens nie.

Henrietta said...

Wiher se tesis is BLADSYE nie WOORDE nie - jammer!

Michael said...

So Hernrietta,

As daar nie 'n "significant other" is nie dan is daar vrees? Dit klink vir my baie aanvaarbaar en strook ook sommer steeds met C.S. Lewis se universele morele wet. Dit is net mooi om te weet dat ons teenoor Christus in skaamte kan staan in plaas van vrees. Persoonlik ervaar ek my skaamte verdwyn die oomblik as daar aanvaarding is. As ek teenoor Christus skaam kry vir my dade, dan is sy aanvaarding vir my die genesing wat ek nodig het om weer vry te leef. Dit is net werklik in die lewende persoon van Christus, die “ideologie van Christus” werk nie.

Wat ek uit Jolie se filosofie probeer vind is hoe dit enige sekerheid kan bied. Ek is werklik bekommerd dat haar filosofie kan in 'n oogwink geweldadig word. Daar is vir my niks wat sy aanbied om te keer dat sy nie haar "verwerping van vrees" sal gebruik om enige morele grens oor te steek nie.

Ek het nie nodig om my hipotese sistematies te verdedig nie, ek kan maar net na ons moderne eerste wêreld wys, wat gereed staan om nihilisme te omhels in eutanasie, kinder-pornografie te wettig saam met pedofilie, bestialiteit en ander "vryheidsversugtinge" wat soos golwe oor die westerse samelewing spoel.

Groete,
Michael

elma said...

Op 'n positewe noot kan ons ook noem dat Christene vergifnis sal soek wanneer skuldgevoelens die oorhand neem.Dis soos wat Mart noem, dat die korttermyn funksie van skuldgevoelens ons na 'n "beter mens-wees" laat strewe.

Die Heilige Gees sal 'n waarskuwings - liggie in ons laat flikker om reg te maak wanneer ons verkeerd optree. As Angelina 'n Christen was sou sy beslis skuldig gevoel het.

Oor die lang termyn kan skuldgevoelens 'n ontsettende negatiewe invloed hê.

Ons weet dat Satan probeer om Christene se "vreugde" te steel met aanhoudende skuldgevoelens sodat ons nie die vreugevolle Christen beeld moet uitdra nie.

Ons vind die oplossing vir Christene oor skuldgevoends in Psalm 32:5; Then I acknowledged my sin to You and did not cover up my iniquity.I said,"I will confess my transgressions to the Lord" and forgave the guilt of my sin.

Ons moet besef al ons vorige sondes is vergewe.Psalm 51:12 "Restore to me the joy of salvation and grant me a willing Spirit to sustain me".

Liza-Nel said...

Ek weet mens kan nie alle ateïste oor een kam skeer nie, maar klink Angelina se verweer dat alles toelaatbaar is mits jy niemand te na kom nie en niemand veroordeel nie, nie alte bekend nie...soos wat die hedendaagse sosiopatiese tydsgees - "if it feels good, do it and to hell with the rest" dit wil voorskryf nie...?

In hierdie mens se lewe is daar nie plek vir God nie, want jy's jou eie god... Ek kan maar net hoop vir haar klomp kinders se onthalwe dat sy een of ander tyd tot inkeer sal kom...