Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/08/2008

10 Beloftes

Hallo Liza.
Dankie vir die byvoeging tot die '20 karaktertrekke...' lysie. Het jy hierdie al gesien?

GOD SE TIEN BELOOFDE GEBOOIE

Omdat Jesus Christus die wet volkome vir ons vervul het,
word die Tien Gebooie in Hom, tien beloftes aan ons.

Ek is die Here jou God wat jou uit die slawerny van die dood sal red deur middel van My Seun, Jesus Christus, as jy in Hom as jou verlosser glo.

Ek belowe jou dat, as Ek die eerste plek in jou lewe inneem,
jy geen begeerte sal hê om ander gode te wil dien nie –
want Ek sal al jou geestelike behoeftes en begeertes vervul..

Ek belowe dat as Ek in jou hart is,
Jy geen gesnede beelde van My sal wil maak nie.
Dit sal nie nodig wees nie, want jy self sal My beeld dra.

Ek belowe jou dat as jy My liefhet, jy nooit ‘n begeerte sal hê
om My Naam as ‘n vloekwoord te gebruik nie,
maar steeds die begeerte sal hê om dit in alle omstandighede te eer.

Ek belowe jou as Ek die ereplek in jou lewe het,
Sondag die hoogtepunt van die week vir jou sal wees.
Dit sal vir jou n vreugde wees om by die gemeente betrokke te wees.
Sondae sal nie vir jou ‘n dag wees om teen op te sien nie,
maar n dag om na uit te sien.

Ek belowe jou, as Ek die Koning van jou lewe is,
Sal dit vir jou maklik wees om, ten spyte van jou ouers se tekortkominge, hulle te eer en lief te hê.
Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter jou ouers
sal jy vir My raaksien want ek het hulle vir jou uitgekies en geleen.

Ek belowe jou dat as jy My liefhet, sal jy deur My liefde in jou, nooit iemand wil seermaak of wat nog te sê doodmaak nie, maar eerder hulle seer sal wil wegneem en die ewige lewe aan hulle sal wil bekend maak.

Ek belowe jou dat as jy My liefhet,
Sal jy graag aan jou lewensmaat getrou wil bly.
Gee My die troon van julle huwelik en gesinslewe en Ek sal julle liefde vir mekaar en julle geluk in My hande bewaar en vashou.

As Ek op die troon van jou hart sit,
belowe Ek dat jy nie daarop ingestel sal wees
om iets van ander te neem nie,
Jy sal daagliks vra: wat en aan wie jy hulp kan verleen.

As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees
om van ‘n ander kwaad te praat nie.
Ek belowe jou dat Ek, deur my Gees jou ‘n lojale mens sal maak
wat van geen ander geen woord sal sê as dit nie iets goeds kan wees nie.

Ek belowe dat Ek deur my Gees
jou so sal vervul met dankbaarheid en lewensvreugde
dat jy niks meer sal begeer nie. Jy sal tevrede wees met wat jy het
Met die diepe besef dat God gee soos wat Hy nodig vind
en as Hy gee,gee Hy altyd genoeg sodat niks jou sal ontbreek nie.

Hierdie is vir my nogal so veelseggend.

1 comment:

Liza-Nel said...

Baie, baie dankie Yf. Dis wat ek baie nodig gehad het om weer 'n slag te hoor...