Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/22/2008

Wittes wil 2010 sien faal

'Wittes wil 2010 sien faal' - BEELD, Aug 21 2008 10:08:12:857PM - (SA)
Adnaan Mohamed skryf onder andere:
"Beijing. – Sommige wit mense in Suid-Afrika wil baie graag sien dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 in Suid-Afrika ’n mislukking moet wees.
So het dr. Essop Pahad, minister in die president se kantoor, gister hier gesê.
Pahad is lid van die Suid-Afrikaanse komitee wat verantwoordelik is vir die reëlings vir die Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika.
“Al is hulle in die minderheid, is daar steeds baie wit mense in Suid-Afrika wat nie Bafana Bafana ondersteun nie.
“Hulle gee ook nie baie om dat die Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika plaasvind nie. Al wat jy moet doen, is om hul gevoelens daaroor op die webwerwe te lees,” het Pahad gesê. Hy het toegegee dat die meerderheid wit mense die demokratiese prosesse in Suid-Afrika ondersteun.
“Hulle ondersteun dalk nie my politieke party nie, maar hulle geniet steeds al die voordele in Suid-Afrika en sal nooit die land verlaat nie.” Pahad glo die Wêreldbeker-sokkertoernooi kan die persepsie dat wit mense meer in rugby as in sokker belangstel, dalk verander. “Ons het dit onlangs gesien toe die Engelse Premierliga-klub Manchester United in Suid-Afrika gespeel het. Dit was nie net die gewone PSL-ondersteuners wat by dié wedstryde opgedaag het nie. “Die grootste teleurstelling vir my is dat die wit mense die oorsese spanne eerder as die plaaslike spanne ondersteun het.”
“Die toernooi moet gebruik word om die nasie te bou. My taak is om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse publiek in die idee moet inkoop dat die Wêreldbeker aan al die Suid-Afrikaners behoort,” het hy gesê.
Oor die Olimpiese Spele het Pahad gesê: “Deur 45 medaljes tot dusver te wen het China gewys hy is die sterkste sportnasie ter wêreld. Die Chinese se vasberadenheid en toewyding is die deurslaggewende faktor.
“Ek is teleurgesteld dat ons tot dusver net een medalje kon wen. Die volgende Spele is in 2012 in Londen.
“As ons twee medaljes daar kry, het ons met 100% verbeter; so ons kan nie slegter vaar nie,” het hy geskerts.
“Die Spele hier is natuurlik ’n groot teleurstelling vir ons, maar ons moet ook baie realisties wees...."

Ek wonder wie (behalwe Fifa) gaan werklik baat vind by die wêreldbeker toernooi van 2010. Blykbaar is talle mense weer werkloos nadat sekere van die stadions voltooi is. Armoede in townships is steeds dieselfde...

6 comments:

Henry said...

Hallo Mart,
Weet jy, ek dink nie dis 'n kwessie van witmense wat graag 2010 wil sien faal nie. Dis eerder 'n kwessie van alle aanduidings is daar, dat dit wel gaan faal. Duitsland en Australië staan reeds in die tou as "backups". Bitter min van die infrastruktuur wat geskep moet word, is op koers. Die veelgeroemde Gautrein gaan waarskynlik net klaar wees met die eerste fase.

Ek ondersteun nie Bafana nie, want hulle weier om sokker te transformeer. Daar is honderde wit sokkerspelers, maar hulle speel nie eens vir die plaaslike clubs nie. Om hierdie redes sal ek ook eerder vir die buitelandse spanne skree.

Hulle moet politieke inmenging in alle sportsoorte staak, dan sal ons hopelik beter en sterker spanne in die veld kan stoot. Al bestaan selfs Bafana uit 60% of 70% wit spelers. Spanne moet suiwer op meriete gekies word en nie met velkleur in gedagte nie.

Groete,
Henry

Alet said...

FNB het oorkant die Universiteit van Pretoria 'n outomatiese "aftellertjie" opgerig wat my elke dag herhinner aan hoe naby die wêreldbeker regtig is...dis skokkend om te sien hoe die dae verbygaan, maar ook te sien hoe stadig Suid-Afrika se vordering in terme van die voorbereiding en bouwerk wat benodig word vir hierdie massiewe projek, is.

Sjoe, maar Suid-Afrikaners is mos lief vir kla! Ons kla graag oor misdaad, mislukkings en vele ander onderwerpe maar as daar goeie geleenthede opduik, verdwyn mense vinnig - klaskouse of nie. Ek't in Maart die "Million Man March against Crime" bygewoon en omtrent net 10 000 mense (wat ver is van 'n miljoen mense) het opgedaag. Waar was die massas Suid-Afrikaners wat so graag oor misdaad kla?

'n Ander uitdrukking wat ek met hierdie plasing kan assosieer is "all is takes for evil to prevail is for good people to do nothing". Ek sal graag iets wil bydra om die houding teenoor die wêreldbeker 'n positiewe een te maak, maar waar begin so 'n paradigmaskuif?

En ja, dis net natuurlik dat armoede weer gaan vermeerder nadat al die bouwerk en voorbereiding afgehandel is, maar miskien gaan dit nie nou oor 'n radikale veranderig nie, maar oor die basiese konsep van spanbou.

Soos die skuif na demokrasie ons nasie geforseer het om te groei, is hierdie ook dalk weer 'n proses wat ons moet deurmaak om aan onsself - nevermind die ander nasies - te bewys dat ons die potensiaal het om groot dinge reg te kry.

Alet ***

Mart said...

Henry, dankie vir jou inset. Ja, ek het die berig in BEELD ook vreemd gevind in die sin, dat daar nou aandag geskenk word aan wittes se algemene houding teenoor 2010.

Waarom sou dit so wees? Ekskuus as ek nou dalk sarkasties klink, maar wie gee in elk geval werklik om of wittes in SA lojaal is teenoor 2010?

Help my reg!

Mart said...

Hoekom is daar so 'n FNB "aftellertjie", Alet? Is dit vir die studente se aandag bedoel? Praat studente daaroor? Het dit 'n effek op julle?

Henry said...

Alet, ek is nie so oortuig dat die koms van "Demokrasie" na SA, ons noodwendig so positief laat groei het nie.

Dis waar dat 'n groter elíte groep swartmense baie ryker geword het as voor 1994. Die meerderheid swartes en wittes het stadig maar seker armer geword.

Selfs nou nog word die gaping tussen ryk en arm al groter, ten spyte van die groterwordende belastinglas wat die middelklas moet dra.

Ek sou dink dat ons skuld baie toegeneem het, maar word welvaart aan skuld gemeet?

Quite frankly gee die deursnee witte nie rêrig om of 2010 gaan slaag of nie. Wat ons wel weet is, dat as dit nie gaan plaasvind nie, ons onnodiglik meer belasting betaal het. . .

Mart said...

Ek dink Henry het 'n punt beet. Nie een van my vriende het nog 'n piep gemaak oor 2010 nie. Nou dat ek daaraan dink, het niemand wat ek ken nog ooit in 'n opgewonde toon daarna verwys nie.

Mis ons dalk iets?