Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/11/2008

William Lane Craig

Ek sou nie vir 'n ander groepie van William Lane Craig vertel het nie, vir die eenvoudige rede dat hy vierkantig in die visiere is van die sekulêres en ander afvalliges.

Die werk wat hy doen is verseker hoofstroom Amerikaanse gereformeerde godsdiens en tog geniet ek sy werk baie. Op sy site is daar baie nice goed om af te laai. Hy kyk na moeilike vrae soos “The problem of Evil” en baie meer. Vir my is die audio stuff wat afgelaai kan word baie waardevol.

Hier is sy site:

http://www.reasonablefaith.org/site/PageServer

Vertel gerus wat julle van hom dink. Moet nie worry dat ek oordadige helde verering vir die ou het nie, ek kyk na alle mense deur die bril van Christus.

5 comments:

Bertus said...

Michael, ek ontvang gereeld Craig se nuusbriewe en vind dit stimulerend. Hy is vir my werklik een van die beter apologete daarbuite, veral omrede hy na my mening eerder nie-Bybelse bronne gebruik in onder andere debatvoering met ongelowiges.

Ek verneem dat Dawkins nou al verskeie kere geweier het in debat met Craig te tree, myns insiens 'n aanduiding van die kaliber verstand waarmee mens hier te doen het.

Ek geniet ook Dinesh D'Souza se perspektiewe, en is hy ook 'n uitstekende redenaar.

D'Souza is die afgelope ruk besig om die vernaamste ateiste op universiteitskampusse te debatteer, en vaar hy heel goed. Die debatte is beskikbaar op Youtube, doen net 'n soek onder sy naam.

Henry said...

Ek moet sê dat ek ook 'n groot voorstander van William Lane Craig is. Sy publikasie oor Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood is puik.

Ek praat onder korreksie, maar hy het ook 'n publikasie oor Gnosticisme, wat eweneens besonder goed nagevors is.

Michael said...

Hallo Bertus,

Ek dink nou aan jou opmerking in 'n ander gesprek oor jou onsekerheid aangaande die liggaamlike opstanding van Jesus. Soos Henry hier genoem het. Dit is William Lane Craig se spesialiteit.

Hy het hierdie vraag in 'n doktersgraad bestudeer aan 'n Duitse Universiteit en kan seker as een van die beste kundiges op die gebied beskou word. Hy het op sy site 'n paar debatte met diegene wat Jesus se opstanding nie wil aanvaar nie.

Ek ken nie jou pad van ondersoek nie maar ek noem dit maar net om my sekerheid te gee dat jy dit wel oorweeg het. Dan gaan ek ook moeilik wees en vra dat as jy dit oorweeg het en te lig bevind het, sal jy dit met ons bespreek. (Dit is nie nodig as dit te persoonlik is nie.)

Groete,
Michael

Bertus said...

Michael, nee, ek het nog nie Craig se doktoraal gelees nie, dankie vir die verwysing.

Ek sal baie graag van my vrae oor Jesus se opstanding mettertyd met julle wil deel. Wat ek wel kan sê is dat ek tevrede is dat Jesus as historiese figuur definitief bestaan het. Dit is my vertrekpunt.

Op die oomblik lees ek in diepte na oor nie-Bybelse bronne rondom Jesus en veral die opstanding. Ek probeer my werklik ook in daardie tye plaas, en probeer vergelykende scenario's in my kop skep sou iemand byvoorbeeld vandag 'n aanspraak maak op Godskap.

Watter bewyse sou ek byvoorbeeld aanvaar? Ek wil nog graag die Amerikaanse prokureur Philip Johnson se werke lees oor veral die bewys van Jesus se opstanding in 'n moderne hof.

Michael said...

Net 'n punt van sekerheid. Philip Johnson is 'n ID ondersteuner wat bekend is dat hy Darwinisme in 'n hof sal kan ondermyn. Hy het die term "metaphysical naturalism" so ver ek onthou begin om te verwys na die onwetenskaplike basis van Darwinisme.

Ek dink jy mag aan Josh McDowell dink.

Groete,
Michael
P.S. Ek het nie Craig se verhandeling gelees nie, net van sy praatjies en debatte geluister...Dit is baie gemakliker.