Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/12/2008

“When people are big and God is small”

“When people are big and God is small” – dit is die titel van ‘n boek van Ed T. Welch. Lanklaas het ek ‘n boek gelees wat so ‘n indruk op my gemaak het, en soveel lewenswaarhede bevat. (Seker omdat mens so baie daarvan in die Bybel terugkry!).

Ek dink ek moet minstens twee maal ‘n maand die onderstreepte dele in die boek lees, want ek sien hierdie “siekte” maar al te gereeld by myself....

Soos die titel sê, gaan dit in hoofsaak daaroor dat mense in my lewe ‘n groot invloed op my kan uitoefen, en dat dit in sekere opsigte baie negatief kan wees. Ek kan byvoorbeeld sleg voel oor hoe reken ander oor my dink, of ek kan toelaat dat ander my gedrag beïnvloed. Dit kan daartoe lei dat ‘n mens ‘n “people pleaser” word: dat mens alles in jou vermoë doen om ander te behaag, of selfs dat ‘n mens ‘n (onnatuurlike) “vrees” vir ander ontwikkel.

Die beste en waarskynlik mees bekende voorbeeld in die OT, die prenteboek van die Bybel is die verhaal van Dawid en Goliat: Die volk wat so bang was vir Goliat en elke keer as hy verskyn , gevlug het en daar kom die kleine, jonge Dawid en loop die reus tromp-op. Wat het die verskil gemaak? Dawid se God was gróót, baie groter as die reus Goliat.

Hoeveel keer kry ek nie myself dat mense om my groter is as my God, en dat ek agteroorbuig om iemand te “please” .... so word ek eintlik ‘n slagoffer van dié mens wat ek toelaat om my Godsbeeld klein te maak.... Is daar enige "Goliats" in JOU lewe, en hoe hanteer jy dit?

1 comment:

Michael said...

Dankie vir hierdie insig en verwysing. Ek is sommer nou lus om meer te voel hoe dit moet wees om soos Dawid in alles te wees.

Dink net... Dawid het tussen mense 'n held geword oor hy God blindelings gevolg het. Die kuns wat uit sy wese gestraal het van God gekom, in so 'n suiwer toestand.

Die lekker van dit alles is dat Dawid ook maar net 'n mens was, maar dat God vir hom groter as sy lewe of die lewe self was.

Lekker gedagtes, dankie Henriette!!!