Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/09/2008

What to do...What to do...!!!

Ek wag met af wagting op julle "Posts".

In tussen sal ek hierdie gesprek oop hou om julle kans te gee om tegniese vrae oor die blog-ding te vra.

Groete,
Michael

15 comments:

Henrietta said...

Hoe begin ons nuwe onderwerpe?
(Solly, so velly solly, I'm a slo..oow learner of teknôlôgie... )

Henrietta said...

Ek dink nie Yf weet al van die blog nie, sover ek weet log hy net van die werk af in.

Michael said...

Die eerste belangrike ding om te doen voor julle 'n "New Post" kan plaas is dat julle moet "In Log". Dit sal julle al die regte gee wat julle nodig het. Daarna kan julle net op "New Post" klik en dit sal julle na 'n bladsy neem waar julle die opskrif en inhoud van die post kan tik. As julle klaar is "Publish" julle dit maar net.

Hoop dit help.

Henrietta said...

Help asseblief!

1. Met julle toestemming , wil ek graag my jongste dogter (25 jaar)uitnooi - ek dink sy en Alet sal lekker gesels. Hoe nooi ons mense uit om ook deel te neem?
2. Hoe plaas ons foto's by ons profiel? (Mart lyk so mooi op haar profiel!).

Michael said...

Hallo Henriette,

Sy is meer as welkom wat my afhang. Die proses is eenvoudig. Ek het net haar epos adres nodig, dan stuur ek vir haar 'n uitnodiging.

Om presies te wees maak ek al die deelnemers oor administrators op die blog, wat beteken jy kan haar ook nooi as jy net na die settings toe gaan. Vir nou sal ek dit sommer doen... Stuur my net haar epos adres.

Wat jou profiel aan betref moet jy maar op jou profiel (naam in die gespreksgenote lys) klik as jy reeds aangelog het. Dit behoort jou edit opsies te gee.

Groete,
Michael

Yf said...

Hallo Michael,
Lekker bly om hier te wees. As jou blog 247 mense het gaan jy nog jou woorde berou om te vra vir plasings!

Die kwessie van nuwe lede raak nou aktueel. Soos ek dit sien, het ons beweeg van 'n protesaksie, na 'n alternatief - heel reg en geregverdig. Ek sou ook graag ander christene wil nooi / genooi wil hê. Ek dink dit sal goed wees vir groei en vitaliteit. Enigiets wat stagneer vergaan en dis die laaste ding wat ons wil hê. Ek sou bv. graag my vrou, Melodie wou nooi(melodiev@armscor.co.za)en myself by my huis (yfz@mweb.co.za)Derde in die ry staan 'n goeie vrien, ens. Maar in die geval respekteer ek die eienaar se goeie oordeel. Maar die vraag bly, wat van ander christene en wat van taal? Ek voel soos 'n verraaier teenoor Elimelek, hy het ons nog nooit iets slegs aangedoen nie. Ek sal sê laat Henriëtta toe om haar dogter toe en Engels of Nederlands is ook aanvaarbare tale.

In Vrede

Henrietta said...

Hallo Michael, dankie vir die inligting en dat jy vir Lilli sal nooi. Haar adres is : lillihamman@yahoo.co.uk .

Yf said...

Hallo julle,

Soos gesprekke meer ernstig raak van aard, so gaan die plasings ook langer raak. Sommiges sal bv. net 'n opsomming wil lees en nie die hele artikel nie. Hoe gaan ons almal akkomodeer? Miskien met 'n opsomming en dan koppel na die volledige plasing?

Kan ons nie ook asb vir Sokkies beterk nie?

Yf said...

Hallo Michael,

Van ons het gewonder hoeveel koste jy gehad het / steeds het en hoe ons dit met jou kan deel?

Yf said...
This comment has been removed by the author.
Michael said...

Hallo Yf,

Ek het geen koste nie. Google se Blogspot is verniet en gratis...!

Jy is welkom om vir Socrates te nooi. Dit is elkeen se eie prerogatief, maar ek sal geniet om met Socrates buit KK te gesels.

Groete,
Michael

Waldemar said...

Michael,

Is daar 'n maklike manier vir my om alle "comments" op posts te sien sedert die laaste keer wat ek ingelog het?

Dankie
W

Michael said...

Hallo Waldemar,

Ek het dit nog nie ontdek nie, maar as jy "subscribe" kry jy al die nuutste opmerkings in jou email.

My gmail organiseer dit heel goed en dit is maklik om the archive.

Ek sal gaan soek vir tools as ek 'n kans kry.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

Hi Michael,

Ek sien ek het my versoek so flussies verkeerd gekliek - dit moes gewees het op die 'comments' en nie op die koevertjie nie, maar ieder geval - hoe kry ek hier fotos en emotikone geplak?

Ek weet so min van blogging dat ek nie eers weet of my vraag 'n geldige ene is nie...LOL

Liza

Michael said...

Hi Liza-Nel,

Ek weet werklik nie... As ek 'n kansie het sal ek inkyk. Jy kan ook maar rondspeel met die layout van die blog. Ek het gesien daar is "gadgets", wat dalk 'n oplossing mag bied.

Groete,
Michael