Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/15/2008

Weet julle van die Uncommon Descent Blog

Ek kyk nou weer so vinnig na een van my gunsteling blogs - Uncommon Descent, toe wonder ek sommer of julle al daarvan gehoor het. Dit is 'n blog wat gaan oor "Intelligent Design" en veral biologie en die oorsprong van lewe. Die mense wat daar skryf is seker hoofsaaklik bioloë, maar hulle praat oor baie ander interessante goed. Die mense daar verwys gereeld na baie oulike dinge op die net, wat ek nooit op my eie sou kry of selfs eers voor sou soek. Soos hierdie artikel oor 'n vars nuwe studie wat bepaal het dat alles daarop dui dat ons sonnestelse onder baie unieke toestande moes gevorm het om enigsins te lyk soos wat dit vandag lyk.

Gaan kyk gerus en laat weet my wat julle dink, of vertel ten minste vir iemand wat julle dink belangstel in die onderwerpe wat hierdie ouens hanteer.

3 comments:

Henrietta said...

Prof David Block die wereldbekende sterrekundige van Wits na wie ek al 'n paar keer verwys het, is 'n bekeerde Jood. Hy glo ook dat lewe, soos ons dit ken hier op aarde, is so uniek dat dit nerens anders in die universum voorkom nie EN dan bewys hy dit ook nog met ingewikkelde sterrekundige wiskundige formules.

Michael said...

Hallo Henrietta,

Ek het al van Prof Block gehoor. Ek het nog nie van sy praatjies gehoor nie, maar hy is glo 'n baie gesogde spreeker.

Ek sal 'n oog gaan gooi oor sy webtuiste ook. Mense soos hy is vir my altyd 'n bemoediging as ek oor die akademie se sekulêre karakter dink.

Groete,
Michael

Bertus said...

Baie interessant, nog iemand (William Dembski) wat weier om vas te val in die 'group think' en dogma van die Darwin mafia.