Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/28/2008

VIGS- die Groot Onnoembare....

Hulpverlening aan " those infected and affected by AIDS " laat my dink aan die verhaal van die ou wat op die strand wat besaai was met seesterre wat deur die stormsee op die sand uitgespoel het, geloop het. So ver as wat hy geloop het, het hy een na die ander nog lewende seester opgetel en in die see teruggegooi.

'n Vriend het van die ander kant af by hom verbygeloop en hulle het 'n oomblik gestop om te gesels.

" Waarom doen jy dit? Dit help tog nie - dis tog 'n hopelose taak, hier is duisende seesterre, " s^e die vriend.

"Ek is seker die een wat ek nou net in die see teruggegooi het, sal nie met jou saamstem nie!" lag die weldoener, en gryp nog 'n ster.

Thabo Mbeki het op 'n keer ontken dat hy iemand ken wat VIGS het - moet mens noodwendig iemand " ken" om betrokke te raak? Waarom wil so min mense daarby betrokke raak?

Verlede week het ek gelees dat daar gereken word dat daar nou 1000 mense per dag (ja, PER DAG!) aan VIGS of VIGS verwante siektes doodgaan - dis meer as 'n reuse vliegtuigvol mense elke dag: verbeel jou, 'n Jumbo Jet val elke dag in SA - dit sal hoofopskrifte in koerante wees!!!!!!!!!

Op een of ander wyse is ons ALMAL daar deur geaffekteer.... direk of indirek...

3 comments:

Michael said...

Henrietta,

Dit is 'n groot hoërskool se "kinders" wat daagliks uitsterf...

Rieta said...

Ek wonder soms of die volstruis met die kop in die grond nie die grootste rol hier speel nie...ek dink meeste van ons in hierdie land is ongelukkig skuldig hieraan...

Wanneer iets mens nie persoonlik raak nie, het ons as mense 'n geneigdheid om nie regtig om te gee nie - miskien is dit die verkere woorde...

Nee, ek dink tog ons gee om...dankbaar dat ons dalk nie die slagoffer is nie...of dit nou AIDS/misdaad is etc...

Ons kruip weg in die algemeen...die volstruis kom uit...

Bang om te erken daar is 'n probleem - want dan gaan ons dit moet oplos...en/of dalk self moet erken dat ons die oorsaak was daarvan...

Henrietta, al wat ek kan se is dat dit vreeslik hartseer is dat soveel mense geaffekteer word...ons hele land se ekonomie word ook daar deur geraak...en dit beinvloed almal...nie net sekere rasse of geslag nie...maar elke familie in die hierdie land.

Ons land se populasie groei sal stil staan of agter uitgaan...

Ek wonder soms of daar nie iets is wat ek kan doen nie...'n bydrae lewer, nie noodwendig met VIGS nie, maar "charity" werk...

Henrietta said...

Sjoe Michael, dis amper erger as mens SO daaraan dink - dink maar hoe skree die koerant opskrifte met Kombi en bus ongelukke met 'n groot aantal slagoffers....

Rita, jou volstruis-kop-in-die-grond-beeld is baie toepaslik!

Ek het vir baie lank gedink " julle bring dit oor julself, so soek julle dan maar vir oplossings" (sonder om die "julle" te kwalifiseer).

Maar toe ek meer van mense se omstandighede leer, het ek meer insig en begrip gekry. Ek dink " raising awareness" is baie belangrik. Haal " die ding" uit die kas uit, lees daaroor, doen navorsing daaroor, praat daaroor , veral met kwesbare jong mense.

In my werk " moet" ons juis aktiewe bewuswording kweek, hetsy deur dit iewers in ons aanbiedings in te werk, of deur iets soos enkele sinne onderaan ons omsendbriewe of notas aan te bring.

Ny huishulp se een dogter het TB gekry en is na 'n smartlike lyding dood. Dit het die siekte baie naby aan ons gebring. Ek het ook deur die kerk by 'n organisasie betrokke geraak, maar ek is seker elke maatskaplike werker en/of dokter sal van plekke weet.

Mens kan ook by groepe soos TAC betrokke raak. ARM's (Anti-Retrovirale Middels) verleng mense se lewens, soms tot meer as 10 jaar langer. Elke ma wat langer leef, keer dat kinders " ons" verantwoordelikheid word....