Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/21/2008

"Valse gewigte? "

In verlede week se Rapport was daar ‘n brief van Cliff Saunders. (Lees hier: http://www.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_2377058,00.html) Ons ouer mense onthou hom baie goed vir sy skerp en ondersoekende joernalistiek . Hy teken die dade van Robert Mugabe en die Waterkloof-vier en stel dit dan teenoormekaar. Wanneer hy kom by die straf wat die 4 jong manne gekry het, teenoor die feit dat Mugabe skotvry wegkom met baie erger wandade, kom hy tot die konklusie: “Die lewe is onregverdig” Vir my is die kruks van die saak nie soseer dat die lewe onregverdig is nie, maar eerder dat daar dubbele maatstawwe toegepas word. In Miga 6 word daaroor gesels en God se oordeel word daaroor uitgespreek. Terme word gebruik soos ‘n verkeerde maatlyn, ‘n onbetroubare weegskaal, vals gewigte, lieg en bedrieg. Ook op ander plekke in die Bybel soos in Spreuke 11:1 en 20:23 word daar ook oor valsheid geskryf.In ons gesin het ons ook die afgelope tyd oor hierdie onderwerp gepraat, en het mekaar daarop gewys dat Cliff juis oor dít praat wat onlangs in ons huis onder bespreking was. Is ons en Cliff net onnodig sensitief? Is dit só ‘n algemene verskynsel in vandag se lewe dat dit maar Oke is?