Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/26/2008

The unrooted heart

faith was meant to be greater than visible mercy merely captured in the insipid terms of time. the glorified decisions we make may potentially create a sense of utopia. however - in most cases - we catch ourselves feeling sublime to hope for any hint of mercy in a wordly body filled with surpressed energy and the most basic fear. are we really so close to knowing it all...or is the inevitable loss of sense of being dauntingly near? the irony lies in creating comfort by imagining that this is the actual journey to the Ultimate Us, not neglecting the many so-called miraculous discoveries along the way. discoveries that are linked to temporary significance since our states of the slightest surfacing mercy cannot seem to stay. clearly, the only remaining deed left is to release our collective enigmatic breath? we would like to believe that simplicity lies in identifying ourselves as a body with a mono-mind and a single heart. a heart that forgets that at the end of our definition of time, it will be only You and God left

11 comments:

Michael said...

Hallo Alet,

Ek het net gister 'n worsteling gehad met die beginsel van "ultimate awareness of all experiences" in ons wêreld / heelal. Hierdie gedagtes van jou spreek reguit uit daardie gedagtes. Ek dink dit soek na 'n antwoord op 'n baie soortgelyke vraag... wie weet.

Vir my is daar tog 'n sekerheid dat die monistiese (mono-mind) idee van ons bestaan nie geldig is nie. Die rede is eenvoudig dat God en sonde nooit EEN kan wees nie, al het Hy dit toegelaat / geskep (Die "alles een" idees het 'n magdom logiese teenstrydighede en dit is belaglik om te sien hoe die voorstanders daarvan hulleself konstand weerspreek). Dit is hoekom ek nooit te ver saam met die monistiese ideologieë kan stap nie. Dit is lekker om het mense van daardie oortuiging te praat, tot ons kom by die mono-mind gedagtes.

Dit is daar waar die "karma" "chi" "positiewe energie" inmekaar val. Persoonlik het ek die oortuiging dat die mono-mind idee heeltemal te egosentries is, vir die eenvoudige rede dat die onderskeid tussen MY en GOD dan so verward raak dat ons maar weer kan praat van "godless self indulgence".

Die antwoord wat ek gister gekry het in my meditasie oor die onderwerp van ons ervarings was; 'n Volmaakte toestand waaraan ons kan deel hê bestaan in God se hande werk en "absolute awareness" kan net bereik word as ons wil na Christus gerig is. 'n Voorbeeld is sonde... ek het gesien hoe sonde eers sonde word as ons wil Christus uitsluit... Dit het my gebring by die wete dat as ons Christus uitsluit is "all experiences" tot die dood (ware dood, tweede dood, noem dit wat jy wil... dit is daardie vrees in ons harte dat ons bestaan vir ewig sinneloos gaan wees.)

Dit beteken dat ons volkome met God en mekaar kan kommunikeer. Ons kan volmaak lief hê agv Christus. Dit beteken nie dat ons EEN word nie.

Dankie vir hierdie prikkelende gesprek.

Groete,
Michael
P.S. Ek begin voorbarig voel dat ek 'n opmerking oor alles hier het. Julle is welkom om my stil te maak.

Alet said...

Hallo Michael,

Jy't great insette oor hierdie onderwerp! Ek't ook al voorheen opgetel dat voorstaanders van die "energie" ideologie lief is om na 'n mono-mind te verwys. Alhoewel ek in positiewe en negatiewe energie glo (dis nou weer 'n hele ander gesprek), voel ek dat elke persoon 'n entiteit in eie reg is en dat jy sodoende op die ou end alleen voor God gaan staan.

Dit is verseker egosentries en selfs arrogant om te glo dat ons nie onderskeid kan tref tussen ons - as mense - en God nie. Dit is Sy liefde wat ons lei en help maar, soos jy sê, ons is nie een met Hom nie!

As jy praat van God uitsluit in "all experiences", bodoel jy dat sonde is wanneer God nie 'n plek het in ons gedagtes en besluite nie? Dat ons m.a.w. leef sonder om Sy wil in ag te neem? Ek't jou so bietjie verloor met die "dood" issue in hierdie gesprek...sal graag meer wil hoor daarvan.

Ek waardeer jou opmerkings! Ons is after all hier om idees en ervarings uit te ruil :).

Alet ***

Mart said...

Hallo Alet,

Wie hierdie hierdie stuk geskryf wat jy geplaas het?
Dit is regtig baie diepsinnig.

Wil jy ons meer daaroor vertel en 'n analise daarvan vir ons gee?

Michael said...

Hallo julle,

Ek dink ons is almal oppad na dieselfde idee toe. Die belangrike is of jy EEN met God is deur die Heilige Gees en steeds onderskeibaar is as die geredde sondaar of nie.

Dit waarvoor ons almal dalk bang is is daardie Universele Eenwording waar daar geen onderskeid meer oorbly nie. Ek dink die idiologie is Panteisme. "Ek en die boom het een geword"...

Volgens my is dit moontlik om Een met God te wees net soos ons eensgesind in liefde kan wees.

Interessante onderwerp want dit gaan nou aan "Panenteisme" kan raak, en ons weet wie ons moderne voorstaanders van hierdie teologie is.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

Alet: "Dit is Sy liefde wat ons lei en help maar, soos jy sê, ons is nie een met Hom nie!"

...Maar is dit nie ook so dat God se Gees ons een maak met Hom nie?

Hiermee bedoel ek nie soos wat sekere New Age idees wil beweer dat ons die "God-source" in onsself omdra en sodoende 'on par' met 'n God-idee gestel kan word nie.

Ek dink hier eerder aan Genesis 2:7
waar God Sy Gees in Adam blaas en hom sodoende "een" in Gees met Hom maak wat natuurlik deur die sondeval vernietig is en slegs eers na die koms van die tweede Adam nl Christus en die uitstorting van Sy Heilige Gees herstel is...

Hoe dink julle, of mis ek nou die bus toetentaal en al?

Liza

Michael said...

Hallo Alet,

Die "ware dood" ding is maar net daardie finale toestand waar ons vir altyd van God verlate sal wees. As dit maar net nog 'n toestand in ons ervaring was dan was alles mos maar soos dit is, maar nou is dit baie duidelik dat God het 'n volmaakte toestand geskep en ons as mense kan buite daardie toestand vir ewig op eindig.

Die verdere esensie van wat ek in my eerste post genoem het was die feit dat God NIKS het aan die bose / duisternis of wat ons dit ook al wil noem. Dit is in sy karakter om homself te definieer. Die panteiste sê dat die "godheid" se "claim to fame" is dat dit die "Volkome Niksheid" bereik het, daar waar daar geen onderskeid van watter aard ook al is nie. Dit is nou vir jou die grootste teenstrydigheid met die Skepper God wat ons in die Bybel ontmoet.

Groete,
Michael

Michael said...

Hallo Alet, (weer)

Die stuk wat jy geplaas het is baie baie diep en ek het dit nou weer gelees, baie stadiger. Dit wil vir my lyk of hierdie skrywer (is dit dalk jy???) het die punt baie mooi saamgevat presies soos wat ek/ons probeer.

Hy/sy maak die onderskeiding tussen ons en God baie mooi en lewer eintlik kritiek op die populêre siening van "imagining that this is the actual journey to the Ultimate Us".

Ek weet nog steeds nie heeltemal nie. Dit wat ek tot op hede geskryf het was meer 'n uiteensetting van die verwysing wat ek gebruik om dit te verstaan.

Dankie weereens hierdie gedagtes het my werklas van die dag baie lekkerder in gekleur.

Groete,
Michael
P.S. Help my uit vriende... Wat word hier nou eintlik gesê... Dit klink dan so mooi!!!

Alet said...

Hallo julle

Dit is ek wat dit geskryf het...dankie vir al die komplimente! :)

Het so 'n paar maande gelede geworstel met hierdie onderwerp. Dis nie dat ek nou minder daaroor dink nie maar dit help om dinge met pen en papier uit te laat.

Dit wat ek hier probeer sê het, is maar net 'n samevatting van wat jy (Michael) en Lize-Nel voel oor die idee van "EEN MET GOD" VS "BAIE ONDER GOD". Ja, die Gees is een met ons en ons is sodoende een met God maar ek glo dat ons keuses en besluite ons tog "skei" van God. Ons moet hard werk, deur ons manier van lewe, om nader aan hom te kom en om onsself as amper een met Hom te kan sien. Dis nie net 'n "given" as ons onsself as Christene verklaar nie.

Ek't aspris nie gebruik gemaak van hoofletters in die gedig nie, behalwe toe daar oor die Ultimate Us en oor God gepraat is. Die rede hiervoor is dat die Ultimate Us amper 'n afgod in die hedendaagse lewe geword het. Die "herd-animal" effek is baie sterk en ons kan so vasgevang raak in groepsituasies dat ons ons groepe as uiters sterk en as invincible ervaar. Hierdie is slegs 'n illusie en dis die hartseer deel daarvan.

Net God is alleheersend en slegs as ons eerste keuse van 'n "spanmaat" God is, kan ons (metafories gesproke) hoofletters begin gesbuik.

Ek hoop die gebruik van simboliek en beelde in die gedig maak enigsins sin?

Alet ***

Michael said...

Dankie Alet,

Dit was vir my 'n heerlike opvoeding in die groot gaping wat daar in my kennis van die woordkuns is. Jy moet verseker weer jou gedagtes op hierdie mannier neerpen...

Jy moes verseker die Heilige Gees gehoor het want my gedagtes het gisteraand hier verby gegaan. Ek het selfs 'n mindmap daarvan gemaak en sal dit dalk vir julle probeer wys.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

Nice dinkwerk Alet.

Henrietta said...

Wat ‘n pragtige stuk, Alet! Dit het my dadelik laat dink aan van die heel laaste woorde wat Jesus met sy dissipels gepraat het, met die laaste avonmaal/nagmaal. Veral Johannes 15. Dit was nadat Hy die uiters vreemde ding gedoen het, (Joh 14) om hulle voete te was. Toe nog, vreemder, Mat 26, Luk 22) die toepassing van die Brood en die Wyn (die uiteindelike vrug van die wynstok) op Homself. In Joh 15 gebruik hy die wynstok met die lote en vrugte as beeld en in vers 4 sê Hy: “Bly in My , soos Ek in julle.....” . Sonder Hom kan hulle (en ons ook) niks doen nie. Hy gaan verder om die beeld uit te bou, en sê dat wie in Hom bly, veel vrug sal dra, maar wie nie in Hom bly nie, sal soos onvrugbare lote afgesny en verbrand word. Van die treffendste dele is hierdie: (laaste deel van vers 5) ... “sonder My kan julle niks doen nie”.

Paulus is ook baie lief om van “In Christus” te praat. Ek verkies om nie die terme panteïsme en/of panenteïsme te gebruik nie, maar liewer "ou terme": In al die gevalle, hier waar Jesus praat en ook waar Paulus dit gebruik, is dit van die mees intieme verhoudings, en dui dit op innige afhanklikheid, diepe vertroue en aanhoudende verbondenheid.

Hierdie verbondenheid kom deur 'n lewende verhouding met Hom te hê, soos deur tyd met Hom deur te bring, deur sy Woord te lees en deur te bid.