Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/23/2008

To see or not to see...

Mirror

I am silver and exact. I have no preconceptions.
Whatever I see I swallow immediately
Just as it is, unmisted by love or dislike.
I am not cruel, only truthful --
The eye of a little god, four-cornered.
Most of the time I meditate on the opposite wall.
It is pink, with speckles. I have looked at it so long
I think it is part of my heart. But it flickers.
Faces and darkness separate us over and over.
Now I am a lake. A woman bends over me,
Searching my reaches for what she really is.
Then she turns to those liars, the candles or the moon.
I see her back, and reflect it faithfully.
She rewards me with tears and an agitation of hands.
I am important to her. She comes and goes.
Each morning it is her face that replaces the darkness.
In me she has drowned a young girl, and in me an old woman
Rises toward her day after day, like a terrible fish.

- Sylvia Plath

15 comments:

Mart said...

Dis beautiful, Rieta! Vertel ons meer hiervan?
Groete
Mart

Liza-Nel said...

S. Plath is beslis een van my 'favourites' en jou Mirror plasing van haar is erg aangrypend...

Sy het in haar kort leeftyd van 31 jaar ikoonstatus in die VSA behaal met haar geniale skryfwerk en digkuns. Sy was 'n komplekse karakter wat van jongtyd af gepla was met selfmoordgedagtes en 'n onnatuurlike beheptheid met die dood... sy het dan ook in 1963 selfmoord gepleeg.

In hierdie gedig soos in baie van haar ander gedigte ook skemer die verlange na 'n soort van 'wedergeboorte' deur - 'n verlange na die onskuld van haar kinderjare dalk?

Face Lift

You bring me good news from the clinic,
Whipping off your silk scarf, exhibiting the tight white
Mummy-cloths, smiling: I'm all right.
When I was nine, a lime-green anesthetist
Fed me banana-gas through a frog mask. The nauseous vault
Boomed with bad dreams and the Jovian voices of surgeons.
Then mother swam up, holding a tin basin.
O I was sick.

They've changed all that. Traveling
Nude as Cleopatra in my well-boiled hospital shift,
Fizzy with sedatives and unusually humorous,
I roll to an anteroom where a kind man
Fists my fingers for me. He makes me feel something precious
Is leaking from the finger-vents. At the count of two,
Darkness wipes me out like chalk on a blackboard. . .
I don't know a thing.

For five days I lie in secret,
Tapped like a cask, the years draining into my pillow.
Even my best friend thinks I'm in the country.
Skin doesn't have roots, it peels away easy as paper.
When I grin, the stitches tauten. I grow backward. I'm twenty,
Broody and in long skirts on my first husband's sofa, my fingers
Buried in the lambswool of the dead poodle;
I hadn't a cat yet.

Now she's done for, the dewlapped lady
I watched settle, line by line, in my mirror—
Old sock-face, sagged on a darning egg.
They've trapped her in some laboratory jar.
Let her die there, or wither incessantly for the next fifty years,
Nodding and rocking and fingering her thin hair.
Mother to myself, I wake swaddled in gauze,
Pink and smooth as a baby.

Sylvia Plath

Alet said...

Pragtig...

"No preconceptions" is so belangrik! Profound words, I would say ;).

Die idee van 'n groei en verandering is lekker diepsinning. Plath is altyd goed daarmee om pole uit te beeld: daar's die idee van verandering, maar tog is die spieël (wat talle dinge kan simboliseer) 'n standvastige faktor. Of ons altyd daarvan hou of nie, die lewe maak seker ons sien dinge soos hulle regtig is.

"To see or not to see"...wat is dit dan wat ons nie in onsself wil raaksien nie?

Alet ***

Michael said...

Hallo julle,

Julle verloor my heeltemal in die kuns van woorde, maar omdat ons almal dit tog gebruik moet daar tog hoop wees.

As ek hier lees dan wonder ek wat die fasineering met die dood nou werklik vir haar was. Hoekom ek vra is omdat ek glo dat elke keer as ek uitroep "Kom Here Jesus, ja... kom gou..." dan is die dood van hierdie liggaam in my gedagtes.

Dit is daarom nie so simplisties om enige iemand se fasinering met die dood te vergelyk met bose selfmoord neigings nie.

Hier het ons dan nie met iemand so eenvoudig te doen nie. Het enige van julle al die "geeste getoets" rondom Sylvia?

Groete,
Michael
P.S. Ek moet nog iemand ontmoet wat logies kan toon dat dit moontlik is om "no preconceptions" te hê nie.

Mart said...

Michael,

Gaan staan voor 'n baie mooi skildery wat in jou huis hang. Kyk mooi daarna... Jy sal sien dat dit die skadu dele in die skildery is wat die skildery mooi maak en diepte gee...

Die skadu-kante van menswees is net so deel van die mens as die lig kante. Die lig en die skadu maak van jou 'n mooi mens want dis altwee deel van jou. En dis okay.

Mart

Alet said...

Michael,

Dis verseker nie "logies" om nie preconceptions te hê nie. Alhoewel dit nie logies is nie, is die konsep van objektiwiteit nog steeds 'n uitdaging wat elke mens een of ander tyd teekom. As Christene, behoort ons hierdie uitdaging aan te gryp en heeltyd sonder ophou te "baklei" teen preconceptions.

Twee bekende teoloë het die volgende te sê rondom hierdie onderwerp:

"Christians just seem to “wing the Bible,” and divide up the text based upon what seems to fit their political and social preconceptions — in other words, they use thinking which is the product of their own culture in order to decide what is “really” a product of another culture and what isn’t."

(Bogenoemde som die probleem van preconceptions op en die volgende teks gee 'n redelike eenvoudige oplossing daarvoor).

"Set aside your preconceived notions and go to the Bible seeking a word from God. If you will do this you might realize that you don’t have things quite as well figured out as you thought you did. But I am willing to bet that you think that is a fair trade as you get to know God better."

Hierdie benadering is waardevol in alle situasies waar ons die versoeking beleef om preconceptions te hê.

Alet ***

Rieta said...

Elke mens het sy verskeie dimensies - donker hoeke wat jy wegsteek...die ligte kant is die een wat jy meestal wys...die kant waarvan die ander hou...

Die spieel maak dit moeilik om hierdie donker hoeke weg te steek...die refleksie wat hy terug gooi is die werklike jy...die een waarvoor mens partymal wegkruip. Die kant wat jy nie altyd wil / of dalk moet leer ken nie...sien mens so duidelik...

Plath se uitbeelding van die spieel, waar die mens opsoek is na die werlike jy...is vir my eintlik ironies...
Die spieel, weerspieel die werklike - die mens se vermyding van sy eie realiteit kom sterk deur...veral waar die vrou hard en peinsend staar en soek met die hoop om iets of iemand anders te sien...

It's staring the truth straight in the face and denying its existence...


PS: op 'n ligter noot...

Wat ons moet verstaan...its our flaws that make us beautiful...not the perfections..our quirks,our mannerisms those are the real deal, even die donker labyrinths wat ons wegsteek ;-)

Rieta said...

Konsep van No Preconceptions...is vir my amper onmoontlik...ek dink nie die mens kan ooit werlik so wees nie...

Dit is juis ons strewe om so te wil wees wat ons moet dryf en nader aan God bring...

Preconceptions maak ons blind en kan ons nie die werlike sien nie...

Alet, ek gaan met jou saam stem..Christene het 'n geneigdheid om die "text" uit konteks te haal om by hulle preconceptions te fit...because it will validate their thought.

God se onvoorwaardelike liefde vir sy kinders is nog altyd my hoeksteen in my verhouding met Hom...en ek strewe om so te kan lief he... Ek gaan egter nie stry dat dit vrek moeilik is nie... ;-)

It's a battle you fight every day.

Mart said...

Rieta sê: "God se onvoorwaardelike liefde vir sy kinders is nog altyd my hoeksteen in my verhouding met Hom...en ek strewe om so te kan lief he... Ek gaan egter nie stry dat dit vrek moeilik is nie."

Rieta, ek stem 100% met jou saam!

Mart

Alet said...

Die ironie in Plath se gedig is wat my daai butterfly gevoel gee as ek dit lees! Soveel waarheid in die beeld "YOU ARE WHAT YOU SEE, without exceptions my dear".

Jy's reg, Rieta :). By embracing our own as well as the surrounding flaws, we appreciate and enjoy individualism. Jammer vir al die Engels, maar partymaal kan mens dit net soveel mooier in Engels sê.

'n Mens kan ook nie vies wees vir die spieëlbeeld van jou ligte- en donkerhoeke nie, want dis slegs 'n realistiese prentjie en nie een wat jy kan "reg kyk" nie. Jy kan, wel, werk aan die image wat jy sien en 'n groeiproses begin om die "beste jy" te word. 'n JY wat sonder preconceptions en met die beste intensies moontlik die wêreld betree.

Alet ***

Michael said...

Van julle het my post script opmerking oor "preconceptions" verder geneem. Om eerlik te wees was ek amper te bang om dit te noem omdat dit dalk niks werklik te doen het met die gedig nie.

Persoonlik is my preconceptions, presuppositions of wat jy dit ook al wil noem nie meer 'n probleem nie. Die rede is dat ek sistematies terug gegaan het en besluit het dat ek sal my eie idees by die kruis van Christus los. My getuienis op my persoonlike blog, staan baie sterk vir my in hierdie verband.

"What is a worthwhile journey?
A worthwhile journey is one of absolute awareness of all experiences in an absolute universe - created by an absolutely loving Creator!

A journey that is not dependent on my knowledge of good and evil but on Christ's absolute goodness is truly worthwhile. Yes, all this relativistic mumbo jumbo only make sense if you are on a journey of godless self-indulgence. Ask me I have been down that path."


Dit los my dan by die heerlikste genot van 'n lewe wat op EEN Voorveronderstelling gebasseer is. Jesus Christus, Drie-enige God self wat alles gemaak het...

Groete,
Michael
P.S. Deur die oë van Christus lyk Sylvia Plath se woorde ekstra mooi, en kan selfs die geraas van ACDC 'n uitroep tot God wees, in hulle verlorenheid...

Alet said...

Haha, goed gestel Michael :). Praat van die kruisiging, het jy al The Passion of the Christ gesien?

Michael said...

Ja, ek het "The Passion" gekyk. Dit is vir my 'n noodsaaklike werklikheid. Die Roomse invloede en al. Dit maak vir nuwe insigte.

Ek het die DVD ook gekoop en het dit al so drie keer gekyk. Die idee is dat saam met paasfees ons gesin dit kan kyk. (Vir die kinders as hulle emosioneel opgewasse is.)

Die skoonheid van die verhaal van Christus se kruisiging is dat dit nie maklik verdraai kan word nie. Dit is bloot 'n historiese gebeurtenis met transendentale impak, verby tyd en ruimte.

Groete,
Michael

Mart said...

Michael,
Jy gaan nou vir my kwaad wees, maar The Passion of the Christ laat my dink aan slaghuis teologie. Die aanloop en kruisiging word vir ure uitgerek en die bloed spat...

Die OPSTANDING moes baie, baie meer aandag in die fliek gekry het. Die opstanding is die belangrike deel.

Ek probeer my lewe AAN DIE OPSTANDING-kant van dinge lewe. As Die bloederige kant te veel klem kry, is dit depressing...

Mart

Michael said...

Mart,

Ek is verseker nie kwaad nie. Daardie aspek het my ook getref, maar ek sal nie weg skram van die bloed nie. Dit is soos 'n mens 'n gunsteling aspek van 'n kunswerk het.

Ek weet dat die Roomse kerk baie maak van die leiding van Christus. Dit is verseker nie ongereformeerd nie en daarom deel ek dit met graagte met die Roomse gelowiges.

Vir my is die lyding die pyn van die wêreld wat konteks kry in God self. Hy het volkome deel geword van ons pyn in al die detail wat pyn kan bring.

As iemand vir my wil vertel dat God nie betrokke is in ons pyn nie, dan dink ek aan "The Passion".

Ek weet dat daar 'n "Nuwe Hervormingsbeweging" is wat besig is om sinnelose rhetoriek te bou rondom die begrip dat "God 'n kinder molesteerder is". Die absurditeit daarvan is in die blatante veragting van die karakter van God in Christus wat so ver bo ons eie karakter is. Die karikatuur van God Drie-eenig wat geskep moet word om so 'n standpunt net naastenby sinvol te probeer maak slaan my asem gereeld weg.

Groete,
Michael