Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/22/2008

Slipknot se lirieke en die invloed op mens se gedagte-wereld

Kan ‘n mens ‘n liedjie luister of sing, sonder om oor die woorde te dink? En hoe belangrik is ‘n mens se gedagtes?
‘n Gesegde wat sê hoe belangrik ‘n mens se gedagtes is, is die volgende:
“Sow a thought, and you reap an act; Sow an act, and you reap a habit; Sow a habit, and you reap a character; Sow a character, and you reap a destiny” ...

Die Bybel vertel ook hoe belangrik ‘n mens se gedagte-wêreld is:
' n Mens is wat jy dink .... (Spr 23:6, King James vertaling).
Kol 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Nou wonder ek net, as mens heel dag sekere musiek oor en oor luister, het dit geen invloed op jou gedagte-wereld nie? As 'n mens dit neurie of sag in jou gedagtes nasing, dink jy nie maar op 'n manier daaraan nie?

Hier is stukke uit van enkele van Slipknot se liedjies:
Liedjie met die naam " Carve" :

"They are doing something rather curious with the parts of the bodyin a way we don't fully understand
"Someone elses telepathy Collasped enemy Always dealing with that and this I released then i believe
64 elimnation We'll make you understand How feel Facsination I need a gun I need a gun to kill
Your pain i see Carve! Theres something inside! Carve! Theres nothing inside! Carve! Theres something inside!
Carve! it's not done til overCarve! Your in your place trapped Your gonna get your face slapped
Bring more Slice, dice and penalize Gonna getted slam dunk You fat ass punk You stick your own face
Yet u can't afford your own place I am gonna give you a little more Gonna make u wanna to take it
Thank you anyways I am just taking you Roll your ass Force u to pass Least i am not fucked
Whatcha u going to do When god sees through you(You are fake) You want it even louder Eyes and ears
Listen to what we say so there is no way to elimanate (i want it all!!!!) Iam going to show u how to be decieving
SEE!What your lies have done YOU!You are the oneYOU! Are in your place trapped YOUR!! Have gotten retrapped YOU!ARE GONE YOU! ARE MINE! YOU!S HOW YOUR OWN FACE TRAPPED YOU!
JUST GOT RETRAPPED CARVE!
Uit 'n liedjie met die naam: Fuck this world:

Fuck it all, fuck this world, fuck everything that you stand for. Don’t belong, don’t exist, don’t give a shit, don’t ever judge me and don’t you fucking judge me.

Uit 'n liedjie met die naam : People= shit

Here we go again motherfucker, come on down and see the idiot right here everybody hates me now, so fuck it
Bloods on my face and hands…

6 comments:

Michael said...

Hallo Henriette,

Ek het 'n paar gedagtes oor hierdie saak. Die een is dat jy hier 'n baie sterk punt maak dat die mens se liggaam tog maar net 'n medium is waardeur die siel instansie in die fisiese wêreld kry, so ons is eintlik 'n lewende gees. Ons gedagtes is die essensie van menswees.

Dan is daar by my die gedagte aan die mag van suggestie. Hipnose is volgens my baie werklik. Deur suggestie kan die mens se siel 'n mens se liggaam tot die snaakste fisiese aksies lei. Ek glo dat suggestie kan die mens selfs tot moord lei. Laastens in hierdie gedagte is die feit dat ek nie kan sien dat dit onmoontlik is dat 'n lewende gees (dit is nou wat ons werklik is) kan gedeeltelik of algeheel beheer oor sy eie liggaam verloor as dit deur bose geeste beset word.

Die laaste gedagte gaan oor esoteriese suggesties. Dit is nou byvoorbeeld simbole met betekenisse wat nie noodwendig bekend is aan die mense wat dit sien nie, maar dit het tog 'n invloed op hulle, al dra hulle geen kennis daarvan nie. Ek onthou dat ek op universiteit die onderwerp ondersoek het toe daar een jaar 'n "Medusa" op die Joolblad se voorblad was. Die hele Joolblad was deurspek met die beginsels en suggesties van Gaya aanbidding en meer, maar niks daarvan was openlik nie. Ek kan nie my bronne onthou nie, maar daar was genoeg studies om te toon dat mense tog beïnvloed word maak nie saak hoe esoteries die boodskap is nie.

Dankie, vir 'n skokkende eerlike gesprek.

Groete,
Michael

Mart said...

Slipknot se lede gebruik dwelms. Hulle weet self nie presies waaroor hulle lirieke gaan nie. Daar is etlike websites waar tieners gevra word wat hulle dink die betekenis van "Carve" is. Dis oop vir vrye interpretasie.

Wat hipnose betref, is dit hoegenaamd nie effektief as mens nie self saamwerk en dus ten volle daartoe toestem nie. Jy kan dus nie onwetend gehipnotiseer word nie.

My gevoel is dat daar wel 'n geestelike aanval op 'n hoër dimensie kan plaasvind. Dit is seker waaroor dit hier gaan.

Ek wil afsluit deur te sê dat geen liedjie mens kan laat moord pleeg nie. Dis 'n sameloop van diverse omstandighede wat mense tot moord laat oorgaan. Suiwer sielkundige patologie is die vernaamste rede. Nie hard rock nie.

Groete
Mart

Rieta said...

In "Bowling for Colombine" het Michael Moore antwoorde probeer kry, waarom geweld meer gereeld in skole voorkom.

Iets wat hy ondersoek het was die "most popular beliefs" rondom hierdie tipe vorme van geweld.

Is dit video speletjies; musiek; rolprente wat 'n invloed op die mens se gees het...of wat jou "vertel" om dit te doen???

Dit is vir my moeilik om te glo dat Slipknot se musiek as die "root of all evil" gesien moet word.

Gevalle soos die van die "swaardman" is so skokkend op die mens psige en teen die grein van hoe ons groot geword het - dat slegs 'n "shift of blame" dit moet kan verduidelik. Dit word vir ons te moeilik om te kan verstaan andersins.

Hoe verduidelik ons aan onsself dat 'n 16 - jarige sy skoolmaat vermoor het?

Die mens het soveel verskeie dimensies en fasette, dit is amper onmoonlik om suiwer net een verduideliking te kan he oor die pleging van so daad.

'I am large, I contain a multitude' - Whitman

Alet said...

Henriette,

Baie mense vind uitlating deur middel van musiek. Die klem lê op "uitlating" en dat musiek nie die oorsaak of rede is waarom sekere aksies plaasvind nie. As daar onderliggende aggressie en woede is, sal lirieke soos Slipknot s'n 'n persoon sekerlik kan dryf tot selfmoord, moord of ander snaaksighede.

Elke persoon leef tog binne 'n struktuur en tussen ondersteunende entiteite: God / ouers / vriende. Dis elkeen se persoonlike verantwoordelik om hierdie struktuur toe te laat om die nodige leiding te gee in terme van wat goed of sleg mag wees vir hom.

En, as Christene, is dit ook belangrik om sulke skadelike situasies raak te sien en te vermy voordat hulle plaasvind. As jy n pêl of kind het wat sensitief is vir invloede, probeer hom of haar "weghou" van hierdie tipe musiek. Dit kan moontlik tot 'n Swaardman-geval lei.

Maar as jy Slipknot se kras maniertjies kan hanteer, waarom nie? ;) Onthou net dis verseker nie vir alle ore bedoel nie...

Alet ***

Michael said...

Hi Mart,

Ek wil net vinnig iets vra. As 'n mens moet toegee om gehipnotiseer te word, beteken dit dat die mens het die vermoeë om ALTYD te weet aan watter suggestie word daar toegegee of nie?

Dit is nie vir my moontlik om VOLKOME in beheer van ons reaksie op suggestie te wees nie en daarom water dit die klassieke verweer oor die onskuldigheid van hipnose heeltemal af.

Waar staan ons werklik i.v.m. hipnose?

Groete,
Michael

elma said...

Ek stem saam met Alet wat meen dat daar reeds 'n onderliggende aggressie en woede teenwoordig moes wees vir die seun om so geweldadig op te tree.

Musiek self sal mens nie dwing tot so iets nie,maar ek dink wel as mens jou siel oopstel vir satanisme,kan bose geeste mens se lewe begin reguleer.Die bekende evangelis Joyce Meyer sê altyd:"Where the mind goes the man will follow".

Al wat ek kan sê van Slipknot se musiek en lirieke,is dat dit vir my nie Christelik is nie.

Ek sien hulle musiek nie as "opbouend" nie en daarom kan dit mos nie goed wees vir jou siel nie.God is "Liefde",en in hulle musiek vind ek geen "Liefde" wat uitgebeeld word nie.(Dis nou net die paar liedjies wat ek van gehoor het,ek ken nie al hulle musiek nie)

Ons moet beslis aandag gee aan die tipe musiek waarna ons kinders luister veral omdat sommiges baie meer beinvloedbaar is,as ander.

Groete
Elma